Monday, March 25

Mense met wie ons mentally getroud is! (Top 10 Revised)


Ag komaan... Jy weet jy doen dit ook!
Moenie my sê jy het jou nog nooit verbeel hoe jou troue met Niall Horan gaan wees nie. Of hoe groot jou en Taylor Lautner se mansion gaan wees nie. Of hoe jy op die voorblad van 'n tydskrif sal lyk saam met jou man, Robert Pattinson is nie.
MI het 'n lys saamgestel van mense met wie ons mentally getroud is. Party van die mense op hierdie lys is baie moontlik. BAIE. MOONTLIK. Moenie lag nie.

10. Morne Morkel

Alhoewel die skrywer van hierdie artikel GLAD NIE saamstem met hierdie keuse nie, was ek gedwing om hom op hierdie lys te sit deur die M van MI. Sy dink hy is die hotste krieketspeler op die Aarde...
NET JAMMER KRIEKETSPELERS IS NIE HOT NIE!
M dink sy gaan met 'n krieketspeler trou... wel, good luck!

9. Chris Pine
Hierdie man wat gemaak het dat ons verlief raak op hom deur flieks soos Star Trek, The Princess Diaries en This Means War. Met peinsende blou oë wat tot diep in jou siel inkyk en 'n glimlag wat selfs jou ma sal laat vlinders kry, is hierdie ou die toonbeeld van wat ons in 'n man soek!

En hy trek AWESOME aan op die red carpet! EN hy's single! EN hy's romantic! En en en.... OK, OK, hou op hiperventilate.



8. Harry Styles
Kan ek net een ding sê? Ek is diep teleurgesteld deur hierdie jong man. Hy sou waaaaaayyy hoër op die lys gewees het as dit nie vir een ding was nie: Die Tattoo... Dun dun duuuun! Wat het hom besiel?! My (gewese) toekomstige man het 'n tattoo van 'n REUSE vlinder op sy maag gekry... WAT?!? Hy moet sy storie agtermekaar kry. Ons kon getrou het! 'n Mansion gehad het! 'n Massive swembad en 'n picket fence maar NEE! Hy MOES gaan staan en homself in 'n inkleurboek verander! Al het hy my teleurgestel, moet ek nogsteeds erken, hy is een van die moiiste wesens op twee bene.
7. Caspar Lee
 Hy's nuut, hy's Suid-Afrikaans EN hy het styl. Caspar Lee is die Suid-Afrikaanse Youtube sensasie wat die wêreld aan die gons het!
Ek meen... Kyk net na daai kyk! En daai oë!
Behalwe dat hy ongelooflike talent in die looks-department gekry het, is hy snaaks ook!
Jy MOET eenvoudig net een van sy Youtube videos sien om te verstaan wat ons bedoel
(Sy Youtube channel is dicasp)

HY IS SO MOOI!!!!!!!!!



6. Liam Payne
Hieride is een van One Direction se lede wat ek persoonlik voel te veel misgekyk word. Die hoe-ha is altyd oor Harry Styles of Niall Horan, maar min gee aandag aan dit wat reg onder hulle neuse is! Hierdie man het die perfekte jawline! En hy kan sing! Imagine net hoe sal dit wees en hy serenade you met 'n liedjie wat hy self vir jou geskryf het?! Dit sal soosin 'n totalle 'awwwww!' moment wees! BONUS! Hy lyk goed met super kort of langerige hare!
5. Logan Lerman

KYK! KYK NA LOGAN LERMAN EN SY MY JY WENS NIE DIT WAS JOU MAN NIE!?!?!?! Hy het gemaak dat osn verlief raak op hom in flieks soos The 3 Musketeers en ons persoonlik kan nie wag tot ons in Amerika kom, hy vir een van ons kyk en besef dat ons (ek) sy sielsgenoot is nie! Imagine hoe gaan hy lyk op die punt van die aisle in 'n suit! Oh my soul! Hou my vas, ek kan nie asem haal nie! En o ja! Hy sal jou hart breek in The Perks of Being 'n Wallflower, en veroorsaak dat jy net nog meer verlief sal raak op hom! Daardie pikswart hare en grasgroen oë is nie iets waarmee mens stry nie!
4. Eddie Redmayne
WAG. STOP. Voordat jy verder lees!
Gaan kyk Les Miserables! DOEN DIT NOU! Anders gaan jy nie 'n clue hê waarvan ek praat nie en dan sal jy nie dit kan waardeer nie! En... Jy moet dit kyk! Want dis amazing!
Eddie Redmayne was 'n nobody voordat die uiters suskesvolle Les Miserables begin draai het. Nou? Nou is 'n 'n hunk van epedermiese perporsies!
Hierdie dude kan sing, hy kan act en ek is 99.99% seker dat hy kan dans ook! As jy Les Miserables gekyk het en nog nie verlief is op hom nie is daar duidelik iets fout met jou!
3. Wesley Stromberg
Wesley Stromberg het ons harte gesteel met die tweede seisoen van die X Factor USA. Saam met sy beste pêl en sy boetie is hy deel van die band Emblem 3. Hierdie dude kan sing, liedjies skryf, surf en doen net een ding vir my... Google hom en beleef sy abs! Dit is to die for! Sy styl is ook totaal en al cool en ek persoonlik wens dat ons mekaar ontmoet eendag by die Grammy's en dat ons dan beste vriende raak entroue en 'n hond met die naam Glen Coco aanneem. Dit is al.
2. Josh Hutcherson
Josh Hutcherson se kakebeen gaan nog eendag die einde van my beteken. KYK NET NA DIE DING! Dis so mooi vierkantig! (Op 'n goeie manier...) Josh Hutcherson het veroorsaak dat van 'n opgewonde persoon oor die Hunger Games na 'n raging screaming fangirl verander! Hierdie dude is die perfekte Peeta en soos almal weet is Peeta perfek, so... Josh/Peeta = Perfeksie!

1. Jack & Finn Harries

Ek besef dat die meeste van julle nie sal weet wie hulle is nie, maar beleef asseblief gou iets:
Het al herstel? WANT EK HET NIE!!!!!!!!!!!!!
Jack en Finn Harries is van die hotste mense op heirdie hele planeet wat ek al ooit in my hele lewe gesien het!!!!!!!!! EN DAAR IS 2 VAN HULLE!!!!!
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
WAT??!?!?!?!?!?!?!?!?!?!?!?!
Dis onmoontlik om soveel hotness op een slag te hanteer! DIs nie normaal nie! Hulle flippen ma en pa is seker die gene-konings van hierdie era!
As hulle in my skool was het ek al 'n restraining order gehad want flippen hel! Hulle is HOT!
EN DAAR'S 2!!!!!! (Het ek dit al gesê?)
Stop wat jy doen en kyk NOU hulle Youtube Channel by Jacksgap waar jy dit regtig officially sal verloor want jou hotness meter sal ontplof!
Dis al. Ek's klaar. Jack en Finn Harries het officially my lewe geruineer omdat ek hulle nooit sal ontmoet en met hulle trou nie. Al my verwagtinge vir mans is nou te hoog en ek sal tien teen een doodgaan met 'n kanarie langs my wat die Jacksgap theme song sing: Jacksgap... Jacksgap... 5 Minutes of your life that you won't get back!
Glo my, ek gee regtig nie om om daardie 5 minute te verloor nie
Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.