Thursday, September 11

Superheld klere!


Ons het julle darem die laaste ruk met nuwe MI videos vermaak, maar ons het gedink dat dit weer 'n bietjie tyd is vir 'n artikel. 'n Rukkie gelede het ons 'n artikel gedoen oor Landsvlae klere (Gaan lees dit as jy nog nie het nie). Ons het die app Polyvore gebruik om 'n paar cool uitrusting-idees te skep en toe besluit ons om dit weer te doen! Aangesien die somer aan die kom is het ons 'n paar oulike somer outfits ingesit, sowel as 'n paar herfs uitrustings, want al die winkels het nou hulle “Get rid of winter clothing”-specials! Dit is dus 'n goeie tyd om hierdie inkopies nou te doen! Hierdie keer het ons besluit om 'n superheld weergawe te maak, aangesien ons verslaaf is aan superhelde! Ons het net verlede week Captain America: The Winter Soldier gekyk en dit was AWESOME! Sooooo here goes...

Captain America:
Captain America is beyond awesome! Hy is die voorbeeldige superheld wie se ego of humeur nie met hom weghardloop nie. Hy was vir 'n paar dekades in ys vasgevries en toe skielik was dit net van: “Honey, I'm hoooome!”, maar natuurlik was sy Honey toe al loooong gone (pik 'n traantjie). Hy is insanely hot en goed gebou en hy is die freaking FACE OF AMERICA! Eat your heart our Mr. Obama! Hierdie uitrusting is super sjiek tog relaxed. Die rooi broek en vlootblou hemp reflekteer Captain America se kleure. Die oulike wit skoentjes, sonbril en blou armband rond hierdie uitrusting perfek af en dit is net die regte keuse vir 'n movie date of 'n shopping spree!
 
Iron Man:
Iron Man aka Tony Stark aka Robert Downey Jnr is die M van MI se ultimate gunsteling, want hy is  die King of Sass! Tony is 'n biljoenêr, wat goed is want boeke is baie duur deesdae (just saying) en hy vlieg rond in 'n epic suit wat hy SELF ontwerp het! Kry 'n mens beter as dit! Ongelukkig was Iron Man 2 'n TOTALE RAMP, maar gelukkig kon die derde fliek Iron Man se reputasie herstel! Hierdie uitrusting is 'n lekker herfs nommertjie. Die geel en rooi tema pas mooi in by Iron Man se kleurskema. Die geel broek en rooi trui komplementeer mekaar pragtig en daardie rooi skoene is net totally adorbs! Die oorbelle met die sirkel en driehoek collab wat daar aangaan is ook baie oulik en ons dit dat hierdie uitrusting briljant sal wees vir... wel... feitlik enigiets!
 
Hulk:
Ons dink nie dat Hulk regtig enige iemand se gunsteling superheld kan wees nie, ek meen hy verander in 'n reuse, groen monster wat alles verwoes as hy kwaad raak... praat van anger management issues, maar hy het 'n baie interessante kleurskema gekies! Bruce Banner is darem ook nie te sleg nie. Ek meen die dude is 'n genius wetenskaplike en dis nogals awesome! Die uitrusting is vir 'n lekker ontspannende somersdag! Ons het 'n groen rokkie gekies en dan die uitrusting afgerond met pers bykomstighede. Dis net die regte kleure om in 'n somer bui te kom!
 

Spiderman:
Spiderman is WOW... Nommer een omdat hy teen mure kan opklim en webby things uit sy hande kan uitskiet en nommer 2 omdat hy die enigste superheld in ons ouderdomskatagorie is en nie soos 30+ nis ie! Daar is 'n groot debat aan die gang in die strokiesnerd wêreld aangaande wie nou beter as Spidey was: Tobey Maguire of Andrew Garfield? Ons dink beslis Andrew... ek meen KYK NA HOM! Hierdie is 'n baie lekker chill uitrusting vir 'n ontspannende kuier saam met vriende of 'n vinnige besoek aan die mall! Die kleurskema is blou en rooi soos Spiderman s'n. Ons het 'n blou broek saam 'n rooi bloes gesit. Die rooi tekkies herhaal die rooi in die uitrusting terwyl die mooi blou serp en mussie alles netjies afrond!
 

Thor:
Thor het in die begin van die eerste fliek na 'n bietjie van 'n idiot gelyk! Gelukkig het hy later tot sy sinne gekom en nou is hy 'n wonderlike voorbeeldige god van blitse! Hy is super goed gebou, en bly op 'n ander planeet! HOE COOL IS DIT?! En het ons genoem hy is 'n god??? Hierdie is 'n super cute en flirty outfit. Die skater skirt en tanktop pas baie mooi bymekaar. Die grys tekkies pas great aan by die hemp en die rooi bykomstighede voltooi die hele prentjie!
 

Die Donker Held:
Batman is sonder twyfel een van die coolste superhelde OOIT! Sy alterego, Bruce Wayne, is super ryk en 'n total playboy en dan kom Batman en hy red Gotham (waar daar ALTYD iets verkeerd gaan) en plaas die mense se belange voor sy eie! Een van die beste Batman qoutes is: “I'm whatever Gotham needs me to be...” Dit raak net so aan my hartsnare! Hierdie uitrusting is vir wanneer jy die nag wil deur kuier en die dorp wil rooi verf! Alles is natuurlik swart om in te pas by die beeld van die Dark Knight. Ons het 'n super hot mini rokkie gekies met awesome wedge leer bootse. 'n Mooi rugsakkie, 'n catlike sonbril (vir so 'n bietjie Catwoman influence) en 'n totes adorbs hoed en jy is reg vir P-A-R-T-Y!
 
Ons hoop julle sien net so baie uit na die somer soos ons! Kyk uit vir die awesome flieks soos The Maze Runner en The Giver wat binnekort gaan uitkom en maak seker jy mis dit nie!






Tot wedersiens
MI!

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.