Friday, November 22

Catching Fire Ontrekkings

Een van die belangrikste dinge wat ooit met ons sal gebeur het gisteraand gebeur...

ONS HET CACTHING FIRE IN SY VOLLE GLORIE BELEEF.

!!!!!!!!

Wees gewaarsku dat hierdie nie 'n resensie van die fliek sal wees nie, maar net 'n fangirl artikel. 

SPOILER ALERT! MOENIE HIERDIE LEES AS JY NOG NIE DIE BOEK GELEES HET/ DIE FLIEK GEKYK HET NIE!

1. Gale en Katniss

M is 'n hardcore Katniss en Peeta (Everlark) shipper, maar I se OTP (One True Pairing) is Gale en Katniss, aka Kale/ Gatniss. Hulle verhouding is so mooi in Catching Fire. Gale speel 'n way groter rol as in die vorige fliek. Hy gee soveel om vir Katniss en acccck. Dis net perfek. Toe Katniss vir hom opstaan toe hy geslaan word met die sweep het ek letterlik gebewe. Ugh. Hulle lewe sou so perfek gewees het as dit nie vir die Hunger Games was nie.

2. Die Fashion

Die fashion in hierdie fliek is SO exciting. Die eerste ding wat in my kop opkom is die amazing rok wat Katniss gedra het tydens haar onderhoud met Ceasor. Dit was seriously amazing en a my trourok eendag so lyk sal ek nie kla nie. En toe sy draai en dit verander in 'n Mockingjay rok... OMS. Ek het gegil. Effie se klere was natuurlik ook beyond fantasties. My gunsteling was die vlinder rok wat sy gedra het tydens die reaping. Ah-mazing. Die mense in die Capitol se fashion sense was super uitspattig en super jawdropping. Well done Catching Fire costume designers!

3. Die Arena
 Suzanne Collins (die skrywer van die boeke BTW) is 'n genius! Hierdie arena is super goed uitgedink en die verskillende gevare wat in elke uur is is soos super oorspronklik! Die oomblik toe Katniss uitfigure dat "Tick Tock" beteken dit die arena 'n horlosie is het ek rondgespring in my stoel. YES! Die feit dat die Cornucopia kan draai was ook super cool. As ek ooit in die Hunger Games gegooi sou word, sou ek wil he dit moet in hierdie arena wees.

4. Die Sterftes
Julle moet een ding besef: Ek het die hele fliek deur gehuil. Nie gesnik-snik nie, full out crying my eyes out getjank. Die helfte van die karakters gaan dood en dan's dit boonop nog so dramatiese en hartseer dode. Ugh. WHYYYYYYY?!?!
Cinna was een van die ergste karakter dode wat ons nog ooit moes deurmaak. Die feit dat Katniss gesien het hoe hy doodgemaak word reg voordat hy in die arena ingegaan het was net.. Nee nee nee. Dit was nie
okay nie. Cinna was haar heel eerste ally en nou's hy weg. Dis net verkeerd.
 Ek het die heel hardste gehuil toe Mags doodgaan. Sy het vir Katniss gehelp met die vishoek in die training, Katniss het van haar gehou en die ergste van alles... Haar verhouding met Finnick. Sy was Finnick se mentor toe hy die Hunger Games
gewen het en hulle het soos rerig omgegee vir mekaar en sy was soos 'n ma vir hom en die enigste persoon (behalwe Annie) vir wie hy regtig omgegee het. HOEKOM DOEN SUZANNE COLLINS HIERDIE DINGE?! Dit was vir my verskriklik mooi hoe sy eerder haar eie lewe sou wou gee in plaas daarvan dat hulle vir Peeta agterlos. O wag, hier kom die trane weer.
Al die ander dode was net so erg en ek is seker daarvan dat Francis Lawrence (die director van die fliek) nie 'n gewete het nie.

Wat het jy van Catching Fire gedink? Laat weet ons in die comments!

Ons gaan ou verder gaan fangirl en die boek vir die 50ste keer lees en i 'n hopie sit tot die DVD release word. As hierdie fliek nie al die Oscars wen nie weet ek dink ek werklik nie daar;s meer hoop vir die wereld nie.

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.