Monday, December 3

Vars van Planet Hollywood!

Ons almal is mal oor Hollywood en celeb gossip... so MI Proudly Presents ons 2de uitgawe van Planet Hollywood. Al die nuutste nuus uit Hollywood met komplimente van www.eonline.com! Wie is die nuutste celeb couple, wie is die rykste sangers, wie is die nuutste getroude paartjie, wie het onlangs hul verjaarsdag gevier en nog vele meer!



Taylor en Harry

Opgewonde aanhangers van One Direction en Taylor Swift gaan mal op Twitter nadat hierdie 2 by Centrel Park Zoo saam gesien is. Taylor het baie gelukkig gelyk saam die 1D hartebreker en hulle het alte lekker saam gestap en gesels. Is 'n nuwe paartjie dalk aan die kom? Hoe klink Haylor vir julle... of dalk Tarry? Niks is nog official nie, maar dit lyk of hier 'n ding aan die kom is! Pasop net Harry, want as jy haar hart breek dan is jy dalk die muse agter haar volgende treffer!



Gelukkige Verjaarsdag Britney!


Die Pop-koningin, Britney Spears het onlangs haar 31ste verjaarsdag gevier en ek is seker dit was een wat sy nog lank sal onthou want 2012 was beslis 'n besondere jaar vir die legendariese kunstenaar! Sy het die jaar begin met 'n “BANG” toe haar kêrel aan die einde van Desember die “Groot Vraag” gevra het! Sy pronk nou met 'n pragtige diamant verloofring. Sy is ook deur die X factor genader om as 'n beoordeelaar op te tree tydens Season 2 van die populere realiteitsreeks en tot dus ver doen sy 'n uitstekende werk as judge sowel as mentor! Haar ma en pa is ook weer 'n gelukkige paartjie en sy het sopas 'n nuwe parfuum, Fantasy Twist vrygestel. Haar musiekvideo, Scream and Shout saam met Will.i.am is ook verlede week wêreldwyd vrygestel en dit is al klaar 'n treffer! Britney is beslis 'n besige vrou wat groot dinge vir die toekoms beplan! Viva Britney!

Die trouklokke lui...

Die X-factor host, Mario Lopez het verlede Saterdag “I do” gese tydens 'n lieflike seremonie in Mexico. Hy en sy long-time lover Courtney Mazza het uiteindelik getrou en was dit nou 'n pragtige troue! Die bruid het beeldskoon gelyk en Mario ook heel fancy! Hulle het dolgelukkig gelyk, I mean wie sal nou nie op Cloud 9 wees as jou man sulke adorable dimpels het nie?! Hulle 2 jarige dogtertjie Gia was ook die oulikste strooimeisie met 'n rokkie wat amper soos haar mamma s'n gelyk het! One, not so big, Happy Family!


Movie Alert!

Rebecca Hall vertolk die rol van Dr Hansen, 'n ex-lover van Tony Stark in Iron Man 3 wat in Cinemas op die 3e Mei 2013 gesien kan word! Robert Pattinson het ook na 'n Luncheon saam Richard Gere, vergader met Warner Bros. om sy nuwe fliek te bespreek! Ek kan nie wag om uit te vind wat dit is nie! YAY! Jennifer Lawrence het haar verkyk aan Josh Hutcherson se sexy lyf gedurende die verfilming van Catching Fire en ons kan haar nie kwalik neem nie! Ek meen, kyk net na hom! Maar ongelukkig is daar geen kanse vir 'n off-screen romance tussen Josh en Jennifer nie. Jennifer is dolgelukkig saam met haar X-man co-star Nicholas Hoult! Ons kan seker maar droom!



Money... Money... Money

Forbes het onlangs hul lys van die Top 100 rykste musikante bekend gemaak en hierdie bekende sterre het die Top 10 gemaak. Dr Dre vat die eerste posisie met $110 miljoen, Britney Spears met $58 miljoen, Taylor Swift: $57 miljoen, en die pop sensasie Justin Bieber met 'n indrukwekkende $55 miljoen is in die 10de plek. Rihanna het ook die lys gehaal met $52miljoen en Lady Gaga ook met $52miljoen. G'n wonder hulle huise is so groot dat jy 'n hele winkelsentrum daar kan inpas nie!



X-Factor Drama.

Soos julle seker weet was Paige Thomas en Vino Alan die deelnemers wat hierdie week X- Factor verlaat het! Maar wat het agter die skerms gebeur, nadat hulle die skoknuus ontvang het? Cece Frey was blykbaar baie ontsteld oor die feit dat Paige uitgestem is en die trane het gevloei. Paige het egter gese dat Cece se trane haar glad nie getroos het nie en sy se sy het net gedink dat dit “weird” was.
Vino Alan het vir Simon, wat die laaste spyker in sy X-factor kis geslaan het, gekonfronteer na die tyd en gevra hoekom hy vir hom uitgestem het. “Was it something I said?” het 'n pleitende Vino vir Simon gevra. Simon het egter gese dat dit niks persoonliks is nie, en dat Vino nog 'n goeie loopbaan voor hom het!
Kyk Saterdae en Sondae middae X Factor op MNet Kanaal 101 om eerstehands al die drama tebeleef! Em hou 'n ogie op Emblem 3, wat volgens MI beslis die wenners gaan wees!


Daar het julle dit! Jou daaglikse dosis van Hollywood Nuus! Hoop julle het dit geniet. Kyk gerus E! News op Kanaal 124 elke weeks aand vir al die skindernuus, vars uit Hollywood! Ons LOVE Hollywood en al die sterre daar. Wat sal ons tog doen sonder ons dosis uit die World of the Famous?!


Tot wedersiens
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.