To be or not to be, that is the question! Dit het eintlik niks met die artikel te doen nie, maar dis so 'n powerful slogan! Net 'n grappie, ek hou net daarvan om dit te se! Wel, vandag gaan ons bietjie vir E! News 'n ding of twee wys, want MI bied met trots aan... MI News!
Kate Middleton vs. Kim Kardashian
Dis die Battle of the Pregnant Ladies! Die media hou 'n fyn ogie oor hierdie twee mode ikone wat albei nou swanger is en watter modekeuses hulle maak. Dit is ook net die papparazzi wat 'n hele voorbladstorie kan skryf oor hoe die swanger Kim K lyk in 'n nuwe rok...maar nou ja! Ons dink hulle het albei 'n briljante modesmaak en lyk steeds beeldskoon met hulle oulike boepies!
Watter toekomstige mamma dink julle lyk die oulikste?
Justin Bieber in Suid-Afrika

Catching Fire

Imagine Dragons
Hierdie is 'n nuwe band wat ons van te hore gekom het en MI kan nie genoeg van hulle kry nie! Hulle is 'n indie-rock band van Nevada in Amerika en hulle is AWESOME! Hulle het 'n liedjie op die Perks of Being a Wallflower CD, en hulle het die titel-liedjie van The Host! Hulle eerste CD, Nightvision is nou beskikbaar, met liedjies soos Radioactive (my gunsteling), It's Time en On Top of the World. As jy nog nie van hulle musiek gehoor het nie, maak seker dat jy doen!Jy sal dadelik verlief raak op hulle unieke styl!
En daarmee is dit die einde van MI News! Het jy enige ander nuus wat jy met ons wil deel?
Geniet julle week en vir die wat JB gaan kyk, geniet dit BAIE! Wie weet dalk loop jy in hom vas in die mall of by die garage... (Wel, ons kan droom!)
Tot wedersiens!
MI
Hey MI, ek sal stem vir Kate wat die beste lyk met 'n magie, want sy trek baie meer classy aan as Kim, en sy is baie mooier as Kim, en sy is 'n ROYAL!!!
ReplyDeleteOns hou ook die meeste van Kate, omdat sy Royal is EN omdat sy van Engeland (ons gunsteling land) is! Baie dankie vir jou terugvoer!
DeleteTot wedersiens!
MI
xxx