Hallo persoon wat hierdie lees!
Dink aan die ding wat jou pla. Die ding waaroor jy elke aand nagmerries kry. Die ding wat permanent in jou onderbewussyn lê. Dit wat jy net nie kan vergeet nie.
Hou daardie ding in jou kop.
Goed. Wat as ek vir jou kan sê dat ek weet wat die ding is in jou kop? Is jy reg hiervoor?
Jy het gedink dat...
MI WATCH ONS EIE REALITY TV SHOW MOET HE!
Dit was soortvan onmoontlik om nie te weet dat jy dit gedink het nie, aangesien dit 'n nasionale krisis is dat die MI Watch Show nie 'n ding is nie.
As jy een van die skeptics is wat ons nie glo dat ons briljante Reality Stars kan wees nie is hierdie artikel net vir jou.
Hier is die redes hoekom MI Watch ons eie Reality Show moet kry:
Die mense van Suid-Afrika kan 'n kykie kry in die alledaagse lewe van 'n Suid-Afrikaanse tiener. Dit kan soos 'n huge exposè wees op die Suid-Afrikaanse skoolsisteem en waardeur die jeug van vandag elke dag moet gaan. Natuurlik sal dit goed wees vir ouers sowel as jonger mense om dit te sien, aangesien ouers hulle kinders dan meer sal verstaan en tieners dit relatable sal vind.
Ons het baie ervaring met reality televisie. Keeping Up With the Kardashians, Gulianna and Bill, Dance Moms, Toddler's & Tiaras... Ons kyk regtig baie reality TV. Ons weet dus presies hoe om op te tree voor die kamers en ons weet wat om te sê in daai onderhoud thingies waar jy praat oor jou lewe. WE GOT THIS!

HALLOOOOO SCOTT EN KOURTNEY REALITY LIEFDE!
Ons sal friggin fantastiese celebs wees! Dit mag dalk ietwat grootkopperig klink, maar laat ek verduidelik. Ons verstaan hoe dit voel om totaal en al obsessed te wees met 'n bekende persoon. Daarom verstaan ons wat ons 'aanhangers' sal wil hê. Dude, as jy 'n pizza party met ons wil hê in die middel van nag... ONS. IS. DAAR.
Daar het julle dit!
As jy nou oortuig is (wat ek seker jy is) dat ons 'n reality show moet hê... Tweet hierdie vir KykNet. Of bel hulle sommer. Dit sal ook werk.
Tot wedersiens!
MI
No comments:
Post a Comment
Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.