Sunday, June 23

Regte Lewe Disney Prinsesse!

Ons is verslaaf aan Disney Prinses movies! Dit raak nooit oud nie en ons is mal oor al die happy endings! MI het besluit om te kyk hoe Disney Prinsesse sou lyk as hulle regtig bestaan het. So hier is ons lys van Real Life Disney Princesses met hulle prinse!

Cinderella:

Sy is my gunsteling van AL die prinsesse! Sy het 'n goeie hart, kan mooi sing en het die hotste prins! Ons keuse vir haar is Zooey Deschanel. Ek weet sy het bruin hare en Cinderella het blonde hare, maar sy het net die perfekte gesig! Sy lyk vir my presies soos my geliefde prinses en sy het ook 'n oulike en borrelende persoonlikheid. Haar Happily Ever After is Ryan Renolds en hy sal AL die drome wat haar hart maak, waar laat word!

Tiana:

Hierdie prinses is van die Disney weergawe van The Princess and the Frog! Sy is ook oulik en down to earth en al was ek nie mal oor die fliek nie, het ek van haar gehou. Halle Berry is ons Real Life Tiana! Sy is super mooi en nie bang om haar se te se nie, nes Tiana! Ek is mal oor Halle Berry en sy pas perfek by Tiana! Sy kan stylvol en klassiek wees, maar 'n mens moet haar nie onderskat nie. Sy kan beslis 'n katjie wees wat 'n mens nie sonder hanskoene aanpak nie! Haar prins sal Hugh Jackman wees. Hierdie besluit voel bietjie weird nadat ek hom in Les Misèrables gesien het, maar ek dink hy kan 'n dark en classy prins wees!

Mulan:

Sy is die vegter van al die prinsesse en die een wat nie omgee oor mooi rokke en kastele nie! Sy was al selfs deel van 'n oorlog! Beslis een wat nie bang is om haar hande vuil te maak nie! Ons Real Life Mulan is Lucy Liu. Ek ken haar van een van my gunsteling reekse, Elementary en sy speel ook in Charlie's Angels! Ek is mal oor haar en sy kan nogals fierce wees! Die perfect match! Daniel Henny sal haar Real Life prins wees en ek dink hulle sal die perfekte paartjie maak!

Rapunzel:

Rapunzel, Rapunzel let down your hair! Ek was nooit mal oor die storie nie, maar Tangled het beslis my van plan laat verander! Dit was een van die oulikste Disney flieks wat ek in 'n lang tyd gesien het! Ek was mal oor die storie en die karakter en ooo hoe wens ek nie dat Flynn Raider a.k.a. Eugene regtig was nie! Amanda Seyfried is die perfekte Rapunzel met haar lang blonde hare en engel-stem. It's like a match made in heaven! Haar Real Life prins is Josh Hutcherson ...of sal ek eerder se Josh HOTcherson!(wink wink!)

Sleeping Beauty:

Wat is meer romanties as 'n prins wat deur berge en dale reis, 'n draak weg en dan jou met 'n passievolle soen wakker maak! Hierdie is sooo 'n classic fliek! Ons Real life Aurora is Reese Witherspoon! Sy het ook so 'n classic look en ek is mal oor haar! Flieks is altyd net meer romanties as Reese Witherspoon daarin is! Kyk net hoe sweet was sy in Water for Elephants en selfs This Means War. Haar prins is Christian Bale en dit is nie net omdat ek verslaaf is aan hom nadat ek Batman gekyk het nie! Hy is ook sweet en 'n regte hero!

Ariel:

Little Mermaid was my ulitmate fliek toe ek 3 jaar oud was en Ariel bly steeds een van my gunsteling prinsesse! Ons Real Life Ariel is Amy Adams! Sy is perfek met haar rooi hare en haar gesig lyk so perfek en foutloos! Ek is mal oor Amy en ek dink sy lyk net soos Ariel! Haar handsome hunky prins is Chris Evans. Hy is super hot en ek kan hom nogals as 'n sailor indink! Ek dink hulle sal 'n adorable couple maak! (En die Prins Eric in Little Mermaid is soosin totally die I in MI se fictional character crush!)

Jasmine:

Jasmine is eksoties en mysterieus en sy het 'n tier as haar beste vriend! Ek hou ook nogal van haar klerestyl. Ons Jasmine is Aishwarya Rai wat jy sal onthou van Pink Panther 2. Sy is beeldskoon en net so eksoties soos Jasmine! Ek dink sy sal 'n great prinses maak. Jasmine is egter niks sonder haar Aladin nie en ons het net die een: Sendhil Ramamurthy (van die TV series Heroes en Covert Affairs) sal ons Real Life Aladin wees! Kry jou turban en vlieende mat reg, want hierdie gaan 'n wilde avontuur wees!

Belle:

Belle is nogals soos ons! Sy is skaam (ek weet, ek weet, mens sal nooit se ons is skaam nie) en is mal oor lees! Ons hou ook van haar goue rok, wat beslis 'n classic is en net soos haar rok het sy 'n hart van goud! Ons Real Life Belle is Anne Hathaway. Sy is een van die beste en mooiste aktrises OOIT en na Les Misèrables hou ek net nog meer van haar. Sy lyk altyd stylvol en elegant en maak nie saak of haar hare kort of lank is nie, sy sal altyd beeldskoon lyk! Ons prins vir Belle is Ryan Gosling en hy is beslis nie 'n Beast nie! Inteendeel, as Beast 'n teenoorgestelde gehad het, dan sou dit hy gewees het!

Snow White:

Sy is so cute, met haar swart hare en fyn gesiggie en al is sy meer gullible as Ingrid is sy steeds baie oulik! Daar is al baie weergawes van hierdie sprokie gemaak, maar my gunsteling is Mirror Mirror en daarom is Lily Collins ons Real Life Snow White! Sy het al die regte features en sy is net so oulike soos Snow! Ons prins vir haar is ook die een van die fliek, Armie Hammer, want hulle het net die oulikste paartjie gemaak! Mirror Mirror on the wall, who's the fairest of them all?

Dit is al ons Real Life Disney Prinsesse! Laat weet ons wie jou gunsteling is en van wie jy die minste hou! En onthou, moet nooit ophou glo in die magic van die Disney Prinsesse nie, want hulle sal jou "Forever Young" hou!

Tot wedersiens!
MI

(PS: Inlas deur die I van MI
Ek is NIE gullible nie! Behalwe daai eenkeer toe ek jou geglo het dat die Zombie Apocalypse begin het...
En Cinderella? Jou gunsteling prinses?! Puh-leeze! Belle is die beste!)

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.