Wednesday, June 27

EKSKLUSIEWE onderhoud met Ruan Wessels!

Die groot oomblik is hier. Die langbeloofde onderhoud met Ruan Wessels, mede-hoofkarakter in die Afrikaanse komedie Hoofmeisie asook Morne in Binneland, is uiteindelik hier! 
Alhoewel die persona wat rondom Ruan geskep is dit kan laat voorkom dat hy 'n tiener-celeb is, is hy eintlik maar net 'n doodgewone ou (met honderde fans...).

MI het bietjie met Ruan gesels om uit te vind wie hy is, wat hom laat tick en hoe sy wereld verander het vandat hy die rol van 'n leeftyd losgeslaan het:

1. Wie is Ruan Wessels as die kamera nie rol nie? ( Is jy ook cheeky met jou ma-hulle en klap deure toe soos die res van ons? Hahaha!)
Ja, ek is net soos enige ander kind van my ouderdom, binne perke.

2. Hoe het jy die shoooting van Hoofmeisie ervaar?
Dit was baie lekker. Ek het baie hard gewerk. Ek het Hoofmeisie en Binneland in dieslefde week gekry. Ek het Hoofmeisie in die oggend geskiet en twee uur die middag Binneland toe gegaan. So ek was 3 karakters op 1 dag! Rikus in Hoofmeisie, Morne in Binneland en Ruan by die huis. (Inlas deur MI: So dis nie net meisies wat kan multi-task nie!)

3. Hoe is jou mede-akteurs en het julle nog kontak?
Ek en Misha was weer saam beoordeelaars by 'n skool en ons gaan weer saam beoordeel by 'n skool in Newcastle in Augustus

4. Hoe het jou lewe verander vandat jy in Hoofmeisie was?
Dit het baie verander, oral waar ek gaan herken mense my, wil gesels, handtekening he en fotos neem.

5. Geniet jy dit op die stel van Binneland?
Baie, almal is baie vriendelik en ek is bevoorreg, want ek leer by die beste van die beste.

6. Wie is jou gunsteling akteurs op Binneland?
Ek kom rerig met almal baie goed oor die weg, daar is nie een wat ek kan uitsonder nie.

7. Hoe hanteer jy dit as random mense jou nader en jou BBM pin en handtekening vra?
 Ek gee glad nie om, om my handtekening of foto's uit te gee nie, maar ek gee nie my BBM pin uit nie.(Inlas deur MI: Rather save then sorry, slim Ruan!)

8. Wie is jou rolmodel?
Hykie Berg, hy is altyd dieselfde, en hy behandel almal om hom dieselfde. Hy is baie nederig.

9. Wat is jou planne vir die toekoms?
Wel, ek sal graag wil aanhou doen wat ek doen. Ek geniet dit baie en sal dit graag my loopbaan wil maak.

10. Beplan jy om in Suid-Afrika te bly of het jy jou oog op die internasionale verhoog?
Ja, beslis.(Ruan se die internasionale verhoog is beslis n moontlikheid!)

11. Hoe voel jou vriende en familie oor jou roem?
My familie is natuurlik baie trots op my veral my ouers en my broers en susters. My vriende behandel my ook nie anders nie.

12. Wat doen jy om gegrond te bly?
Ek is dankbaar, ek besef elke dag waar my seeninge vandaan kom, en ek gee al die eer aan die Here

13. Enige raad vir mense wat in jou voetspore wil volg?
Volg jou droom, glo en werk hard.

14. Mis jy al jou pelle by die skool en aan watter buietmuurse aktiwitwite neem jy deel?
 Ek sien my pelle elke dag, ek skiet Binneland na skool. Ek speel Aksie Krieket.

15. Wou jy nog altyd 'n akteur word of het dit per toeval gebeur?
Dit het per toeval gebeur, en nou love ek dit.

'n Paar QQ's (Quick Questions)
Gunsteling fliek? Enige komedie, ek hou van lag!
Gunsteling kos? Pizza
Gunsteling sanger/sangeres/band? Aking
Gunsteling TV-program? That 70's Show, dis 'n komedie.
Gunsteling vakansieplek? Buffelspoort

Ruan is tans 'n Gr.9 leerling by  Noordheuwel. Met vriende en familie, asook die Here se hulp het hy reggekry om plat op die Aarde te bly, ten spyte van sy groot naam.

Neem gerus Hoofmeisie uit (nou op DVD!) en kyk Binneland elke weeksaand!

Baie dankie aan Ruan wat hierdie onderhoud met ons gedoen het!

Tot wedersiens!
MI

16 comments:

  1. Doen julle nie onderhoude met mense wat blootstelling nodig het nie! Ons het ook drome en sal graag daaroor wil praat ! En ek dink dis n goei ding want ek het n baie goei verhaal om te vertel! Wzerwick@mobileemail.vodafonesa.co.za
    27a977d7 *
    Kontak my gerus!
    Groete

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hmmm... klink interessant Wickus! Ons sal jou later vandag e-mail om meer uit te vind :)

      Delete
  2. Hey dis Jolida
    Ek wil maar net weet of Ruan Wessels se suster Abigail is ? Laat weet my asseblief!!

    ReplyDelete
    Replies
    1. Haai Jolida!

      Ons is nie seker oor dit nie. Dalk kan jy self vir Ruan op Facebook/Twitter vra?

      Delete
  3. Ruan se ouers en family is baie liefdeville mense en plat op die aarde!
    Ek glo Ruan sal nooit "groot kop" kry nie. Hy sal altyd net homself wees maar natuurlik net beter.

    ReplyDelete
  4. HEY JULLE...*

    Wou net vir julle se dat julle is regtig amazing...ek LOVE julle blog en dink dis awesome verby!!!*

    ReplyDelete
    Replies
    1. Heellooooo!!!

      Baie baie baie dankie! Ons waardeer dit SO baie! :D

      Delete
    2. Asb sal julle my se hoe ek een kan word

      Delete
  5. Ek wil oook graag n akteer wees wat moet ek doen om een te kan word

    ReplyDelete
    Replies
    1. Haai!

      Dis nie regtig ons area nie... Dalk kan jy met iemand praat wat bietjie meer ervaring het.:) Haha!

      Delete
  6. Hey MI Watch....*
    Awesome blog en dankie vir die interessante feite oor Ruan Wessels!!*
    Hy klink na n awesome pesoon en moet altyd so bly...!!* En hou aan om so goeie blogs te gee!!!! :))

    ReplyDelete
    Replies
    1. Hi Anon.
      Ons is bly jy het die artikel geniet en baie dankie vir jou ondersteuning! Wees altyd so 'n awesome leser! :-)

      MI

      Delete
  7. Baie baie danq vir soveel inligting en moeite

    ReplyDelete
  8. Ek wil weet wat kan ek doen om n akteur te word dis my droom!!!!!!!

    ReplyDelete
  9. Hi Mi Watch ! Ek wil net graag weet wanneer is Ruan Wessels se verjaarsdag ?

    ReplyDelete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.