Tuesday, December 4

Movie Review: Breaking Dawn Part 2!

Vandat die eerste fliek in die Twilight Saga, Twilight in die flieks begin draai het, was dit 'n wêreldwye sukses. Biljoene dollars is al gemaak deur die Saga en dit was geen verassing toe die laaste uitreksel van die flieks, Breaking Dawn Part 2 as die Nommer 1 fliek in die wêreld gedebuut het nie!
Was al die hype dan die moeite werd? Lees gerus verder!
 
 
 
Soos ons almla weet het Breaking Dawn Part 1 geëndig waar Bella haar oë vir die eerste keer oopmaak as 'n newborn. Part 2 skop af waar sy alles vir die eerste keer weer sien met haar 'nuwe' oë, insluitend die liefde van haar lewe, Edward Cullen. Voordat Bella egter vir Renesmee (haar half-vampire, half-mens) kind mag sien, moet sy eers jag, sodat sy nie malraak nie. (Ag komaan... jy MOES die vorige fliek sien om te verstaan!)
 
Die eerste paar scenes is lighartig met 'n handdruk kompetisie tussen Bella en Emmet... kyk maar self die fliek om te sien wie wen.
 
Later in die fliek kry Alice (Bella se nuwe skoonsussie), 'n vision dat die Volturi (die evil vampires) kom om Renesmee dood te maak.
Hier is dit waar dinge aksiegelaai word.
 
En toe... DIE TWIST!
MI het amper van ons stoele afgveal, gegil, flougeval, 'n hartaanval gekry, gelag, gehuil en rondgehardloop alles op dieselfde tyd! Ons wil nie te veel weggee nie, maar ons kan een ding sê: Selfs al was jy nog nooit 'n groot aanhanger van die Twilight Saga nie, MOET jy eenvoudig net die fliek kyk vir hierdie twist!
 
 

Soos almal seker reeds weet word die 3 hoofkarakters deur Robert Pattinson, Kristen Stewart en Taylor Lautner gespeel. En soos altyd word daar nie teleurgestel nie!
 
Die enigste ding wat MI dalk so ietwat gepla het was die feit dat Kristen Stewart blykbaar net 2 gesigsuitdrukkings besit: 'Ek's Depressed' en 'Ek moet nou smile maar ek's eintlik in pyn.'
Behalwe vir dit was alles piekfyn!
En met meer as genoeg scenes waarin Taylor Lautner sonder 'n hemp verskyn was MI hoog in ons noppies!
 
 

 
Breakin Dawn Part 2 het onder die leiding van Bill Condon min of meer $702,393,000 gemaak! En ons verstaan heeltemal hoekom!
 
*DIE TWIST!*
 
As jy nou nog nie hierdie moet sien gaan fliek het nie beter jy vinnig 'n plan maak. Dit draai nog net vir 'n rukkie by Ster Kinekor en Nu Metro Teaters landswyd!
 
Hierdie fantasmagoriese fliek verdien 'n besliste 10/10 by MI!
 
Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.