Tuesday, November 26

MIWatch DreamTeam!


Uiteindelik is MI klaar met eksamen en ons is seker meeste van julle is ook. Nou het ons baie vrye tyd. Dit beteken ure en ure van niks doen en ure om te dink.. .te dink oor die Apocalypse. Ons almal weet dat zombies of aliens een of ander tyd die aarde gaan oorneem of ten minste probeer. Flieks soos The Avengers het dit bewys. MI het toe besluit om 'n span saam te sit, 'n span van die beste en braafste fictional characters. Ons noem hulle die MIWatch DreamTeam en hulle is:



Katniss Everdeen

In die nuutste Hunger Games fliek, Catching Fire het hierdie meisie van District 12 vir ons gewys waarvan sy gemaak is en dit is staal. Haar familie en vriende se lewens word bedreig, haar eie lewe word bedreig en sy staar weereens die wreedheid van die arena in die gesig, maar steeds byt sy vas. Sy is bereid om haar lewe op te offer vir Peeta en sy sal veg tot die dood vir die wie sy liefhet. Sy is beslis waardevol vir ons span en sy kan toor met 'n pyl en boog!
 
Tris en Four
Tris en Four is Divergent. Dit wil sê dat hulle eienskappe van meer as een faction het. (Vir enige iemand wat nie weet waarvan ek nou praat nie. Gaan lees Divergent deur Veronica Roth..NOU!) Tris besit eienskappe van Erudite- Sy is slim, Dauntless- Sy is braaf en Abnegation- Sy is selfless. Sy en Four (Sy regte naam is Tobias) sal 'n groot aanwins vir MIWatch se DreamTeam wees, want hulle het ongelooflike fighting skills, kan op hulle voete dink EN Four is super cute, so dis bietjie eyecandy om die zombies se aandag af te lei voordat...BOOM...Tris hulle doodmaak!
 
Iron Man aka Tony Stark
Tony was deel van die Avengers en hy moet net ook deel wees van ons span. Hy is braaf en het hope ervaring in die battlefield. Ek meen hy het al teen ALIENS geveg EN gewen! Hy is ongelooflik slim as dit kom by tegnologie en het selfs sy eie suit ontwikkel. Hy kan spesiale wapens vir ons DreamTeam ontwikkel wat ons kans op oorwinning net nog meer sal maak. En hy het 'n houding wat skrik vir niks en 'n sin vir humor wat goed sal wees as ons moed begin verloor in die oorlog vir oorlewing.


Spiderman aka Peter Parker
Niemand weet wat Spiderman se regte identiteit is nie en daarom kan hy ons geheime wapen wees. Hy kan spy op die vyand en dan as hy sy spidey suit aantrek..VAVAVOOM...Is hy 'n killing machine! Hy kan met sy sterk spinnekop web deur die dorp rondswaai en teen geboue opklim. Hy is ook supervinnig en hy is nie bang vir 'n goeie oldschool fistfight nie! Hy is beslis iemand wat ons op ons span moet hê!
 
Sherlock Holmes
Daar was nog nooit 'n saak of geheim wat Sherlock nie kon oplos nie en hy is slimmer as slim. Ons sal hom beslis benodig om geheime kodes te ontsyfer en die vyand se battleplan se ontdek...alhoewel ek nie dink dat zombies 'n plan van aksie sal hê nie, maar 'n mens weet nooit. Hy is witty en selfs slinks met tye, maar Sherlock voltooi enige taak wat aan hom gegee word met sukses en dit sal beslis belangrik wees as ons die apocalypse wil oorleef en ons planeet wil red.
 
Soos julle kan sien bestaan ons DreamTeam net uit heroes en wie het al OOIT 'n fliek gekyk of boek gelees waar die bad guy wen? Ek ook nie! Die kans is dus 100% dat ons die apocalypse sal wen en die bose zombies of aliens sal wen! En MI is ook nie hulpeloos nie. Ons is gewapen met awesome kennis en skills wat ons van boeke en movies leer en dus sal ons hierdie oorlog kan ace! Ready... set... FIGHT!


Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.