Friday, November 30

Just like a Bond Movie. . .


Wat begin het as net nog 'n dag van leer en eksamen,het verander in 'n dag wat nooit vergeet sal word nie! Hierdie is die “M” in MI en ek gaan vir jou vertel van 'n oproep wat my sommer weer opgewonde oor die lewe gemaak het! Die 20 November was vir my maar net nog dag gedurende die oneindigende eksamen. Ek het geleer, radio geluister en geeet!


Die Oproep.

 Die van ons lesers wat my ken, weet dat ek vir BAIE kompetisies inskryf en daardie dag was geen uitsondering nie. Ek het ingeskryf vir 'n kompetisie op 94.7 Highveld Stereo. Hulle het 'n James Bond week gehad waar jy op hulle website: www.highveld.co.za kon stem vir jou gunsteling Bond liedjie en dan kon jy 2 kaartjies wen na die Skyfall premiere in Rosebank. Ek het geleer vir Afrikaans,toe my foon skielik lui en toe ek antwoord, hoor ek dat ek die kaartjies gewen het en dat Alex Jay my die volgende dag sou bel en dan sal ek LIVE op die radio praat! Vir die van julle wat nie vir Alex Jay ken nie, hy is 'n LEGEND wat radio-aanbieders betref. Hy is Super Cool en sy show is net die beste. So luister na die Jay-show tussen 9:00 en 13:00 op 94.7. Ek was so opgewonde, ek net wou rondspring en skree!


'LIVE' op die radio.

Toe hoor ek dat Alex my 9:20 die volgende oggend gaan bel!! Dan skryf ons nog eksamen... Gelukkig is dit net 10 minute voor ons sou klaarmaak en dan is ek hopelik al klaar! Die volgende dag kon ek nie wag om vir al my vriendinne te vertel nie, en hulle was net so opgewonde soos ek! Gelukkig vir my het 'n oulike juffrou toesig gehou by ons lokaal daardie dag. Sy het gese dis doodreg dat ek die lokaal vroeer verlaat, solank ek net nie toets afjaag nie! Ek het begin skryf aan my Afrikaanse Taalleer toets en sommer blitsvinnig klaargemaak. Tien minute oor 9 is ek klaar en het ek my vraestel weer deurgegaan...Ek was reg vir aksie. Ek stap toe in spanning kantoor toe waar ons 2 adjunkhoofde opgewonde gewag het! Ek het gewag en toe lui my foon. Ek antwoord en hoor Alex Jay se vrolike stem wat my groet en se dat my liedjie: Goldeneye deur Tina Turner gewen het. Hy vra toe hoe dit gaan met die eksamens en hy se toe dat ek die 2 kaartjies gewen het EN 'n Sony Xperia Handset selfoon! Ek kon my geluk nie glo! Ek het vir al my vriendinne en onnies en my AWESOME tannie in NZ 'n shout-out gegee!! Dit was fanflippentasties!


D-Day!

Die premiere was 'n Black-Tie event so ek sou fancy moes aantrek. Aangesien my 'formal wardrobe' non-existent, het ek by een van my besties Annecha 'n mooi en elegante swart rokkie geleen! Die premiere was by The Zone in Rosebank en soos gewoonlik het dit gevoel of die tyd net nie wou verbygaan. Maar uiteindelik was my hare en make-up gedoen, ek was “dressed to kill” en ek het al my BAIE goedjies in 'n BAIE klein handsakkie gedruk! My pa, wat hom verbeel het hy's James Bond, wat saam met my die adventure sou beleef, het snazzy gelyk in sy tux en ons was uiteindelik in die kar oppad JHB toe! Die pad het te lank gevoel, maar na 'n uur en 15 minute se rit het ons gearriveer!


By die Premiere.

Ek het eers gedink ons sou so 'n bietjie over-the-top lyk ,maar toe ek al daardie vrouens in hulle designer rokke sien, het ek sommer tuis gevoel! Die Sterkinekor was baie mooi versier en daar was ongelooflik baie mense! Ons het almal FREE popcorn en Coke Zero in Limited Edition James Bond blikkies gekry. Albei die Bond Girls van die movie het ook die premiere bygewoon! Ek was 5 meter van 'n REGTE famous mens af...EPIC! Waiters het omgekom met skinkborde vol eetgoedjies en ek het sommer baie fancy gevoel!! Die movie was ook BAIE goed en ek moet se Daniel Craig is sonder twyfel die Hotste Bond nog! Big Fan!

Ek was baie hartseer toe alles tot 'n einde gekom het, maar soos 'n wyse mens eenkeer gese het: All Good things must come to an End! Ek is baie bly dat ek die adventure saam my Liefste pappa kon ervaar en dit was sonder twyfel een van die Beste ervarings ooit! 'n Aand wat ek NOOIT sal vergeet nie! My lewe is toe nie so vervelig soos wat ek gedink het nie, want hierdie aand Was Just Like a Scene out of a Bond Movie!

Tot wedersiens
MI 

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.