Wednesday, December 5

Life is a Movie...

Ons hele lewe is soos 'n fliek. Ons is die akteurs, ons omgewing is die set en God is die Director. Alle flieks voldoen aan sekere einskappe en MI gaan vir jou wys hoe dit soos 'n perfekte puzzle die scenes van jou lewe voltooi. Marker... Scene1, Take 1...and ACTION!


Die Begin

Alle movies het verskillende intro's. 'n James Bond sal bv. begin waar 007 'n bad guy jaag en daar is baie action in so 'n begin. Party movies het net liedjies wat speel en die name van die akteurs word dan gewys met verskillende tonele in die agtergrond soos Twilight Breaking Dawn Part 2. Net so begin elkeen van ons se lewens, hier op aarde, anders. Sommige van ons word in 'n hospitaal gebore, ander by die huis en ander het 'n baie opwindende begin bv. op 'n vliegtuig! Meeste van ons ouers is bly oor ons koms, maar dan is daar ook ouers wat glad nie gelukkig is oor die feit dat ons 'n intro in hulle lewens maak nie. Hoe dit ook al sy, ons is almal hier vir 'n doel en die begin van die Movie of Life is waar jy begin met jou reis om jou doel te ontdek!


Die Akteurs en Karakters

Ons en ons vriende en familie is die akteurs in ons eie movie. Jy kan mense “cast” in jou movie en jy kan mense uit jou storie skryf. In jou storie het jy die heroes en jy het die villians, jy het die mense wat jy gedink het is heroes is, maar na 'n ruk wys hulle hul ware kleure en word eintlik villians. Jy moet leer om al hierdie verskillende karakters te hanteer en om met hulle oor die weg te kom. Daar is jou vriende en familie waarsonder jy nie kan klaarkom nie. Hulle is lief vir jou en ondersteun jou. Dit is die mense wat jou movie 'n Oscar kan laat wen en dan is daar die bad guys. Alle movies het bad guys wat jou lewe hel wil maak. Hulle sal alles in hulle vermoĆ« doen om jou te vernietig! Dit is die mense wat jy soms wens het net nie bestaan nie, maar hulle is daar vir 'n rede: Om jou karakter sterker te maak! Ek meen is Spiderman al ooit oorwin? NEE! Hy het laagtepunte gehad, maar dit het hom net sterker gemaak om die Bad guy te oorwin en hy het aan die einde van die dag as die wenner uit die stryd getree! Onthou net een ding, in die movies verloor die bad guys ALTYD (so maak seker dat jy nie die bad guy is nie) en aangesien hierdie JOU movie is, kan jy ook sorg dat dit in jou storie gebeur! Jy speel die hoofrol en niemand kan dit verander nie!


Die “Sad" Deel

ALLE movies het 'n sad deel en dit is 'n FEIT! 'n Romantic Comedy se sad deel is gewoonlik waar die ou of meisie 'n skokkende geheim oor die ander uitvind of waar hulle verhouding verbrokkel, in 'n drama gaan daar gewoonlik iemand dood en met 'n action movie is dit die deel waar jy dink dat die bad guy, die hero oorwin het. Net so het ons ook sad deeltjies in ons lewe, maar die verskil tussen ons movie se sad deeltjies en 'n fliek se sad deeltjie is dat meeste flieks net 1 laagtepunt het, terwyl ons movie BAIE laagtepunte kan he. Jy kan 'n geliefde verloor, jy kan 'n verkeerde besluit met erge gevolge neem, iets dramaties kan jou lewe verander ens. Maar die goeie ding van sulke laagtepunte is dat daar altyd 'n hoogtepunt volg, al dink jy nie altyd so nie. Geen goeie director sal 'n movie maak met 'n laagtepunt en geen hoogtepunt wat volg nie en aangesien ons movie die Beste Director ooit het kan ons verseker weet dat ons laagtepunt deur 'n manjifieke hoogtepunt gevolg gaan word. Baie van ons dink egter dat die Happy deel nooit gaan kom nie en gee dan alle moed op, maar dis verkeerd. Die beste flieks het wonderlike hoogtepunte en ons almal wil et die BESTE lewe he, so waarom so vinnig moed opgee as jou hoogtepunt dalk net om die draai kan le?


Die Klimaks

Vir my is hierdie sonder twyfel die beste deel van die fliek. Dit is waar James Bond of Superman vir die evil genius oorwin of waar die Edward finally vir Bella soen, dit laat jou adrenalienvlakke die hoogte in skiet en jy raak sommer opgewonde. Ons lewe is vol klein hoogtepuntjies wat opbou na een groot klimaks. Soms verwar ons 'n mini highlight met die Main Hoogtepunt, maar dan ervaar ons weer iets wat nog lekkerder is en dis juis hierdie mini highlights wat jou net meer laat uitsien na die volgende dag en wat jou liggie van hoop aan die flikker hou, die hoop dat JOU klimaks dalk die volgende dag gaan arriveer. Die vraag wat ons in donker tye gewoonlik vra is: “Wanneer gaan MY highlight nou kom?” Die antwoord is eenvoudig: “Wanneer die tyd reg is." Jy gaan dalk nie jou hoogtepunt nou so baie waardeer as wat jy bedoel is om dit te waardeer nie. So speel net jou rol en los die storielyn in die hande van die Director!


Die Einde

Almal hoop dat hulle storie 'n Happy Ending sal he, maar die harde waarheid is dat nie almal se movies 'n happy ending het nie, nie eers alle movies het 'n happy ending nie. Kyk nou maar na die fliek: The Ghost Writer, die hoofkarakter gaan DOOD aan die einde! Sommige mense se lewens was een van daardie dark, sielkundige rillers en eindig donker, maar gelukkig is dit nie almal se voorland nie en jy kan tog self besluit of jy jou movie 'n riller of 'n lekker comedy wil maak. Die fliek wat se einde ek die beste sal onthou is sonder twyfel die van The Hunger Games. Hy eindig so in suspens dat jy net nie anders kan as om die volgende een te gaan kyk nie. Eindig jou lewe so dat jy 'n raaisel agterlaat wat mense vir eeue nog sal fasineer, sodat hulle nie anders kan as om jou te onthou nie. Wie sal ooit vir Hitler, Shaka Zulu, Moeder Therea, Elvis Presley ens vergeet. Ek se nie jy moet miljoene mense gaan vermoor nie ( Asseblief NIE), nee al wat ek se is, maak 'n verskil en verander die wereld. Niemand gaan seker ooit World Peace bereik nie, maar Gandhi het egter gese , “Be the change that you want to see in the world”. So maak die einde van jou movie 'n gelukkige een wat niemand ooit sal vergeet nie!


Daar is nie 2 movies wat dieselfde is nie, so moenie iemand anders s'n probeer copy nie. Wees uniek en wees jouself en jy sal 'n 5 ster movie he! Geniet die hoogtepunte, hou jou kop hoog tydens die laagtepunte, moenie dat die villians jou onderkry nie en onthou net altyd die mense wat jou liefhet, want dis die mense wat jou aanvaar soos jy is. En as die Director se “Cut” weet dat jou movie die moeite werd was en nie net een wat almal dadelik sal vergeet nie!

Tot wedersiens
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.