Sunday, June 3

Wie is MI?

Die idee vir MI het begin toe twee beste vriendinne in 'n kamer gesit en wonder het wat om met hulle lewe te doen. Aangesien die twee as ietwat "nerdish cool" bestempel kan word was partytjies, ysskaats en leer heeltemal uit die lys van keuses uit.


Toe gebeur daar 'n ontploffing in een van die vriendinne se kop! "Kom ons begin 'n blog!", het sy met ekstase uitgeroep. Nou, gewoonlik word hierdie vriendin se idees afgeskiet, aangesien dit 'n reputasie het om die vriendinne in die moeilikheid te laat beland, of om hulle name soseer met 'n ysterplank te slaan. Om die minste te sê, die vriendin se idees was gewoonlik pateties. Voordat sy die woorde kon terugtrek het die idee-gewer se vriendin met (onverwagte) ekstase geantwoord: "Dis briljant!"

Dit is hoe MI Watch sy debut gemaak het. Voordat daar enigsins geskryf, ontwerp of geadverteer kon word, moes daar natuurlik eers 'n naam wees vir die blog. Almal wat hierdie lees ken die blog se naam, maar wat is die storie agter die naam?

Die eienaars van die blog wou hulle eie name in die naam daarvan insluit, sonder om dit te persoonlik te maak. Dit moes nogsteeds 'n wonderlike bron van leesstof wees, nie net oor hulsef nie, maar oor die wereld om hulle. Nou hoe moeilik kan dit wees om name soos Mieke en Ingrid in 'n titel van 'n blog in te sluit? Blykbaar baie moeilik. Mingrid en Ieke klink hopeloos te vaal en banaal, en boonop klink albei soos 'n tipe medisyne. Nee, dit sou nie deug nie. Maar hoe dan nou gemaak? "Ek het dit!", roep een van die vriendinne toe skielik, uit. "MI Watch! Maar jy sê dit nie soosin M-I nie, jy se dit soosin mie, soos me (ek) in Engels!" En dus is MI Watch gebore!

Noudat die eerste paar artikels geskryf is en die blog se ontwerp klaar is, ontstaan daar nog 'n probleem vir MI. Hoe gaan ons mense laat weet van MI Watch? Dis hopeloos te naamplankend om voor hulle skool te gaan staan en mense te smeek om na die blog te kyk. Om rond te loop en mense te sê daarvan het ook glad nie so lekker geklink nie. Wat anders as Facebook bly dan oor? Gou-gou het MI 'n Facebook account geskep en mense links en regs begin invite! Who cares of mense dink ons is irriterend as ons elke tweede minuut 'n status update maak met die link na did blog toe, enige publisitiet is goeie publisiteit!

Met die hulp van Facebook en 'n paar oulike vriendinne wat Broadcast messages stuur, het die woord van MI sommer baie vinnig versprei!

Na net 'n week het MI meer as 1000 besoekers gehad, met 'n groeiende besoekerstal elke dag. MI is ewig dankbaar vir almal wat 'n bydrae tot ons blog gelewer het, ons belowe ons sal altyd die lesers eerste stel!

Die punt van hierdie artikel was die volgende: Ons wil hê dat ons lesers daarbuite moet weet, as ons dit kan doen, kan julle ook. Moenie dat enigiemand vir julle se julle is te jonk, of te boring, of te weird om iets aan te pak en 'n sukses daarvan te maak nie. Jy kan enigiets doen met harde werk, 'n visie in sig en 'n titseltjie geluk!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.