Monday, March 25

MI se 2013 Fashion Trends!

Almal weet die winter is amper op ons en dit is nie 'n goeie vooruitsig nie ( behalwe vir my want ek VERJAAR!), maar daar is darem 'n paar ligpuntjies! Baie Hot chocolate, snuggle tot laat onder warm komberse en die beste van alles: al die cute outfits! MI het ons gunsteling winter mode trends gekies, want WAT weet al die mense van Vogue en Milan nou?



Stewels:
Ons is verslaaf aan stewels! Lang, medium en ankle boots. Stewels in alles kleure van die reenboog en met honderde verskillende ontwerpe! Jy kan dit by enigiets dra en na enige plek of geleentheid! Dis net die perfekte skoene vir die winter en ons is MAL daaroor! Kyk net hoe ROCK Taylor Swift hierdie metallic silwer stewels! Dis soooo die “in ding” volgens MI se 2013 Fashion lys! So sorg dat jy 'n paar, of 2 pare of sommer 10 pare het!!


Serpe:
Hierdie is die beste accessory vir die winter! Jy kan honderde verskillende kleure he en daar is soveel verskillende maniere hoe jy 'n serp kan dra! Jy kan dit ook letterlik by enigiets dra van rokkies tot truie! Nina Dobrev lyk fantasmagories met haar serp en dan is sy boon-op nog lekker warm en snoesig in die proses ook. Serpe is net fantasties en jy kan jou serp bere en dit in die somer ook dra by 'n somersrokkie of om 'n vervelige T-Shirt op te jazz!


Skinny Jeans:
Of jy nou na 'n kuier to gaan of 'n fliek gaan kyk of dalk op 'n romantiese date, 'n skinny jean is jou geheime wapen! Jy kan dit saam pumps of boots of selfs 'n paar cute wedges dra! Jy kan dit opkikker met 'n belt of net so dra! En daar is letterlik 'n hele reeks vol kleure om van te kies! Wit, grys, swart, pienk, groen, blou, denim en nog VELE meer! Selena Gomez het selfs so 'n jean gekies om een van haar Red Carpet looks te vervolmaak! Brandnames soos Sissy Boy, Guess en Gucci het al die kuns om skinny jeans te maak “gemaster” so sorg dat jy 'n skinny jean op jou winter inkopielys het!


Leggings:
Net 'n nota voor ons begin....Leggings IS NIE Skinny Jeans NIE!! Dis baie dunner en kan saam rompies en rokkies gedra word. Dit kom ook in baie verskillende kleure en ontwerpe voor. Ek is net mal oor leggings....ek weet nie hoekom nie!!! Dis net AWESOME!!! Whoohooo GO LEGGINGS!!Vanessa Hudgens lyk stunning in hierdie leopard print leggings en jy kan ook, hierdie winter!


En hierdie was MI se Top Winter Trends vir 2013! Begin nou al spaar, en sorg dat jou klerekas hierdie winter koppe laat draai,because confidence is beautiful en wie sal nou nie vol selfvertroue wees as jy 'n paar mooi stewels of 'n stunning skinny jean aanhet nie? I rest my case...

Tot wedersiens
MI
P.S. Hier is 'n random prentjie van 'n kat!

4 comments:

  1. Julle is awesome!

    ReplyDelete
  2. Wat van meisies wat gemaklik wil aantrek maar wil stunnig lyk op dieselfde tyd?

    ReplyDelete
    Replies
    1. Dalk kan jy probeer om eenvoudig aan te trek, maar dit op te jazz met bykomstighede!

      Jeans is 'n moet hê, as jy ongemaklik voel in skinny jeans is gewone jeans 'n great stapel om te hê. Jy kan dit dra met 'n mooi hemp, of 'n plain hemp wat jy opkikker met 'n serp/hangertjie.

      Dis ook maklik om mooi ontwerpe van gemaklike klere te kry. Bv. Mr. Price, JJ's, Woolworths en Fashion Express het almal klere wat gemaklik is om te dra, maar nogsteeds stunning lyk!

      Vir skoene kan jy gemaklike stewels (soos hierbo) of oulike pumps probeer.

      Hoop dit het gehelp. En moenie skrikkerig wees vir fashion-risks nie!

      Tot wedersiens!
      MI

      Delete

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.