Saturday, October 18

Die Familie Boom!



Die meeste van ons (ok, actually almal van ons) is deel van 'n familie. Ek is ook seker dat almal wat deel is van 'n familie, voel dat hulle familie uit die vreemdste en snaakste mense op die planeet bestaan! Glo my, ek voel baie so! Ons het toe besluit om 'n familieboom op te stel, wat jou sal help om die gedrag van jou familielede te verklaar, sodat jy weet hoekom hulle optree soos wat hulle doen!

The Crazy Ones
Ons het almal ten minste een persoon in ons familie wat ons glo in 'n malhuis hoort. Ons gaan nou op die stereotipe-trein klim en sê dat dit tien teen een 'n tannie is. Almal weet seker dat 'n tannie jou ma of pa se sussie is, as jy dit nie geweet het nie dan sal ons jou aanraai om terug te gaan Gr. 3 toe. Dit is die kreatiewe tannie wat 'n wit papier in 'n meesterstuk kan verander en wat 'n skildery uit 'n bak met slaaibestanddele kan verander. Sy is ook die een wat 'n krokodil in haar swembad sal aanhou of 'n Groen Mamba slang as 'n kopkussing gebruik. Daar is egter 'n baie logiese verklaring hiervoor...Gedurende haar geboorte het daar 'n chemiese reaksie in haar brein plaasgevind wat veroorsaak het dat haar linkerbreinfunksie ontplof en nou het sy net toegang tot haar regterbrein. Dit beteken dat al haar besluite gebaseer het op kreatiwiteit en is reëls in haar oë non existing!



Golden Boy
Hierdie is gewoonlik 'n oom. Maar nie enige gewone oom nie, 'n skatstinkryk oom. Hy was die witbroodjie in of jou ma of jou pa se gesin. Hy het rugby vir die eerste span gespeel, altyd die meisies gekry, is baie geseënd in die looks afdeling, 'n doktorsgraad in whatever en nou sy eie besigheid het. Hy slaap in die aande op 'n kussing van geld en bly in 'n huis waarop George Clooney jaloers sal wees. Hierdie oom is beslis nie vreemd om snaaks nie, maar hy koop wel die beste verjaarsdag en kersfeesgeskenke en daarom is hy almal se gunsteling! Ons wil egter nie superficial klink, so asof ons net omgee oor geld nie...aaaag who are we kidding...geld is awesome en mense met geld is ook awesome. Hoekom? Want hulle kan vir ons baie boeke koop en daarom gaan ons eendag trou vir geld en werk aan die liefde!
 

Die Sportfanatic
Dit is 99.9% van die tyd 'n man. Of dit nou jou oupa of jou pa is, daar is altyd iemand in 'n familie, veral wanneer jy in Suid-Afrika bly wat verslaaf is aan sport. Hulle is die een wat Saterdae aande met biltong, sout en asyn chips en 'n bier rugby kyk en kommentaar lewer asof dit uit die mode uit gaan. Hulle is ook gewoonlik deel van daardie spesies wat altyd meer weet as die skeidsregter en wat ook seker maak dat almal weet dat dit die skeidsregter se skuld is wanneer sy span verloor! Ons glo dat dit die gevolg is van 'n baie traumatiese ervaring toe hy deel van was van sy laerskool se mini-rugbyspan en dit spook nou in sy onderbewussyn by hom! Wat lekker is van so 'n familielid is dat hulle saam met die sportpakket die vermoë het om fantastiese braaivleis te maak vir daardie onvergeetlik Saterdag family get-together!
 

Two and a Half Men Minus die Two
Vir die van julle wat nie goed is in wiskunde nie, dit laat half a man oor! Hierdie half a man verwys na daardie persoon in jou familie wat net nie kan of wil grootword nie! Dit is meeste van die tyd 'n boetie, 'n sussie of 'n niggie of nefie. Hulle is al goed in hulle tienerjare in of selfs op universiteit, maar daardie molekuul van kindwees wil net nie uit nie. Ons praat nou nie hier van daardie kindwees wat elke mens in hom of haar het nie, nee ons praat van daai kindwees wat veroorsaak dat hy of sy nog in Superman PJ's slaap en opgewonde raak wanneer hulle in die action toy afdeling van die speelgoed winkel kom. Hulle is daardie wonderlike persoon in jou familie wat daardie embarrassing kersfeesstorie van jou vir jou nuwe meisie of kêrel sal vertel al maak jou baie groot hand en oog gebare dat hulle storietyd summier moet stop! Hulle sorg egter altyd vir baie gratis vermaak en hulle is jou go-to-source vir die snaakste grappie!
 
Familie is een van die min dinge in die lewe wat jy nie kan kies en partykeer voel dit vir tieners asof hulle gestraf is met die vreemdste familie ooit! Hulle is egter daardie mense wat altyd daar sal wees vir jou en wat jou lewe so 'n bietjie meer interessant maak! As jy deur 'n tiener-hormoon-geteisterde-dag gaan en dink jou familie is erger as The Adams Family, dink net dat daar iemand in die wêreld daar buite is wat gedwing is om verwand te wees aan Osama bin Laden of Julius Malema en dan voel jy sommer vinnig beter!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.