Friday, November 23

MI se Top 10 Hotste Ouens!

Ons almal is maar net mense en wie kan dan nou help om 'n uitgelate suggie te gee as iemand totally gorgeous verby ons loop? Ons weet, ons kan ook nie. Ongelukkig is daar 'n HELE paar super hot mense daarbuite wat ons harte sommer 2 keer vinniger laat klop!
 
MI bied met trots aan: Die Top 10 Super Hotste Mense wat ons Harte laat Tjoklits Klop!
 
 
10: Leonardo DiCaprio
Kom ons begin met 'n vraag: Hoekom het hierdie hunk nog nooit 'n Oscar gewen nie!? Met The Man in The Iron Mask, Titanic en nog vele ander rolle het hierdie misterieuse, blou-oog looker 'n plekkie in MI se harte gesteel.
 
Ek bedoel... Kyk net na hom! Daai hare wat so perfek val, daardie intense kyk, daai gesig... Konsentreer MI, konsentreer, jy's besig met 'n artikel hier!
 
9: Jason Kennedy
 
Kan ons net sê AAAA! Hierdie hot mens is 'n presenter op
E! News. Alhoewel Ryan Seacrest ook darem nie te sleg vir die oog is nie, het Jason hom al eeue (*hoes hoes*) terug verbygevat.
 
Om eerlik te wees is Jason eintlik die enigste rede dat MI E! News kyk, ek meen, wie sou nou nie wil hoor van jou gunsteling sterre by iemand van hierdie kaliber nie?! Ons moet bieg, ons is totaal en al jaloers op Gulianna Rancic en Cat Sadler wat saam met hom werk!
 
8: Josh Hutcherson
 
Josh Hutcherson is vir die meeste van ons bekend as Peeta van The Hunger Games. Alhoewel dit hierdie rol was wat hom bekend gemaak het, het hy alreeds in 'n hele paar ander flieks gespeel waar hy naam gemaak het, soos byvoorbeeld Zathura (saam met Kristen Stewart), Journey to the Center of the Earth en Journey 2.
 
MI dink hierdie ou se kakebeen is wat om die ekstra edge gee. As julle nog nie na The Hunger Games gekyk het nie, doen dit gerus om te verstaan hoekom MI gagga is oor Josh.
 
Ons kan nie wag vir sy volgende fliek om uit te kom nie!
 
7: Andrew Garfield
 
Voordat ons begin wil ek net een ding sê: British Accent! Asof dit nie genoeg is om Andrew Garfield ons No. 7 te maak nie het 'n boonop nog 'n sin vir humor, fantastiese hare, smeulende bruin oë en... wag vir dit... Hy was Spiderman. Ons almal weet wat dit beteken... Andrew Garfield in 'n skin tight Spiderman suit!
 
Buiten om Spiderman te speel het Andrew al in verskeie ander flieks, soos The Social Network gespeel. Ongelukkig almal met Amerikaanse aksente. MI kan nie wag vir 'n fliek waar hy in sy Britse aksent praat nie!
 
6: Liam Hemsworth
 


Miley Cyrus het beslis nie slegte smaak as dit kom by haar verloofde nie (want soos ons almal weet is sy en Liam verloof!). Liam Hemsworth het saam met ons no. 8 (Josh Hutcherson) in The Hunger Games gespeel, maar anders as Josh is dit nie die fliek waar hy naam gemaak het nie. Liam het eerste ons oog gevang toe hy saam met Miley in The Last Song speel. Het ons genoem dat hy 'n Australiese aksent het? Beslis nog 'n rede hoekom hy ons nommer 6 is... en die feit dat daardie oë, hare, glimlag en gesig genoeg is om enige meisie se hart te breek. Knap gedaan Miley, jy weet van smaak!
5: Louis Tomlison
 
Louis is deel van MI se all time gunsteling band, One Direction. Directioners regoor die wêreld het verlief geraak op Louis se skerp sin vir humor, potblou oë, glisnterende glimlag en all round hotness! Kyk gerus 'n paar One Direction YouTube videos waarin Louis is en jy sal dadelik verstaan hoekom Louis ons No. 5 is. Ongelukkig is hy in 'n vaste verhouding, maar daar's mos niks mee fout om so ietwat te droom nie, of hoe? Hopelik kom One Direction binnekort Suid-Afrika toe, sodat ons hulle in hulle hotel kamers kan gaan stalk...
4: Harry Styles
  AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA
AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA
AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA
AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA
AAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAAA
!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
 


'Nuff said.
 
3: Wesley Stromberg
 
Hieride talentvolle ou van Hunnington Beach California is tans 'n deelnemer aan die X Factor USA en deel van die groep Emblem 3. Nadat hulle 'n standing ovation gekry het met hulle heel eerste oudisie is hulle deur na Boot Camp waar hulle deurgedruk het na die volgende rondte: Judges' Homes. Emblem 3 het met groot vreugde uitgevind dat hulle mentor Simon Cowell sal wees!
Met groot vreugde het MI uitgevind dat hulle deurgedring het na die Live Shows! Hopelik stem Amerika tot in die einde vir hulle, want die X Factor sal net nie meer dieselfde wees sonder Wesley en die res van Emblem 3 wat die skerm oplig nie!
 
2: Taylor Lautner
 
Gillende fans en stunning looks is wat Taylor Lautner pretty much opsom.
 
Hy werk al van kleins af in die fliek-bedryf met flieks soos Shark Boy and Lava Girl en Cheaper by the Dozen 1 en 2 wat hom 'n hupstoot in sy loopbaan gegee het. Deesdae verkies hy meer groot-budget flieks soos die wêreld bekende Twilight Saga reeks. Hy was in al die flieks wat Twilight, New Moon, Eclipse en Breaking Dawn Part 1 and 2 insluit. Buiten vir dit was hy ook al in die fliek Abduction waarin hy die hoofrol speel. Taylor Lautner se abs, se smile, se oë en se gesig is genoeg om hom ons No. 2 te maak. Beslis drool-worthy!
En ons Nommer 1 is...
Leo Jason Taylor Josh Liam Harry Stromberg Garfield Tomlison!
 
Met soveel talent in die wêreld was dit moeilik om net een mens te kies, dus het ons die ulimate ou opgestel:
 
Taylor Lautner se lyf
Leonardo DiCaprio se persoonlikheid
Jason Kennedy se hare
Josh Hutcherson se kakebeen
Andrew Garfield se aksent
Liam Hemsworth se oë
Louis Tomlison se sin vir humor
Harry Styles se glimlag
Wesley Stromberg se dimpels
 
Daar het julle dit! Die perfekte ou volgens MI!
 
KYK UIT VIR 'N ARTIKEL OOR DIE JAMES BOND SKYFALL PREMIERE WAT EEN VAN MI SE LEDE EKSKLUSIEF BYGEWOON HET IN ROSEBANK. STERRE WAT O.A. OP DIE RED CARPET WAS SLUIT IN DIE BOND GIRL, BERENICE MARLOHE, WAT IN DIE ACTUAL FLIEK WAS!
-STAY TUNED-
 
Tot wedersiens!
MI
 


No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.