Saturday, June 9

Onnies=Vrugte!

Hierdie artikel is spesiaal vir ons Transvalia lesers!!! Ons het ‘n klompie Valia onnies gekies en hulle vergelyk met ‘n vrug wat ons dink hulle die beste by pas! So geniet ons onnie-vrugteslaai!

Miss van Heerden.


I am writing this in English especially for Miss van Heerden since she only speaks English! We think her personality resembles a…. mango! A mango is a very exotic fruit and has a very interesting taste. A mango tree’s leaves are ever green which means they don’t fall off during winter and stay green during autumn. Miss van Heerden is just like that, she doesn't have mood swings and never loses her flair! She always tries to make English a fun period! She is also very different from the other teachers, just like a mango is so different from other fruit! Mangoes are the King of Fruits and also the national fruit of India. Miss van Heerden is the Queen of English and certainly the best English teacher I have ever had!



Juf Blume.


Goed… Beter… Juf Blume! Ons was baie gelukkig om Juf Blume as ons SW onnie in gr.8 te kry en nog meer lucky om haar weer te kry in gr.9! Juf. Blume is volgens ons net soos ‘n aarbei. ‘n Aarbei is die enigste vrug wat se sade aan die buitekant is, ‘n baie unieke vrug vir ‘n baie unieke juf! Geskiedenis was nog altyd vir my lekker maar kaartwerk en aardrykskunde is egter ‘n ander saak! Vandat ons egter by juf Blume klas kry verstaan ek uiteindelik hoe om ‘n deursnit te teken en vind ek hulpbronne interessant. Alhoewel ek aan die begin bietjie bang was vir juf. Blume ( en steeds is) dink ek sy is fantasmagories! Beslis ‘n 10/10 by MI!



Juf Oberholzer.

As ek ‘n stukkie nartjieskil

tussen my vingers buig of knak,

breek uit die klein sproeireen

wat geurend om my hand uitsak.

Dis ‘n strofe uit my gunsteling gedig: Sproeireen deur D.J. Opperman, ‘n gedig wat juf. Oberholzer aan ons bekendgestel het. Juf. Oberholzer is nes die meisie wat in die gedig beskryf word: soos ‘n naartjie. ‘n Naartjie gee ‘n vars en skoon ‘sproeireen’ wanneer jy hom skil, net soos Juf. Oberholzer. Sy is altyd soos ‘n vrolike vars briesie en wanneer jy by haar klas instap is jy sommer opgewonde oor die les wat voorle! Of ons nou ‘n gedig behandel of direkte en inderkte rede dit is altyd pret veral met die oulike prentijes wat juffrou op die slide shows sit! Afrikaans is beslis ‘n vak waarna ek uitsien elke dag!



Juf Kade.


An apple a day keeps the doctor away, dis wat die bekende spreekwoord se, maar ek wil hom bietjie aanpas en se: A period at Mrs Kade, will certainly make your day! Die vrug waarmee ons juf. Kade wil vergelyk is ‘n appel. ‘n Appel laat my dink aan oefening, ‘n gesonde leefstyl en iemand wat op en wakker is. As juf. Kade nie in die klas vir ons KOJ en KBJ verduidelik nie, dan is sy besig om haar o/14 hokkiespan af te rig of iewers reelings te tref vir ‘n toer of ‘n liga wedstryd! Mens kry soet appels en suur appels, maar juf. Kade is sonder twyfel ‘n heerlike soet appel wat elke klas opkikker en help dat leerders skool weer geniet!


Juf. De Villiers


Netbal, netbal, LIGAWENNERS!!!! Juf. De Villiers wat ons netbalspannetjie  tot die liga finaal gelei het en uiteindelik die afrigter van wenners was, maar ‘n wenner span kort ‘n wenner afrigter en dis presies wat juf. De Villiers is. Die vrug waarmee ons juf. De Villiers wil vergelyk is ‘n piesang. Ek weet julle dink seker nou: O my soul wat ‘n loser vrug, maar navorsing toon dat ‘n piesang die mees geeete vrug in Amerika is en met daai unieke vorm en helder geel kleur is dit alles behalwe ‘n boring vrug! Juf de Villiers is ‘n awesome juffrou wat hierdie netbal seisoen een gemaak het wat ek en al die ander meisies nooit sal vergeet nie! Nes ‘n piesang is juf de Villiers ook ‘n juffrou soos geen ander nie! Dankie juf vir ‘n great tyd op die netbalbaan! Ons is bananas oor juffrou!!!


