Barack Obama gaan binnekort Suid-Afrika toe kom. Sondag gaan hy 'n toespraak lewer by UCT en dan weet ons nie eintlik wat hy verder gaan doen nie. (Obama, as jy dit lees, as jy wil kom braai by my huis ons deur is altyd oop). MI het besluit om te vergeet van politiek en eerder te fokus op die awesomeness dat die president van Amerika hiernatoe kom... Ek meen komaan! Dis Obama!
Hier is 'n paar feite wat jy dalk nie oor Amerika se president geweet het nie:
- Op sy eerste date met sy vrou, Michelle, het hy haar gevat om die fliek "Do The Right Thing" te kyk.
- Hy kan spaans praat.
- In 2006 het hy 'n Grammy gewen vir sy audio boek, "Dreams From My Father".
- Sy hare word een keer 'n week gesny deur 'n Chicago gebasseerde haarkapper wat hom elke keer $21 vra.
- Toe hy op universiteit was het hy aansoek gedoen om 'n model te wees vir 'n kalender... en hy was nie gekeur nie.
- Hy wil 'n basketbal-baan vir die White House laat bou.
- Sy gunsteling kunsteaar is Pablo Picasso.
Ons is defintief BAIE opgewonde dat Obama Suid-Afrika toe kom en hy gaan tog sekerlik nie die hele tyd werk nie? MI het 'n lys van idees vir hom saamgestel oor dinge wat hy kan doen as hy hier is. (Want hy is natuurlik 'n gereelde leser van MI Watch).


- Hy kan 'n verskyning maak op MI se Youtube channel. Dis baie goed vir sy image en sal votes verseker vir sy volgende election.
- Obama kan 'n tradisionele Suid-Afrikaanse dans doen... CNN sal dit love.
Wat dink jy moet Obama doen terwyl hy by die reenboog-nasie kuier? Laat weet ons in die comments!
Tot wedersiens!
MI