Saturday, October 25

MI-siek se Mood-o-Meter!

 
 
Dis heavy moeilik om musiek te kry wat jou mood pas as jy een oomblik lus is vir die bad-assery van ACDC en die volgende oomblik smag na 'n hoë noot van Les Miserablès.
Maar moenie vrees nie! MI het 'n playlist vir jou opgestel om al jou musiek-cravings te bevredig!
Waneer jy badass voel
Bartholomew van The Silent Comedy- Nie net is die beat aan die begin van hierdie liedjie soos iets waarop daai karakters in die flieks loop net voordat hulle iets opblaas nie, maar as daai kitaar-solo thingamajing eers begin is daar nie 'n manier hoe jy nié kan voel asof jy die wêreld kan oorwin nie. En as daai dromme eers geslaan word kwartpad in is dit verby - jy is officially die badasste persoon ooit as jy na daardie deel van die liedjie luister.
Ander opsies: Next Girl- The Black Keys, Low- Cracker
Wanner jy lig voel
Folding Chair van Regina Spektor- Partykeer is dit net nodig om na iets te luister wat jou laat voel asof dit 'n paar minute van geluk is wat vasgevang is in 'n liedjie. Hiérdie is so tipe liedjie. Eintlik is enige Regina Spektor liedjie so tipe liedjie, maar hierdie is my gunsteling so HA. Ek meen komaan, wie wil nou nie na liedjies luister van iemand wat verlief raak op die strand, in 'n silwer trailer gaan bly en speelgoed graffiti nie?
Ander opsies: Rachel Goodrich- Light Bulb(ANR Remix),Foster The People- Pumped Up Kicks
Wanneer jy depro voel
It All Stars Now van Foreign Slippers- As jy op die oomblik hartseer is STOP WAT JY DOEN EN GAAN LUISTER EERS HIERDIE LIEDJIE. Oh man. Kan ek net sê dat hierdie liedjie letterlik perfek is vir iemand wat down is en wat iets nodig het om hulle weer inspirasie te gee. Dit begin soos way hartseer en dan bou dit op en dan kom daar soos 'n koorgedeelte en dan voel mens of mens Everest kan klim en GAAAH. Luister dit net.
Ander opsies: He Mele No Lilo (Glo my net), Dog Days Are Over van Florence & The Machine
Wanneer jy Broadway-agtig voel
Being Good Isn't Good Enough van Barbra Streisand (of die Lea Michele weergawe)- Ek
weet julle dink tien teen een dat Broadway-musiek lame is, maar luister net hierdie liedjie en asseblief sê my dan dat jy nou 'n ander opinie het. Die hoë note, die lirieke, die passie... Alles is daar!
Ander opsies: On My Own van Les Miserablès, Don't Rain on My Parade van Funny Girl
Wanneer jy roadtrippy voel
I'm Going Back To Indiana van The Jackson 5- Ek besef dat hierdie liedjie soos 'n Throwback Thursday na die 1800's is, maar OH WELL. Roadtrip liedjies moet 'n spesifieke gevoel aan hulle hê. Hulle moet jou laat voel asof jy oppad is na die beste ervaring van jou lewe. En hierdie liedjie het dit.
Ander opsies: Stop The World I Wanna Get Off With You van die Arctic Monkeys, Best Song Ever van One Direction
 
Tot wedersiens!
MI
 

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.