Saturday, June 2

Around the World with MI!

Vir die van julle wat net so platsak is soos ek en nie 'n reis deur die wereld kan bekostig nie....Hier is 'n geleentheid wat jy nie mag misloop nie! MI se eerste World Tour!! Kom reis saam met ons deur die wereld en verken lande soos Italie, Skotland, Amerika en al die dinge wat die lande so spesiaal maak!




1. Amerika

Hollywood....Kim Kardashian....Taylor Launtner....Amazing beaches en nog baie meer! Dit is die prentjie wat in jou kop op-pop as jy aan Amerika dink, maar daar is soveel meer om te verken op hierdie kontinent! Kom kyk saam ons na van die must-experience places in die VSA! Die eerste stop wat ons maak is op die groot kontinent: Noord-Amerika!

Times Square- 80% van alle mense wat New York besoek maak 'n punt daarvan om hier 'n draai te maak. Taxi's, liggies, huge flash boards en soveel ander dinge kan jy sien hier by Times Square!

Disney Resort in California. Vandat ons klein is droom ons al om in Disney Land te gaan baljaar saam met Mickey Mouse en Cinderella. Maar dis nie al nie, daar is ook rollercoasters wat skrik vir niks! As jy dink Gold Reef City is cool, dan sal jy dink Disney Land is FANFLIPPENTASTIES!

Ander plekke wat jy moet besoek as jy in Amerika is, is: Mount Rushmore, Statue of Liberty, Grand Caynon in Arizona, The Museum of Natrual History, Niagra Falls in NYC en vir al daai shopaholics is daar The Mall of America in Minnesota! Waai totsiens vir Amerika vanuit jou 'vliegtuig venster', want ons is nou oppad na Europa!


2. Engeland.

Long Live the Queen! Ons tweede stop is in Engeland. Ons gaan high tea geniet saam met die Queen, elke hoekie van Londen verken en hoop ons sien vir Prince William en Kate! Dalk maak ons ook 'n draai by Hogwarts!!! LOL!!
Eerste gaan besoek ons 'n paar museums. The Britsh Museum is baie interessant met 'n collection van mummies wat vanuit Antieke Egipte afkomstig is...mmm.. ek hoop net hy bly daar in sy kis le!

Dan gaan ons na Madame Tussaud se Wax Museum. Hier sal ons vir Justin Bieber, The Jones Brothers, Johnny Depp, Jack the Ripper en nog vele meer ontmoet!


Nou gaan ons Londen bietje vanuit 'n ander oogpunt af bekyk: Uit 'n karretjie van die Londen's Eye! Een so 'n karretjie weeg 10 ton en daar is 55 van hulle op hierdie massiewe Big Wheel.Ons gaan ook Buckingham Palace besoek, die Tower of Londen verken en 'n rit op een van Londen se bekende treine geniet!



3. Skotland

Misterieus, groen en vol antieke skatte. Ons is nou in Skotland. So seuns: trek aan jou “man-skirt”, meisies: gryp 'n doedelsak en geniet ons rit deur Skotland!

Skotland is bekend vir sy vele kastele en ons gaan 'n paar van hulle besoek. Edinburgh Castle en The Palace of Holyroad House is op ons lysie wat kastele aanbetref. Edinburgh is die hoofstad van Skotland en ongeveer 600 000 toeriste besoek hierdie stad jaarliks! Die Edinburgh Castle is defnitief 'n groot toersite attraksie wat duisende toeriste lok!

Ek is seker jy het al van die Loch Ness Monster gehoor. Wel, die Loch Ness wat die huis is van hierdie mitiese monster is in Skotland en ons gaan defnitief daar 'n draai maak!

Ander plekke wat ons hier in Skotland gaan besoek is: Balmoral Castle, Princes Square en vir al ons ouer lesers, die Malt Whiskey Trail!

4. Italie

Pizza, amazing fashion en nog pizza. Dis alles wat jy in Italie sal vind, maar dis nie al nie. Italie is ook bekend vir sy prag argitektuur en asemrowende geboue en ons gaan 'n paar van hierdie Italiaanse skatte besoek!

Die Leaning Tower of Pisa is die eerste stop wat ons maak! Hierdie toring was oorspronklik regop gebou, maar die sement wat gebruik was, was onvoldoende en die toring het begin val! Gelukkig het een of ander slim mens tot die redding gekom en vandag is dit 'n toring wat vele toeriste na Italie lok!

Die Coliseum. Waar gladiator gevegte in antieke tye gehou is en waar mense vir vermaak gekyk het hoe 2 tiere mekaar verskeur! Alhoewel dit afskuwelik was, is dit glad nie meer wat by hierdie fanastiese plek gebeur nie! Hierdie arena is 'n toeriste attraksie soos min en toeriste stroom van regoor die wereld om hulle foto voor die Coliseum te neem!

Ander plekke wat ons gaan besoek is St. Peters Square, ons gaan shop in Milan (fashion capital of the world), 'n aandete geniet langs die Grand Canal in Veniese en die Last Supper deur Leonardo da Vinci gaan beskou!

5. Frankryk

Bonjour Madame, Oui Monsieur! Ons is nou in Paris! Ons weet almal ken die Eiffel] Toring, maar daar is 'n paar ander juwele wat ons gaan besoek!

