Scalple...tangetjie...water... waslap... daarsy, sy haal weer asem! O dokter, jy is my held! Liewe nurse dit was nie net ek nie, dit was wetenskap gekombineer met my briljante brein!

Jy gaan wel die voorreg kry om mense te genees en hulle van pyn te verlos, maar daar gaan ook tye wees wat pasiente dit nie gaan maak nie. En dan is daar nog al die bloed en derms en nog bloed! Jou studiejare is ook baie lank en jou punte op skool en universiteitr moet alles omtrent A's wees! Alhoewel daar baie kinkels in die job is, dink ons steeds dis is 'n groot eer wanneer jy iemand gesond maak en dan is jou salaris ook glad nie te versmaai nie! So as jy graag 'n Porshe of Ferrari wil he, sit daai 'studycap' op en leer dat die rook trek!
Universiteite:
Stellenbosch University
Universiteit van Pretoria ens.
Is dit jou droom om eendag Prins Harry of Selena Gomez en JB se troue te reel, of die launch van die eerste vlieende kar te organise? Dan is hierdie die perfekte job vir jou!
Events planners, moet sorg dat alles glad verloop by 'n event, dat daar geen hiccups is nie en hulle moet sorg dat al die VIP's happy is!
Daar is baie voordele aangaande hierdie werk maar dit kan ook maar 'n moeilike beroepskeuse wees! Daar is baie goeie event planners daar buite en as jy solo wil gaan moet jy sorg dat jy die beste is! Ons sal voorstel dat jy eers vir 'n gevestigde maatskappy gaan werk en ondervinding kry, voordat jy jou eie besigheid begin! Ons dink egter dat hierdie 'n baie fun en thrilling job kan wees. Jy kan ook persoonlik met bands soos die Parlatones en ander famous celebs onderhandel as jy 'n event organiseer!
Universiteite:
Varsity College
3. Fotograaf.
Oukei, gee my nou jou beste smile...click...pragtig...gooi jou hare oor jou skouer en lyk ernstig...click....beautiful...jy's great skat...nog een...click! Dis hoe dit klink as jy 'n fotograaf is! Jy kan foto's neem van sportsterre...oooo... imagine Patrick lambie smile vir jou met daai cute gesig!!! O my soul...amazing! Jy kan ook tydskrifte se foto's neem of cool troues bywoon en hulle magic memories met jou kamera vasvang!

Universiteite:
Universiteit van Johannesburg
Rhodes University
2. Akteur
Lights... Camera.... Action... Neee, Derick jy kan dit nie doen, wag kom ons praat daaroor... wag neeeeeeeeeeeeee! ( val dramaties neer)... en scene! That is the life of an actor and what a wonderful life it is too!

Daar is ook baie leerwerk wat jy aan gewoond gaan moet raak as jy 'n akteur word, maar kyk verby alles dan is dit 'n droom job!
E! News...I'm ready for my close-up!
Universiteite:
Universiteit van Pretoria
City Varsity School of Media and Creative Arts
1. Joernalis

As jy eers naam gemaak het is dit volgens ons die beste werk OOIT! Jy kan interessante mense ontmoet, na great plekke reis en net stories skryf na hartelus!
Universiteite:
Rhodes University
Varsity CollegeUniversiteit van JHB
Dit is ons top 5 werke! Wat is joune?
Tot wedersiens!
MI
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.