Monday, December 1

Spud 3 epicness!

Hallo!
 
Ons vakansie het aangebreek, wat beteken dat ons officially baie epic artikels vir julle sal hê oor die volgende paar week! Dance party!
 
Soos wat julle weet is ons huge YouTube fangirls, so toe ons die kans gekry het om met Caspar Lee, Troye Sivan en die res van die Spud cast te praat het ons practically flou geval van opgewondenheid. Behalwe vir die feit dat ons twee van die grootste YouTubers op die planeet kon ontmoet, ontmoet ons ook die actual mense wat in die actual Spud fliek is wat een van ons actual gunstelinge flieks/ franchises op die planeet is.
So dis 'n understatement om te sê dat die dag wat ons hierdie mense ontmoet het een van die beste dae van ons lewens was.

Ons het vertrek na die hotel waar die onderhoude gehou sou word direk nadat ons een van die aakligste wetenskap vraestelle van ons lewens geskryf het. Seriously, wie gee nou regtig om hoe vinnig 'n stuk rots beweeg as dit by 'n skuinste afrol? Huh?
In die kar het ons onsself opgerally en ons het vir mekaar gesê dat ons onder geen omstandighede onsself mag gedra soos craycray fangirls nie en dat ons onsself professioneel moet hou.
 
Toe ons by die hotel aankom check ons in by die mediakantoor plekkie in en TOE raak ons geintimideerd, want rondom ons is al hierdie ouer mense wat baie proffesioneel is en hier is twee 17-jarige meisies wat iets uitgerig wil kry. Ons het darem onsself gedra asof ons daar behoort (ons het, dit was net bietjie... Accck.)
Lisa, wat alles vir ons gereël het (en wat soos super vriendelik is) het ons gegroet en toe is ons soos 'Okay. Okay. Ons kan dit doen. Yaaass! Gameface!'
Ons gesels nog lekker voor die onderhoudkamers en terwyl ek my kop omdraai KOM CASPAR EN LEE EN TROYE SIVAN BY DIE KAMER REG OORKANT ONS GELOOP.
Ek sal jou kans gee om dit bietjie te verwerk:
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Is jy ok? Het jy dit geabsorbeer? WANT EK HET NIE.
Dit was tyd vir ons onderhoud met hulle en my maag het in knope getrek wat Finnick Odair sou trots maak. Ons het by die kamer ingloop en daar sit hulle in hulle volle glorie: Caspar Lee en Troye Sivan. Troye het hierdie engelblou oë wat so reg in mens se siel inkyk en Caspar Lee is wel... Caspar Lee. Seriously.
Die onderhoud het fantasties verloop en toe was dit tyd om 'n foto saam met hulle te neem.
Ons staan om die foto te neem en almal is in daardie akward stilte wat daar altyd is wanneer mens 'n foto neem en toe gebeur dit. Mieke uiter die volgende woorde:
"Your hands are really soft."
WAT?
Caspar is toe soos: "Who me?" en Mieke is soos: "Yes, I felt them when we greeted you."
 
!!!
 
Hoe op Aarde moet ek aanvaarbaar lyk in 'n foto terwyl ek myself moet inhou om nie soos 'n otter wat kraam te lag nie?! GELUKKIG het ek dit reggekry en ek sal sê dat die foto heel aanvaarbaar uitgedraai het:
 
Na die Caspar en Troye onderhoud was dit tyd om met die reggiseur, producer en skrywer te praat. Hierdie is die een waarvoor ek die meeste op my senuwees was, aangesien al drie hierdie mense ouer as ons en soos legit grootmense is. Hulle het dit GEMAAK in die industrie en ons is net soos twee tienermeisies. Gelukkig het hierdie een ook goed gegaan en ons het oorleef!
(Ons kon ongelukkig nie 'n foto saam met hulle neem nie, aangesien dinge nogals gerush was.)
 
Na die tweede onderhoud het Lisa ons gevra om 'n break te vat en ons besluit toe om by die swembad te gaan sit waar my pa vir ons wag. (Thanks pa!)
Toe ons by die swembadarea inloop het ek amper hardop gegil maar ek het myself beheer. Die rede hiervoor is dat CONNOR FRANTA langs my pa gesit het. Casually.
Hy was op sy laptop besig en het nie gepraat met my pa of iets nie, MAAR HY WAS NOGSTEEDS REG LANGS MY PA.  Ek kon dit seriously nie glo nie. HY WAS NeET DAAR. Ek gaan sit toe op die stoel langs my pa wat beteken dat EK TOE LANGS CONNOR FRANTA gesit het. Dit het gelei tot een van die beste tweets wat ons nog ooit getweet het:
 
@MIWatchers: I AM SITTING NEXT TO @CONNORFRANTA
 
*Sug*. Die lewe was so perfek op daardie stadium. Dit het selfs meer perfek geraak want daarna het Lisa ons geroep om ons laaste onderhoud met die Crazy 8, asook Alex wat Christine speel, te doen.
 
Toe ons by die Crazy 8 kamer inloop was ons sommer heeltemal op ons gemak, aangesien hulle almal amper so oud soos ons (net klein bietjie ouer) en super vriendelik was. Daardie onderhoud was ook great en voor ons ons oë kon uitveë neem ons 'n foto saam met hulle en is ons weer oppad.
 
Ek onthou ek het heeltyd in die kar gesê dat dit die beste dag van my lewe was, en al het ek dalk bietjie oordryf is dit tog soortvan waar.
 
Jy kan al die onderhoude wat ons gedoen het op JIP se website lees.
 
Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.