Friday, June 29

One Direction Mal!

One Direction is 'n Britse boy-band wat onlangs groot waves in Amerika, asook Suid-Afrika gemaak het. Met treffers soos 'What makes you Beautiful' is dit geen wonder dat Harry, Liam, Louis, Niall en Zayn die wereld se nuutste tiener-hartebrekers is nie!
MI het 'n paar feite gaan soek oor 1D en ons is seker die Directioners sal mal wees hieroor!



1. Harry wil he sy eerste kind moet 'n meisie wees, hy wil haar Darcy noem.
2. Zayn het 'n tattoo op sy bors met sy oupa se naam in Arabiers.
3. Liam is bang vir lepels.
4. Harry het die naam 'One Direction' uitgedink.
5. Toe Niall op die X-factor was wou die producers he hy moes op 'n dieet gaan.
6. Zayn se ouers is van Pakistan.
7. Liam en Louis het veroorsaak dat Harry twee keer huil! Hulle het hom 'n wedgie gegee en sy Calvin Klein onderbroek geskeur en hulle het sy hare gestraighten in sy slaap!
8. Niall het geskree toe Justin Bieber hom gevolg het.
9. Liam het vir Niall 'n volgrootte 'Barack Obama' gekoop vir sy verjaarsdag.
10. Zayn wil ophou rook want hy weet sy fans hou nie daarvan nie.
11. Harry se dat hy met Taylor Swift sou wou uitgaan as hy kon.
12. Toe Harry kleiner was het hy prentjies geteken met kleursel op sy roosterbrood.
13. Niall het al gese as hy uitvind die wereld gaan eindig in 10 sekondes sal hy eers 'n windjie los.
14.  Harry se eerste woord was 'kat' (in Engels).
15. Louis hou daarvan as meisies 'n bril dra.
16. Harry en Louis het vir die eerste keer ontmoet in die badkamer by die X Factor.
17. Hulle almal het matching friendship bracelets.
18.  Zayn het al 'Hallo' vir iemand deur die venster van sy kar gese toe val sy flou.
19. Harry hou van meisies wat pienk dra.
20. Harry het al vir 'n meisie gese hy is gay omdat hy nie van haar gehou het nie.
21. Liam se gunsteling Justin Bieber liedjie is 'Somebody to Love'.
22. Harry het al geval voor die papparazzi, toe val die res van 1D ook, sodat hy nie verneder word nie.
23. Harry het gedink die Hunger Games gaan oor kos. (umm... so nie!)
24.Blykbaar het 'n meisie 'n lewendige hamster na Niall gegooi tydens 'n konsert.
25. As Zayn 'n meisie was, se hy hy sou met Liam uitgegaan het.
26. Zayn het papier geeet toe hy jonger was.
27. Harry het al vir Niall gesoen toe hulle op die verhoog was!

Hoop julle het dit geniet! Laat weet ons in die toekoms van wie julle wil hoor!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.