Saturday, November 9

MI se Ontdekkings!


Daar is baie ontdekkingsreisigers daar buite. Van die bekendes sluit in Christopher “The Rock” Columbus, Jan “The Weasel” van Riebeeck en nog vele meer. Die ontdekkers in die moderne wêreld sluit in Scooter Braun wat JB, The Wanted en Carly Rae Jepson ontdek het, Steve Jobs wat Apple ontdek het en natuurlik MIWatchers wat alles wat awesome is ontdek! Hier is 'n paar van die ontdekkings wat ons al gemaak het!

Musiek ontdekking:
Ons is albei groot aanhangers van musiek en ons love dit om nuwe musiek te ontdek. Daarom was ons oorkom van vreugde toe ons die UK band, Bastille ontdek het! Hulle musiek is ongelooflik en ons kan nie ophou om na hulle CD, Bad Blood te luister nie!
Ander ontdekkings wat ons al in die musiekwêreld gemaak het sluit in Lana Del Rey, John Newman, Emblem Three en die beste een natuurlik...One Direction!


TV ontdekking:
Die M van MI het seker die beste ontdekking ooit gemaak toe sy die tv-reeks Hostages ontdek het! Sy het natuurlik dadelik die I in kennis gestel en nou is hulle albei verslaaf aan hierdie ongelooflike reeks! As jy dit NIE kyk nie, is daar beslis iets fout met jou, want dit is...ASDFGHJKL!

Die I van MI se ontdekking op TV moet ook genoem word, want alhoewel die M nog nie hierdie reeks gekyk het nie, is dit seker baie goed, want die I KAN NIE OPHOU PRAAT DAAROOR NIE!!! Die reeks is Sherlock. Dit is ook beslis 'n MOET KYK!

Youtube ontdekking:
Almal wat ons blog lees weet seker teen hierdie tyd dat MI verslaaf is aan Youtube en Youtubers! Ons is verlief op Alfie van Pointlessblog en Jack en Finn van JacksGap en Caspar Lee van DiCasp. En Zoe van Zoella se mode smaak is to die for! Die M van MI het gister egter nog 'n awesome Youtuber ontdek... Jake Foushee! Hy was al op Ellen wat beteken dat hy SUPER famous is! En ons gunsteling video van hom is sy voice impression video... HOLY COW! Dit is flippen AMAZING! Hy doen impressions van Batman, Morgan Freen en Optimus Prime van Transformers en dis soos... MIND BLOWING!


Hottie ontdekking:
One Direction is obviously die hotste mense in die hele wêreld, maar MI het onlangs 'n hele paar super hot ontdekkings gemaak. Die eerste ou se naam is Jacob. Ons weet nie eintlik wie hy is, waar hy vandaan kom of wat hy doen nie..al wat ons weet is dat hy in JacksGap se nuwe kantoor werk en dat hy 'n perfekte gesig het! Die ander hottie is vir M hot maar nie vir I nie en dis die hoofsanger van Bastille! Hy het so 'n hot, scruffy look en 'n amazing stem! Dis 'n complete package! Die ander hottie is nou weer vir I hot maar nie vir M nie en dis die hoofkarakter in Sherlock, Benedict Cumberbatch. Hy is die classic tall, dark en handsome ou en dus perfek vir  I!

 

En so het MI ons ontdekkingsreis voltooi! Ons ontdek elke dag nuwe ding en ons is mal daaroor! As jy dalk per ongeluk iets awesome ontdek, laat weet ons en dan deel ons 'n paar van ons liewe lesers se ontdekkings op MI Watch!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.