Wednesday, November 25

Matriek

Dit was vandag ons heel laaste dag as skoolkinders. Jy kan nou maar na ons begin verwys as die sogenaamde "eerstejaars."

Ek was die hele oggend lank baie gelukkig, hoe kan ek nie wees nie?! 12 jaar van my lewe het opgelei tot hierdie een oomblik. (En daardie 12 jaar het soos 24 jaar gevoel!) Ek was soos YAAASSS PAARRTYYYY! Maar toe kom ek op hierdie liedjie af. En toe maak dit my baie hartseer. Want damn. Dis verby. 12 jaar en dan niks. En ek en my beste vriendin gaan op twee verskillende punte in die land sit. En ek gaan my hond mis. En ek dink my kamermaat gaan dink ek is weird.
Ek bedoel, luister net na hierdie liedjie en sê my dat dit jou nie ook laat verlang na die eks wat jy nooit gehad het nie:



Maar toe luister ek na hierdie liedjie en toe word alles beter. (Want Twenty One Pilots maak alles beter!):


So ja. Dit is die emosies wat ek vandag ervaar het. Hoe voel jy vandag? Laat my weet.

Tot wedersiens!
MI


No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.