Wednesday, May 1

Wat ons gaan doen as ons eendag famous is!





Hierdie is 'n hoogs wetenskaplike lys en sal eenvoudig net moet gebeur
  1. Trou met Harry Styles/ Finn Harries/ Taylor Lautner/ Chris Pine ens. Take your pick, maar trou met 'n hot mens wat ook famous is... dit gaan gebeur!
  2. Koop 'n hippie-van. En verf dit saam met al ons pelle. (Ons kan dit nou seker ook doen, maar as ons famous is sal dit op die voorblad van die People magazine wees die volgende oggend).

  3. Word beste vriendinne met die Kardashians. En dan sal ons seker maak dat ons ook gereeld op TV is vir dinge wat eintlik glad nie saak maak nie.
  4. Begin ons eie restaurant- MET NET POEDINGS!
  5. Stel ons eie parfuum bekend (Met die naam MI Watch... natuurlik.) Dit sal die reuk he van Harry Styles se hare met 'n titseltjie diamante daarby.
  6. Ellen Degeneres sal ons op haar show laat kom. Want Ellen rule. Punt.
  7. Ons sal elke Apple produk wat ooit gemaak is besit: iPhone, iPod, iPad, Macbook... en wat ookal nog ontdek word. Want Apple rule ook. Punt.
  8. Ons sal ons mede-celebs prank-call. Ag komaan, wie sal nou nie vir Jennifer Lawrence, Miley Cyrus of Robert Pattinson wil prank-call nie?!
  9. Ons sal kosblikke uitgee met ons gesigte/logo op die voorkant.
  10. Ons sal guest judges wees op TV shows soos Idols, America's Next Top Model, Project Runway, The X Factor en nog vele meer. (Eintlik net sodat ons vir mense kan se hulle het geklink soos 'n kraai wat besig is om te leer swem).
Wat sal jy als wil doen as jy eendag famous is? Laat weet MI in die comments!

Tot wedersiens!
MI

2 comments:

  1. Hey MI Watchers! Hierdie artikel is baie cool, as ek eendag famous is, sal ek eendag net TOTALLY soos `n HUGE diva wil act! Ek sal by een of ander boutique wil inloop en `n scene gooi, en dan as almal klaar al die rokke na my toe gebring het en almal al gespring en gehop het vir my, sal ek my neus optrek en se: "No thank you, but this boutique just isn`t my style!" En dan sal ek hul gesigte graag wil sien!!! Dit sal AWESOME wees! Mens kan altyd net droom! ;) Lekker daggie!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hahaha! Ons het onsself nou net van ons stoele af laat val soos ons lag! :D Dit sal awesome wees! As ons dit eendag doen sal ons aan jou dink! ;)

      Delete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.