Juf Coetzee.

Hierdie is ‘n juf wat ek seker is almal ken van jou ma tot by jou! Vir jou ouers was sy die Duitse onnie en vir ons generasie die eksentrieke geografie juffrou! Sy sorg elke jaar vir ‘n prettige Valia skou en ‘n klomp ander fun events! Ons se sy is net soos ‘n kiwi vrug! Hierdie vrug is bruin aan die buitekant en lyk soos ‘n doodnormale vrug, maar as jy hom oopsny…. Boom…. ‘n groen ontploffing! ‘n Kiwi is so anders as enige ander vrug, jy kan net nie anders as om mal te wees oor hom nie! Juf Ansie Coetzee is net so, sy vertel baie interessante en skreeusnaakse stories, haar klas is helder versier en sy het ‘n baie unieke klerestyl waaroor MI mal is! Juf Coetzee is defnitief ‘n juffrou waaroor elke kind in die skool mal is en as jy nie van haar hou nie…. Wel dan is jy net ‘n lerd (Kruis tussen ‘n loser en ‘n nerd!)!


Juf du Plessis.

Juf du Plessis is volgens ons nes ‘n guava! ‘n Guava is ‘n Best of Both Worlds vrug, mooi buite en binne, net soos die KK en LO juf! Sy gee baie om vir haar leerders en sal enige iets doen om hulle op die regte pad te hou wanneer hulle die pad byster raak! Sy het ook ‘n amazing sense of fashion en dra altyd die mooiste skoene, broeke, sonbrille ens! Haar klasse is altyd pret en ons leer soveel wat ons eendag in die ‘grootmens wereld’ kan gebruik! Ons wil net een ding vir juffrou se: MI is watching you and we LIKE!


Mnr Venske.

Die persoon wat ons skool se superglue is en ons skool aan die gang hou…. Mnr Venske! Die vrug wat ons dink Mnr Venske die beste weerspieel is ‘n coconut! ‘n Coconut het ‘n baie harde dop wat my laat dink aan die streng en ferm hand waarmee Mnr Venske die skool beheer, maar aan die binnekant is heerlike melk. Mnr Venske is ook nes hierdie melk wat die Valia masjien geolie hou en groot drome vir ons skool het. ‘n Coconut boom is ‘n boom wat baie hoog groei en sy vrugte sit heel bo-aan die boom. Dit laat my dink aan die hoogtes waarna toe Mnr Venske ons skool nog gaan vat!

Mens kry nog baie ander verskillende vrugte en almal is spesiaal op sy eie manier, maar hulle is almal noodsaaklik vir 'n gesonde liggaam! Die personeel van Transvalia is presies dieselfde, ons het almal nodig.... broodnodig! Wel dis ons onnie vrugte-slaai, het julle dalk enige vrugte wat julle wil byvoeg? Laat ons weet!

Tot wedersiens.
MI

ONS SAL GRAAG SO ARTIKEL VIR AL DIE HOEKIES OOK WIL DOEN,AS ENIGIEMAND ONS KAN HELP DAARMEE LAAT WEET ASB!

3 comments:

  1. Darem hou ek van aarbeie.....lol. juf Blume

    ReplyDelete
  2. Hi Hi MI... ek is absoluut mal oor die onnies= vrugte artikel.. will die voorstel maak dat julle dit dalk uitdruk en een dag in die personeelkamer gaan los, ek dink dit sal nogal baie beteken vir ons onnies!! ek dink julle is SuPER!! *HUGES**

    ReplyDelete
  3. Goeie idee JM!!! dan kan ons dalk nog 'n paar onnie bysit!!!!! thanx vir dioe great idee!! keep it coming!!!!

    ReplyDelete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.