Thursday, November 14

MI-siek is terug!

Die musiek wat deesdae gerelease word is fenominaal! Ons kan nie genoeg kry van wat kunstenaars daarbuite ons bied nie! Hier is 'n paar musiek related dinge wat ons oog gevang het die laaste ruk...
 
Lorde- Royals
Lorde is 'n sangereres van New Zealand. Haar single, Royals, het gedebuted op die Billboard Top 100. Die kicker? SY WAS NET 16 JAAR OUD TO DIT GEBEUR HET! Sy het nou in Novemeber 17 geword. Oh my sould. Hierdie chick is 4 maande ouers as ek en sy't klaar meer bereik as wat ek tien teen een in my hele lewe gaan bereik. Ugh. Maar dis te verstane. As jy nou nog nie Royals geluister het nie stel ek voor jy vang gou op. Hierdie gaan die liedjie van die oorblewende 2013 word; hoor wat ek sĂȘ. (SY HET OOK 'N AWESOME COVER GEDOEN VIR DIE CATCHING FIRE MOVIE EEEEEP!)
Katy Perry- Prism (Album)
Katy Perry het onlangs haar nuwe album "Prism" release en al het ek nog net 'n paar liedjies op die CD gehoor is ek klaar verlief op dit. Dit sluit natuurlik 'Roar' in wat HUGE was die afgelope tyd, ek meen komaan, wie sing nou nie kliphard saam as dit oor die radio gespeel word nie? Van die ander liedjies op die CD waarvan ek gehou het was "Unconditionally", "Walking on Air" en "By The Grace of God". Ek beveel hierdie CD sterk aan... Dit het 'n awesome poppy happy vibe vir die vakansie! Dis defs op my Kerslysie!
Demi Lovato- Let It Go (Frozen)
Ons tweede gunsteling X Factor judge (Simon is natuurlik #1) het onlangs 'n nuwe liedjie release vir Disney se nuwe fliek, Frozen, wat in Desember begin draai. Dit het 'n fun beat en dis lekker om na te luister, maar nie iets besonders nie. Na die 5de keer sal jy moeg raak daarvoor, maar die 1ste keer kan mens lekker groove daarop.
Kliek hier om na die official music video te kyk.


Miley Cyrus-(BBC1 )Summertime Sadness Cover
Ons gunsteling twerker was onlangs op BBC1 Radio se Live Lounge waar sy 'n cover van Lana Del Rey se liedjie "Summertime Sadness" gedoen het.
1) Ek is mal oor hierdie liedjie.
2) Ek is mal oor Miley. (Ja ek is, so sue me!)
Hierdie cover het net weereens bewys dat Miley nie net suskes behaal het omdat sy haar tong kan uitseek en twerk nie, sy kan actually sing, en heavy goed sing. Sy het hierdie cover gedoen met net 'n accoustic band vir backup en dit was die moeite werd- sy het amazing geklink!
Kliek hier om te sien hoe Miley die liedjie cover.


One Direction- Story of My Life
Ek het, natuurlik, die beste vir laaste gelos! Ons toekomstige manne is terug met een van hulle perfekste liedjies tot op datum. Hulle klik so mature hierin, en hulle sound het soveel verbeter an aaaccck! Dis net perfek. Dan praat ons nie eers van die music video nie. Dit is die perfekste musiekvideo in die geskiedenis van die mensdom. Hulle almal lyk so hot daarin en dis so goed gedeon en die stukkie met Louis is so hartseer en Zayn en sy sussie en Harry en sy ma en Niall en Liam en ugghh! Hoe kan hulle so perfek wees?!
As hulle nie Suid-Afrika toe kom volgende jaar na al die rumours nie gaan ek seriously iets oorkom.
Kliek hier om na die official music video te kyk.


Divergent
Die laaste ding wat ek vir julle wil wys het niks te doen met musiek maar ek is so opgewonde hieroor dat ek skaars kan asemhaal...
DIE DIVERGENT TRAILER IS HIER!
Divergent is 'n EPIC boekreeks waarin EPIC dinge begin en daar gaan 'n EPIC fliek daaroor release word in 2014. Dit gaan EPIC wees!
Kliek hier om na die trailer te kyk.


 Laat weet ons of jy enige voorstelle het van musiek waaroor ons in die toekoms kan skryf!


Tot wedersiens!
MI


No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.