Monday, December 17

MI se Ultimate Summer Guide!



Die Desember Somer vakansie is uiteindelik hier en MI is BAIE opgewonde. Somer beteken swem, son, cool outfits, kuier saam pelle en vele meer. Omdat MI so baie van ons lesers hou gee ons vir julle The Ultimate Summer Guide! Of jy nou by die see of in die bos is, van rokke of haksoene hou en of jy van lees of tv kyk hou...jy sal alles net hier op MIWatch vind!!


As jy by die see is: Wes-Kaap.

Kaapstad, George, Knysna, Hartenbos ens. Waar jy ook al in die Wes-Kaap vakansie hou, daar is baie om te doen. Die een ding wat al hierdie plekke in gemeen het is dat daar `n strand by elkeen is, maar daar is soveel ander dinge wat jy ook kan doen. Tafelberg is 'n moet-sien as jy in die omgewing is. Gaan op in die kabel karretjie en geniet een van die 7 Natuurwonders van die Wereld. As jy van geskiedenis en mysteries hou, soos ons, dan moet jy ook 'n draai by Die Kasteel en Robbeneilend gaan maak en kry die vibe van die 17de eeu! Gaan verken die natuur en volg 'n staproete deur die pragtige Knysna-woude. Daar is adventure-courses, wandelpaadjies en asemrowende wild in hierdie betowerende bos. En wie weet, dalk ontmoet jy 'n bos feetjie of twee of dalk sien jy vir Oupoot!


As jy by die see is: KwaZulu-Natal.

Hier waar die warm Mosambiek stroom vloei is daar net so baie om te doen! Jy gaan nie 'n enkele oomblik verveeld wees nie! Durban en Margate het lieflike groot strande waar jy jou gate uit kan geniet en pret in die son kan he! As jy nie lus is vir die strand nie, hoekom gaan maak jy nie 'n draai by Ushaka Marine World nie. Daar is waterslides, supertubes,'n akwarium, dolfyn shows, reuse swembaddens en BAIE meer features wat jy op 'n warm somersdag kan geniet. As jy nie bang is vir hoogtes nie, hoekom gaan doen jy nie die 550 Step Adventure walk, by die Moses Mabhida Stadion nie of as jy nie so avontuurlustig is nie, gaan bewonder net die stadion vanuit hul kabelkarretjie!! Daar is soveel om te doen hier in KwaZulu-Natal, so vind die avontuur soeker in jou en gee hom vrye teuels!


In die Bos: Limpopo of Mpumalanga.

Is jy dalk eerder 'n bosmens. Wel don't fear daar is net soveel om te doen as by die see. As jy dalk in Mpumalanga is gaan besoek gerus die antieke Pelgrimsrus vir 'n baie opwindende geskiedenis les of gaan bewonder ons land se skoonheid by God's Window! Burkes Luck Potholes is ook 'n Moet-sien as jy in die omgewing is. Al die watervalletjies en baie interessante rotsformasies gaan jou sommer hipnotiseer met hul skoonheid.

Of is jy dalk in die wildtuin? Hier kan jy Suid-Afrika se Groot 5 en baie ander dierlewe sien. Game Drives, stap roets ens daar is soveel om te doen, jy sal nie wil huis toe gaan nie!


Wat om te dra hierdie vakansie.

Helder kleure is 'n moet- he hierdie vakansie. Pienk, geel en pers skinny jeans is baie in die mode hierdie somer. As jy eerder 'n rokkie mens is moet jy vir jou 'n “mullet” dress en 'n paar wedges aanskaf! As jy by die see is gaan jy natuurlik ook 'n swimsuit nodig he. Bikini's en One Pieces is baie high fashion, veral in helder kleure en met patrone en valletjies! Sorg ook dat jy 'n groot en kleurvolle strandsak het om al jy benodigdhede in te bere. Wanneer jy see toe gaan sorg dat jy 'n goeie boek het (kyk na ons Moet lees Boeke) 'n sterk faktor sunblock, 'n hoed en 'n fab paar sonbrille. As jy alles het dan is jy ready to go en gaan geniet dan 'n lekker dag op die strand!


Moet lees Boeke vir hierdie vakansie.

Soos julle seker weet is die 2 nuwe Blockbuster movies hierdie vakansie The Hobbit en Life of Pi ,maar jy moet eers die boeke lees voordat jy die fliek gaan kyk..Hoekom?.....Want dis AWESOME!!! The Hobbit deur JRR. Tolkien en Life of Pi deur Yann Martel moet op jou lysie wees hierdie vakansie. As jy nog nie The Hunger Games Trilogy deur Suzanne Collins gelees het nie, dan is daar beslis 'n gaping in jou opvoeding so sorg dat jy dit in die hande kry en lees hierdie vakansie!! Nog 'n boek wat jy ook moet lees is The Perks of being a Wallflower deur Stephen Chbosky.


Wat om te eet hierdie vakansie.

Ons wil almal mooi lyk in ons swemklere hierdie vakansie so sorg dat jy 'n gebalanseerde en gesonde dieet volg! Bly maar weg van te veel vetterige kosse en sjokolades. 'n Vrugteslaai met jogurt vir onbyt is altyd 'n goeie idee of vervang die jogurt met 'n klein skeppie lae vet roomys en siedaar jy het 'n heerlike nagereg. Vis bevat ook baie proteiene en ander belangrike olies, so vis en tjips (nie olierige slap tjips) is 'n blink idee vir middagete. Drink ook baie water en vervang gaskoeldrank met water. Die gemiddelde mens moet ongeveer 8 glase water per dag drink... so start drinking....water!! Vir snacks is Jungle Oats Bars The Best in the Business!


Daar het julle nou toegang tot MI se Ultimate Summer Guide. Geniet jou vakansie, rus lekker en moenie jou sunblock vergeet nie!!

Tot wedersiens
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.