Saturday, March 2

Die fliek van die jaar. . . Les Miserables!

I dreamed a dream of time gone by. Where hope was high and life worth living. I dreamed that love would never die... En my liefde vir hierdie fliek sal beslis nooit doodgaan nie. Ladies and gentleman, MI proudly presents, live from Riversquare se Sterkinekor: Les Misérables!


Hierdie is sonder twyfel die fliek van die jaar. Met 3 Golden Globes, 2 BAFTA-awards, 3 Oscars, 'n SAG Award en nog VELE meer is hierdie fliek 'n MOET SIEN! Ek het my oë uitgehuil binne die eerste 5 minute en ek was in `n “trance” die hele movie lank. Dit was net...onbeskryflik fantasmagories!!!

Les Misérables is gebaseer op die Franse roman deur Victor Hugo en die storielyn dateer oor 'n tydperk van 17 jaar tydens die Rebellie in Frankryk. Dit begin met 'n roerende toneel van gevangenes wat hard werk om 'n skip tydens 'n storm in die hawe in te bring en die liedjie: Look Down word briljant gesing tydens hierdie toneel.

Jean Valjean word in 1815 uiteindelik na 'n 19 jaarlange vonnis vrygelaat, omdat hy 1 brood gesteel het. Maar die voorwaardes vir sy borgtog is onmoontlik! Hy besluit toe om te “verdwyn” en word uiteindelik burgermeester en suksesvolle besigheidsman. Hier ontmoet ons vir Fantine en ons leer haar tragiese verhaal. Sy word afgedank, en het 'n klein dogtertjie, Cosette, wat ver weg bly, maar sy moet steeds elke maand geld stuur vir die mense wat haar moet versorg. Uit pure desperaatheid verval Fantine in die aaklige wêreld van prostitusie en dis in hierdie onderwêreld waar sy dodelik siek word. Jean Valjean kom tot haar redding en neem haar hospitaal toe vir behandeling, maar Fantine weet sy gaan sterf. Sy kan egter nie haar dogtertjie net so alleen los nie. Jean Valjean belowe egter dat hy haar dogter in sy sorg sal neem en sal grootmaak as sy eie. En hy hou sy belofte.

Jare later...

Cosette is nou 'n jonge dame en eendag op die markplein, sien sy 'n man … en hy sien haar....en die sparks vlieg!! Love at first sight, maar iemand anders het ook haar oog op die jonge Marius, wat net oë vir Cosette het. Marius is egter een van die leiers van die Rebellie en Jean Valjean se verlede is besig om hom in te haal. Alles word klippe in Cosette se lewenspad. Maar toe die rebellie egter volstoom begin word ALMAL se lewens omvergegooi. Het almal lewend anderkant uitgekom, vind Cosette toe haar liefde en gelukkige einde of gaan sy ook soos haar ma die tragiese kant van die liefde leer ken? Gaan na jou naaste Sterkinekor...sommer nou en kyk hierdie fantasmagoriese fliek. Jy sal nie spyt wees nie.
Hugh Jackman vertolk die rol van Jean Valjean en hy het 'n Golden Globe vir hierdie vertolking gewen. Anne Hathaway is Fantine en sy het 'n Golden Globe, 'n Oscar, 'n SAG Award, 'n BAFTA-award en 'n BFCA Critic Choice award vir hierdie rol gewen!!

  
Russel Crowe is die wrede polisieman, Javert, Amanda Seyfried is die pragtige Cosette en die hunky Eddie Redmayne is die eligible bachelour Marius Pontmercy! 'n Briljante cast vir 'n briljante movie. Director Tom Hooper out done himself!!

Liedjies wat vir my uitgestaan het was: Who am I, Do you hear the people sing, One more day, A heart full of love en die bekende I dreamed a dream. Les Misérables het reeds $147 miljoen by die US Box Office verdien!!

Uit en Uit 'n briljante fliek en jou lewe is nie volmaak as jy dit nie gesien het nie. MI gee die een `n 12/10!!!!! GO Les Misérables!!


Tot Wedersiens
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.