Monday, June 17

Nuwe musiek!

Die tweede instelling van MI-siek is hier! Hierdie afgelope ruk het kans gegee vir 'n paar fantasmagoriese liedjies om hul opwagting te maak en MI was nie teleurgestel nie!
Miss Movin' On- Fifth Harmony
Jy sal dalk hierdie girl-group onthou as die van die X Factor USA. Hulle het groot oplsae gemaak toe hulle
Emblem 3 uitgestof het en 'n plek in die Top 3 gekry het. Sedertdien is hulle gesign by SYCO (Simon Cowell se record company) en het al 'n hele paar covers gedoen van ons gunsteling liedjies. Hulle eerste oorspronklike single is hierdie week ge-release en MI is mal daaroor! Ek dink Fifth Harmony gaan nog baie groot word...
You Say- George Morgan
Ek het van hierdie liedjie uitgevind toe ons gunsteling Youtubers, Jack & Finn Harries daaroor getweet het. George Morgan is 'n nuweling as dit kom by die music scene, maar hierdie liedjie laat dit klink asof hy al 'n
ou hand is. Dit herinner my aan 'n Ed Sheeran tipe liedjie. Na die derde replay het ek besef- ek's gehook op hierdie liedjie! Sy stem is ongelooflik en ek kan nie wag tot sy volgende liedjie nie.
Don't Let Me Go- Harry Styles ft. Sam McCarthy
Needless to say het ek totaal en al uitgefreak toe ek uitvind dat Harry Styles 'n liedjie op sy eie release het.
Wat van One Direction!? Hulle is 5! Hulle moet saamsing! Ek was gelukkig gou gerus gestel toe ek uitvind dat hierdie slegs 'n demo was van 2 jaar terug wat nou geleak het. Wel, leak of de not, hierdie liedjie het my amper tot trane gedryf, so goed was dit! Die beste deel van alles? Harry het die liedjie se lirieke self geskryf! Eeeeepp! Ugh, ek kan net nie kom oor hoe perfek hy is nie.
Kliek hier om na die liedjie te luister

Betty Who- Somebody Loves You
Ek het van Betty Who uitgevind by nog een van ons gunsteling Youtubers, Tyler Oakley. Sy is 'n up and coming nuwe sanger en ons is klaar verlief op haar musiek! Die beste van alles? Jy kan haar liedjies verniet download op haar website! (bettywhothemovement.com)
My gunsteling is Somebody Loves You; baie catcthy en moeilik om by jou kop uit te kry.
Betthy Who is deifintief iemand om voor uit te kyk, MI voorspel dat sy in die toekoms nog groot gaan word in die musiekbedryf!
Kliek hier om na die music video te kyk

Britney Spears- Ooh La La
Die pop prinses het 'n nuwe liedjie spesiaal gerelase vir die Surfs 2 soundtrack. Dit herinner aan Scream & Shout, maar hierdie keer is dit die diva wat alleen shine. Verskriklik catchy. Ek is seker hierdie liedjie gaan in die toekoms oor en oor by partytjies gespeel word... so sorg dat jy dit nou al ken!
Kliek hier om daarna te luister
 
 Hierdie is die liedjies wat die volgende week oor en oor deur ons geluister gaan word.
Is daar nuwe liedjies wat jy wil he ons in 'n volgende lys moet sit? Laat weet ons in die comments!

Tot wedersiens!
MI


No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.