Hellooooo
liewe lesers! Ons gaan probeer om
julle soveel as moontlik te vermaak tydens die vakansie! Vir die van julle wat dit
nie weet nie...ons is obsessed met baie goed...dit voel of ons dit in
amper elke artikel noem, en dis funny want dis so waar (dis 'n aanhaling
wat MI se M onlangs in 'n boek gelees het met die naam
Solitaire..gaan lees dit, dis BAIE goed!) Anyway, vandag se topic of
obsession is Disney! Disney is net een van die beste dinge ooit en
dit is een van die dinge wat lewe op aarde die moeite werd maak!
So geniet MI se Gids tot Alles Disney!
'n
Bietjie Geskiedenis
Die Walt
Disney Company is op die been gebring op 16 Oktober 1923 deur Walt
Disney en Roy O. Disney. Hierdie maatskappy het die leier geword in
animasie flieks wêreldwyd en het later uitgebrei deur live action
flieks te vervaardig en pretparke oop te maak. Die Disney maatskappy
het baie verskillende fassette insluitend die Walt Disney Studio wat
verantwoordelik is vir die maak en vervaardiging van flieks en hulle
besit ook die Amerikaanse televisie netwerk, ABC en die kinderkanaal,
Disney Channel. Die karakter Mickey Mouse het die universele simbool
vir die Disney maatskappy geword.
Disney
Prinsesse

Disney
Prinse
.jpg)

Disney
Villians.
.jpg)

Die skurke in die Disney flieks is altyd my gunsteling want hulle is net so wickedly evil en awesome! Ons weet nou nie regtig of die villians een of ander dieper betekenis tot die flieks bring nie, maar dit maak nie saak nie, want GEEN fliek sal volmaak wees sonder 'n behoorlik booswig nie! Van ons gunsteling sluit in Maleficent van Sleeping Beauty wat in 'n flippen DRAAK kan verander, Claude Frollo van The Hunchback of Notre Dame (Dis MI se M se gunsteling Disney fliek!!), Captain Hook van Peter Pan, wie kan ook vergeet van Yzma van The Emporers New Groove?? Sy was darem net te hilarous! En dan is daarf Ursula van The Little Mermaid (sy is sonder twyfel die scarieste villian wat ons nog ooit in 'n fliek gesien het! Ek meen sy het 'n tuin van die siele van die meerminne wat sy gevang het!) en dan natuurlik Hades van die Hercules fliek van hy is net beyond sassy en het blou vuur vir hare!
Disney
liedjies.
.jpg)

Nou kan
julle liewe lesers ook sien hoe wonderlik Disney werklik is! So ons
beveel julle nou om te hardloop en die naaste Disney DVD te gryp en
dit te kyk...kom staan op... loop... hoekom lees jy nog? Daarsy...
Tot
wedersiens!
MI
*Is
jy nogsteeds besig om te lees? Wat makeer jou? Hou nou op en gaan kyk
daai Disney fliek voordat ons jou in ons Garden of Unfortunate Souls
sit!