Sunday, June 9

FBI tref die SAMA's!

 
 
Welkom terug by MI se FBI! Ons is in vandag op plaaslike grond en gaan bietjie al die “do's” en “don't's” bekyk wat mode aanbetref by die... MTN SAMA Awards!
Ons begin met de manne hierdie keer en hulle het beslis nie teleurgestel nie! Die Idols wenner Khaya het heel 'snazzy' gelyk met 'n eenvoudige swart onderbaadjie wat hy gepaar het met 'n skelrooi das. Danny K het baie aantreklik gelyk met 'n tan jacket en 'n paar gemaklike jeans en die nuwe pappa, Bobby van Jaarsveld, het sy tan broek en blou gestreepde das gerock. Ons is ook gaande oor sy nuwe donker hare!
Nou vir die good, the bad and the ugly! Hier is gelukkige geen ugly nie, maar 'n paar van ons beeldskone Suid-Afrikaanse dames het 'n paar baie bad modekeuses gemaak! Voormalige Mej Suid-Afrika, Melinda Bam, het volgens ons, NIE haar beste gelyk nie! Sy het 'n aaklige geel rok aangehad met 'n vere ontploffing aan die onderkant! Beslis nie ons cup of tea nie! Nhlanhla Nciza se uitrusting was net verkeerd! Met 'n silwer sequin romp en 'n wit hemp wat lyk asof 'n hoepel daarin vasgesit het en dan die pienk strik! Nee nee nee! Sy is so mooi, maar hierdie outfit het NET NIE gewerk nie!


En nou vir die room van die aand! Zahara het pragtig gelyk in 'n mini wit rokkie. Net onverbeterlik! Kelly Khumalo het dadelik my aandag getrek met 'n bloedrooi vollengte rok. Die boat halslyn het perfek by haar gepas en sy het ongelooflik gelyk! Die sangeres ChianoSky het ook fantasties gelyk met 'n rooi broek en swart hemp en 'n paar sky high hakskoene. Haar rooi hare pas perfek by haar en sy het onverbeterlik gelyk!

Geluk Suid-Afrika! Julle modekeuses by die SAMA toekennings was baie goed en ons hier by MI s baie trots op ons land se mode stylistas! Ons vir jou Suid-Afrika! MI se FBI is... OOR EN UIT!


Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.