Tuesday, June 12

Redes hoekom 7deLaan fantasmagories is!



Hopelik weet almal wat hierdie nou lees wat 7deLaan is. Indien nie verskaf ek jou graag met die volgende inligting:

7de Laan is a South African soap opera in Afrikaans with some English and Zulu in between. It features English subtitles. It started in 2000 and is broadcast evenings on SABC 2 from Monday to Friday.
It is set in and around the fictional Sewende Laan ("Seventh Avenue") and the suburb of Hillside in Johannesburg where all the characters live or work. The street and shopfronts which are featured on the opening visuals, are that of Seventh Street in Melville, Johannesburg.
Sewende Laan was originally broadcast from Monday to Thursday, but was then later broadcast on Fridays as well, as a daily soap. It airs on SABC 2 from Monday to Friday nights from 18:27-19:00. Ratings are generally around the 2 million mark according to tvsa.co.za.

(Inligting van Wikipedia)

7deLaan ly aan wat MI noem "onderskat-sindroom". Almal het dit gekyk toe hulle jonger was, maar nou is hierdie sepie net iets wat ou Tannies en weird mense kyk. Vir die mense wat so dink van hierdie sepie, wil MI net se: KRY 'N LEWE!
Omdat 7deLaan juis so onderskat is en mense nie die wonder van hierdie uitmuntende sepie sien nie, het MI 'n kys opgestel van redes hoekom 7deLaan uit die boonste gestoeltes is.

1) 7deLaan leer ons lewenslesse
Deur die jare het 7deLaan MI al 'n hele paar lesse geleer, bv:
-Het jy geweet dat as jy in die moeilikheid is of jy weet van iemand wat in die moeilikheid is moet jy nie die polisie bel nie? Nee! Jy moet die situasie op jou eie hanteer en jy sal definitief slaag daarin, boonop sal jy dan op die voorblad van 'n koerant verskyn!
-Verhoudings is nie veronderstel om stabiel te wees nie! Cheat op jou girlfriend, hardloop weg van jou man of moet glad nie met mekaar praat nie. Daar is baie maniere om 'n sinnelose liefdeslewe te he! En onthou! 'n Verhouding is NIE veronderstel om langer as 'n maand te hou nie!
-As jou man/vrou jou grief gee hoef jy bloot die laken op te hang en als sal na so paar dae weer piekfyn wees!
Hierdie was slegs 'n paar lewenslesse wat ons al by 7deLaan geleer het!

2) 7deLaan brei ons woordeskat uit.
7deLaan het een van die breedste woordeskat scripts wat MI nog gesien het op TV! En nie net in Afrikaans nie! Zulu, Xhosa, Engels en selfs Hindi! 'n Paar van die wonderbaarlike nuwe woorde wat 7deLaan opgetower het is:
-Fantasmagories
-So by my kool!
-Dingetjies(verwys na alles en almal, soos gebruik deur Hilda)
-Je ne se qoui (alhoewel dit 'n erkende Franse term is het Paula dit bekend gemaak in SA)
En nog vele meer!

3) 7deLaan weerspieel die lewe soos dit is.
Het jy geweet dat as jy ooit eendag 'n werk kry jy die helfte/meer van jou werksure sal mag spandeer in koffiewinkels (soos Oppiekoffie) ? En dat jy altyd genoeg geld sal he om klere by 'n boutique te koop? As jou pelle jou in 'n kamer saam met 'n dude opsluit sal julle magically verlief raak?
7deLaan stel al hierdie wonderlike aspekte van die regte lewe ten toon en niks is oordryf nie!

Hierdie 3 redes is maar net 'n paar van die redes hoekom MI versot is op 7deLaan! Moet dit nie misloop nie! Maandae-Vrydae om 18:30 op SABC 2, kanaal 132.

Laat weet ons of jy nog 'n artikel oor TV-programme sal wil sien en watter TV program jy wil he dit moet wees!

Tot wedersiens!
MI

(Hopelik het die meeste van julle die sarkastiese ondertoon in hierdie artikel gesnap...)



1 comment:

  1. ek dink 7de laan is n baie mooi program en dit is vir almal te sien
    omdat al die ander mense se dit is "boring" moet ons hulle glo

    ReplyDelete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.