Monday, November 11

FBI by die 2013 European Music Awards!

Toe ek vanoggend op Twitter ingaan om te kyk wat alles in die wêreld gebeur het terwyl ek geslaap het, was alles amper EMA... EMA... EMA! Met One Direction wat groot gewen het en Miley Cyrus wat weer net so vreemd soos altyd was, was dit beslis 'n aand om te onthou en daarom is MI se FBI op die scene om al die fashion do's and dont's van nader te bekyk!

Die Stunners:
Hierdie mense het almal gestun met hulle ongelooflike outfits op die red carpet en hulle kan maar ook toekennings gegee word vir hulle uitmuntende mode smaak!

Katy Perry het ongelooflik gelyk in 'n noupassende turquoise rok, nude skoene en bloedrooi naels. Sy het nou nie soos die koningin van die oerwoud gelyk soos in haar music video Roar nie, maar sy was beslis die koningin van die rooi tapyt!

Ariana Grande het totes cute gelyk in 'n knie hoogte wit rok met swart lace patrone op. Die rok het miskien 'n bietjie na die nagklere kant gehunker maar sy het dit laat werk!

Die Imagine Dragons het almal so cool gelyk in swart en leer outfits en alhoewel hulle nie
'n prys gewen het nie, dink MI steeds dat hulle amazing is.
Shanina Shaik het baie mooi gelyk in 'n goue mini rok en killer high nude skoene. Die goud het perfek gepas by haar donker hare. Beslis 'n 10/10!

Robin Thicke het soos altyd totes amazing en effortless gelyk in 'n swart pak met 'n blink onderbaadjie. Hy het ook opgetree en het die gehoor om sy pinktjie gedraai! (Maar ons hou nogsteeds NIKS van sy persoonlikheid nie!) 

Nog 'n man wat ons oog gevang het was Colton Haynes! Ons weet nie wie dit is nie, maar sy gesig is absolute perfeksie! OMS!!! Ek kan nie glo ek het hom nog nooit raakgesien nie!

Rita Ora het ook stunning gelyk in 'n plain swart rok met 'n hoë snit. Dit wys jou net, eenvoudig is soms beter! En Bridget Mendler het dit ook bewys met 'n lang, elegante swart nommertjie.

Die Runners:

Hierdie mense moet almal maar eerder run van hulle mode keuses vir die aand, want dit was beslis nie swoonworthy nie!

Daar is net een woord vir Ellie Goulding se outfit en dis..YIKES! Sy het 'n swart, lace deursien rok gedra en wat 'n mens kon deursien het nie veel vir die verbeelding oorgelaat nie, Dit was net 'n bietjie te veel.

Eva Simmons se hare...WOWZA! Dit het soos 'n atoombom ontploffing op hare kop gelyk. Haar rok was nie te bad nie, maar ons kan NIE oor haar hare kom nie!

Redfoo van LMFAO het, wel... interessant gelyk. Sy uitrusting keuse het soos plastiek slangvel gelyk en om eerlik te wees het dit gelyk of hy te hard probeer om anders te wees.

Laaste maar nie die minste nie is die queen van die Runners... alweer: Miley Cyrus. Sy het nie daarin misluk om weereens kykers wêreldwyd te skok nie, wat seker maar 'n goeie ding is as dit by musiek kom, maar klere... NEE! Sy het 'n baie kort jumpsuit of rokkie aangehad met 'n baie lae hals en thigh high boots met 'n swart en wit patroon. Niks het regtig by mekaar gepas nie en haar uitrusting was net weird. Gelukkig het haar hare darem cool gelyk, maar dis ook al ligpuntjie!


Daar het julle dit liewe lesers! Al die Runners en Stunners van die 2013 EMA's! Gaan kyk gerus op MTV se webwerf vir die lys van wenners en wees geskok omdat One Direction nie die Best Fan award gewen het nie!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.