Friday, June 28

Obama!

Barack Obama gaan binnekort Suid-Afrika toe kom. Sondag gaan hy 'n toespraak lewer by UCT en dan weet ons nie eintlik wat hy verder gaan doen nie. (Obama, as jy dit lees, as jy wil kom braai by my huis ons deur is altyd oop). MI het besluit om te vergeet van politiek en eerder te fokus op die awesomeness dat die president van Amerika hiernatoe kom... Ek meen komaan! Dis Obama!

Hier is 'n paar feite wat jy dalk nie oor Amerika se president geweet het nie:

- Sy noemnaam op skool was "O'Bomber" omdat hy so goed basketbal kon speel.
- Op sy eerste date met sy vrou, Michelle, het hy haar gevat om die fliek "Do The Right Thing" te kyk.
- Hy versamel Spiderman en Conan The Barbarian comics.
- Hy kan spaans praat.
- In 2006 het hy 'n Grammy gewen vir sy audio boek, "Dreams From My Father".
- Sy hare word een keer 'n week gesny deur 'n Chicago gebasseerde haarkapper wat hom elke keer $21 vra.
- Toe hy op universiteit was het hy aansoek gedoen om 'n model te wees vir 'n kalender... en hy was nie gekeur nie.
- Hy wil 'n basketbal-baan vir die White House laat bou.
- Sy gunsteling kunsteaar is Pablo Picasso.

Ons is defintief BAIE opgewonde dat Obama Suid-Afrika toe kom en hy gaan tog sekerlik nie die hele tyd werk nie? MI het 'n lys van idees vir hom saamgestel oor dinge wat hy kan doen as hy hier is. (Want hy is natuurlik 'n gereelde leser van MI Watch).

-Kom braai by MI se huise. Want jy weet, ons het ' paar idees oor die politiek in Amerika. Een van die idees sluit in dat die state Georgia hernoem sal word na MI Watch World. Ek meen regtig, Georgia? Ek sal  in 'n provinsie wil bly wat kan double as iemand se naam nie.
nie
- Obama kan vir 'n paar tieners in Suid-Afrika vliegtuigkaartjies gee na Amerika. Meer spesifiek Disneyland. Hy sal natuurlik eerste kaartjies vir MI moet gee, aangesien dit ons idee was.
- Hy kan 'n verskyning maak op MI se Youtube channel. Dis baie goed vir sy image en sal votes verseker vir sy volgende election.
- Obama kan 'n tradisionele Suid-Afrikaanse dans doen... CNN sal dit love.


Wat dink jy moet Obama doen terwyl hy by die reenboog-nasie kuier? Laat weet ons in die comments!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.