Eerste op ons lysie is die Notre Dame Katedraal. Dis die blyplek van die HunchBack en 'n plek wat elke toeris moet besoek as hy in Frankryk is! Hierdie katedraal is van gotiese argitektuur en 'n asemrowende sig! Ons gaan al die skliderye sien wat die mure vol hang en die trappe klim tot waar al die enorme klokke hang!

Ons beweeg nou aan na die Louvre museum, die grootste museum ter wereld! Die alom bekende skildery van die Mona Lisa hang ook hier en vele ander skatte deur bekende skilders! Die glas piramide by die Louvre is ook 'n moet sien!

Ons gaan ook die Seine Rivier besoek, onder die Arc de Triomphe staan en in Rue du Faubourg Saint Honore ( hulle Main Shopping straat) ons euro's blaas!


6. Egipte

Mummies, Farao's en vele interessante strories is van hierdie eeu oue land afkomstig! Ons gaan al sy pragtige landmerke verken en in die voetspore van vele Bybelse helde loop!

Die eerste besoek wat ons gaan maak is aan die Pyramides van Giza! Hierdie enorme strukture is 'n amazing gesig en ek kan heeldag na hulle grootheid staar en dink aan al die mysteries wat in hulle skuil en al die geheime in hoe hulle daar gekom het!

Tweedens gaan ons 'n cruise onderneem op die Nylrvier. Dit is die langste rivier in die wereld en die grootste deel van hierdie rivier vloei deur Egipte. Daar is ook vele wild wat in en om hierdie rivier gesien kan word!

Ander plekke wat ons gaan besoek is: Die Egyptian Museum, Memphis Open Air Museum en dalk gaan kyk ons 'n show in een van die Cairo Theaters!



7. Australie

We are entering the southern hemiphere met ons volgende stop: Australie! Saam met Nemo en sy pa gaan ons nou ook Australie verken, maar ons is nie opsoek na 'n verlore familie-lid nie (of hopelik nie!), ons is opsoek na 'n avontuur! Hulle het nie net puik rugbyspelers nie, maar ook vele beeldskone natuurlewe en pragtige en unieke diere soos die koala en die platapus!

Eerste besoek ons die Great Barrier Reef, dis die grootste koraalrif in die wereld en beslis 'n moet sien. Met duisende verskillende plant en dier spesies wat hier swem en groei, is dit 'n amazing ervaring om in die koraalrif te snorkel!

Tweedens gaan ons na Kangaroo Island om al hulle pragtige diere te sien en 'n baba kaola en kangaroo vas te hou! Ons besoek ook die Sydney Opera House en Surfers Paradise vir die van julle wat van branderplankry hou! Daar is soveel om te sien in Australie, so maak seker dat jy eendag daar uitkom as jy die Lotto wen!

8. Brazil.

Rio...Rio...Rio da Janerio! Ons besoek nou die hoofstad van Brazil en ook ander plekke in hierdie tropiese kontinent!

Ons het op 'n goeie tyd in Rio gearriveer, want dit is nou tyd vir die Rio Carnival! Helder, kleurvolle en enorme vlotte, pragtige dansers in amazing kostuums en net 'n aansteeklike partytjie gees! Dis wat jy alles sal sien en ervaar by hierdie karnaval! Ek weet nie van julle nie, maar ek dink dit klink na een huge PARTY!!!!!

Ons gaan nou ons stapskoene aantrek en langs die bekende Amazon River stap in die Amazon Rainforest! Miljoene dier en plantspesies is hier in die groot woud te sien! Maak net seker dat jy 'n ekstra groot blik Doom het as jy soos ek bang is vir alles van 'n muggie tot 'n sonbesie!


Ander plekke waar ons gaan ondersoek instel is by die Botanical Garden of Curtita in Parana, Brasilia's Cathedral, Fernando de Noronha ( 'n reeks strande en landskappe) en ook die Christus Beeld at 36,6 meter hoog is! Pantanol die wereld se grootste wetland is ook 'n moet sien!



9. Suid-Afrika!!!

Home Sweet Home! Nadat ons die wereld vol gereis het is daar niks so lekker soos om weer by die huis te wees nie! En wat 'n pragtige huis het ons ook nie! Met die groot 5, bergreekse, die pragtige Karoo en vele pragtige strande soos Blouberg, Margate, Herlodsbaai en baie ander! Ons is nou in Suid-Afrika en gaan 'n paar van ons land se kenmerke van nader af bekyk!

Eerste op ons lysie: Tafelberg! Die unieke berg is deel van die 7 Natuurwonders en ons is baie trots daarop! Jy kan tot  bo kom met 'n prettige kabelkarretjierit of jy kan die staproete aandurf en tot bo klim! Bo-op sal jy proteas en baie ander plantsoorte te siene kry en dan is daar ook die beeldskone Kaapstad en al sy liggies wat net onder jou le!

Nou is ons in die Kruger Wildtuin! Leeus, buffels, olifante, luiperds en baie ander diere jy hier kan sien! Suid-Afrika is tans die enigste land waar jy die Groot 5 kan besigtig! Staproetes, gamedrives en baie ander aktiwiteite wag vir jou by die Kruger Wildtuin!

Daar is ook die Cape Winelands, die Otter staproete, Ushaka Marine World, Sun City en ander ontelbare avonture wat jy in SA kan beleef!



Ons is nou klaar met ons Around the World in 5 minutes en ons hoop julle het dit net soveel soos ons geniet! Se vir jou ma om sommer nou 'n Lotto kaartjie te gaan koop, want One day is One day!

Tot wedersiens
Mi



No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.