Monday, November 9

Hoekom ons REGTIG 'n reality show moet hê!


Ons het onlangs gehoor dat Media24 vanaf, 9 November hul eie televisiekanaal, Via, het! Via (DSTV kanaal 147) is van vandag af beskikbaar vir kykers om te geniet. Hierdie nuus het ons bietjie laat dink, eintlik terug laat dink aan 'n artikel wat ons 'n rukkie gelede geskryf het. (Lees dit deur hier te kliek) In daardie artikel het ons genoem dat jy, ja jy leser, 'n probleem het waarmee jy worstel, 'n vraag wat nog nie beantwoord is nie. Hoekom het MI Watch nie 'n reality show nie??? Daarom het ons gedink om hierdie artikel te skryf vir Media 24/ Via, oor hoekom ons, MI Watch, ons eie reality show behoort te hê.

Ons is nou ongelukkig amper klaar met skool (YAY) en daarom kan ons reality-/talk show  (oftewel realitiets-/kletsprogram aangesien Via vir Vars In Afrikaans staan) nie meer 'n exposè wees van die skoolstelsel nie, maar daar is ander baie epic dinge wat ons kan doen! Dit kan soos 'n Afrikaanse weergawe van E! News wees! En ons is soos Gulianna en Ryan, net Mieke en Ingrid! Ons kan by al die nuutste film premieres wees en met die sterre gesels en die inside South African scoop kry. Ons kan groot inkopiesentrums besoek en almal bewus maak van die nuutste do's and don'ts wat modes aanbetref, ons kan selfs elke nou en dan ons verskillende unversiteite besoek (Stellenbosch en Potch) en kyk wat is hip and happening in die lewe van 'n student! Ons kan selfs kos maak...Wel dit gaan 'n "Hoe om 2-minute noodles te maak"wees aangesien dit al is wat ons kan maak.

Hier is jou gesig as jy besef hoe awesome 'n MI Watch program sal wees:



MI Watch gaan so bekend wees dat ons 'n household brandname gaan wees en een van die dae gaan mense ons name op hemde en hoedens en skoene en penne en kosblikke wil hê! Ons kan selfs 'n MI Watch weergawe van Ellen underwear hê! Alles wat jy wil weet oor flieks, series, boeke, local en internasionale celebrities, musiek, kos, modes en vakansies gaan jy kan kry op ons reality show! Boonop het ons nogals awesome persoonlikhede en is ons pretty cool, so dit gaan natuurlik bydra tot die epicness van die show! Die producers, gaan, soos ons in die vorige artikel genoem het, natuurlik vir ons hot boyfriends moet kry, want watter reality ster het nie 'n hot boyfriend nie?!

Jy het weer daaroor gedink en jy besef nou 'n MI Watch program is NOODSAAKLIK:



Almal gaan op ons show wil verskyn en die hele Suid-Afrika gaan 'n season recording stel op hulle DSTV Explora sodat hulle nie een oomblik van MI Watch sal mis nie! MI Watch se show gaan 'n mengsel van Caspar en Joe pranks, Zoella se skoonheidsvidoes en Miranda Sings se hilarious weird videos wees. Media24, ons dink julle sal vinnig moet spring voor iemand anders ons awesome realiteitsprogram opraap! As jy liewe leser oortuig is daarvan dat ons, ons eie realteitsprogram moet hê, volg hierdie volgende stappe:
  • Stap 1 - Bestel 'n pizza
  • Stap 2 - Eet die pizza
  • Stap 3 - Kyk die eerste 2 episodes van Supergirl (dis nogals EPIC)
  • Stap 4 - Tweet ons @miwatchers met die hashtag #MIWatchShowMustRise
  • Stap 5 - Hou aan tweet totdat on, ons eie show het
  • Stap 6 - As jy nog oorreding nodig het, besoek ons YouTube kanaal en stalk ons op Twitter om al die nuutste epicness te beleef. (Ja ons het nog nie 'n nuwe video gepost nie, maar matriekeindeksamen is nie 'n grap nie. Alhoewel ons wiskunde punte dit so laat lyk.

En onthou Via, 'n jonger audience kan baie beteken!

Tot wedersiens!
MI

Jou gedagtes nou...



Ons weet, ons kan jou gedagtes lees! Net nog 'n rede vir Via om vir ons ons eie program te gee...

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.