Die M van MI was verlede week by die Premiere van Spud 2: The Madness Continues en dit was fantasties! Die kersie op die koek was egter die briljante fliek! Aangesien Spud 2 MORE in flieks landwyd begin wys het MI besluit om 5 redes te gee wat julle almal net nog meer lus sal maak om die fliek te sien. (Want dit is net awesome!) Hier is ons 5 redes hoekom jy Spud 2 MOET gaan kyk!
1. Cute ouens
Ek is 'n meisie en almal weet meisies is mal daaroor om te fangirl, veral as dit by mooi ouens kom. Hierdie fliek loop oor van super swoon-worthy ouens! Rambo (Sven Ruygrok) wat die ultimate badboy is, het nog meer planne en streke in die fliek, Simon (Byron Langley) se smile... 'nuff said, Spud (Troye Sivan) beweeg verder met sy reis na manhood en hy is nie meer die pieperige klein graad aggie nie! Daar kom ook drie nuwe prefekte by en al is hulle NET BAD NEWS is die een, Greg Anderson, glad nie lelik nie! Hy het so 'n Grease-look!
2. Die Guv
word vertolk deur die legendary John Cleese... Wat meer wil jy nou hê?!
3. Crazy 8 Avonture

4. Die Miltons

5. Spud
Spud se lewe is lagwekkend en dit maak hierdie fliek so goed! Sy verhouding met Mermaid vat 'n dip as sy hom los vir 'n surfer, Amanda is nog mooier as voorheen en Christine het ook in 'n vlinder verander, 'n mal vlinder, maar wat gee seuns nou om? Sy ouma is ook net so koekoes soos altyd! Spud is nou 'n volwaardige lid van die Crazy 8 en hy geniet dit ten volle. Sy skerp sin vir humor gee ook die fliek 'n ekstra flair.
Spud 2 is 'n MOET sien. Jou lewe sal beslis nie volmaak wees daarsonder nie! So sorg dat jy by jou naaste Sterkinekor of Nu Metro teater uitkom en gaan kyk dit! Ons MI Dare jou en jy sal nie spyt wees nie!
Tot wedersiens!
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.