Monday, November 9

Fandom dinge

Helloooooo liewe lesers! So in die midde van ons matriek eindeksamen moet ons darem 'n bietjie ontspan ook en die lekker dinge in die lewe ervaar! En wat is beter as om op social media vir ure te sit en staar na al die awesome wat in die fandom universe aangaan...NIKS NIE! Hier is 'n baaie cool goed wat jy van moet weet as jy in die verskillende fandoms is! PS Net sodat julle weet...Dis November wat ons officially gedoop het as die maand van Hunger Games #3FingerSalute 

MockingJay: Part 2 Premiere en nuwe foto's uit die fliek!

Saam met almal in die wereld, kan ons letterlik nie wag vir die nuwe Hunger Games fliek nie! Die fliek sluit 'n hoofstuk van awesomeness af! Vanaf 2012 reis ons al saam Katniss deur Panem en beleef die Hunger Games en ander scary maar epic goed en nou...op 19 November 2015 is die einde uiteindelik hier en ons kan nie meer ons OPWINDING inhou nie! Hier is 'n paar foto's uit die nuwe fliek en ook foto's van die awesome cast by die laaste premiere OOIT van die Hunger Games! Wees egter gewaarsku: Hierdie foto's is nogals awesome verby en mag dalk net TE mindblowing wees vir jou om te hanteer!




Star Wars:

Star Wars is nogals 'n huge ding en as jy nie dink dis 'n huge ding nie dan is jy LAME...no offence! Mense van alle lande, kulture en tale wag in opwinding vir die 16de Desember, wanneer die nuwe Star Wars fliek, The Force Awakens in teaters vrygestel word! Om die wag 'n bietie korter te maak, wanr face it...16 Desember is nog ver...hier is die Star Wars trailer! Enjoy!


Marvel en DC Comics Epicness:

Ons is mal oor comics en superhero flieks en eintlik enigiets van Marvel of DC! Daarom het ons amper flou geval toe ons die nuwe poster vir Captain America: Civil War gesien het! En asof dit nie genoeg is nie het Empire Magazine 'n klomp voorblaaie vrygestel met die karakters van die Suicide Squad fliek op! Al hierdie awesome goed laat ons net hiperventileer van opwinding want dis net soooooooo COOL! 



Fantastic Beasts and Where to find them:

Hierdie mag dalk DIE belangrikste fandom nuus soos ooit wees, want ek dink nie daar is'n groter en cooler fandom as die Harry Potter nie. Fantastic Beasts and Where to find them is die nuuste film van die bekende Wizarding wereld waaraan J.K Rowling ons aan bekend gestel het. Die fliek is 'n prequel van die Harry Potter fliek en speel in die 1920's af. Eddie Redmayne vertolk die hoofrol en J.K Rowling het self die teks vir die fliek geskryf! Ons kan seriously nie wag totdat dit volgende jaar uitkom nie!! YAY!



Dit is baie duidelik dat hierdie artikel oor fandom dinge gaan want die woorde epic, awesome, exciting en cool is WAY te veel gebruik! Maar wat is fandom dan regtig as dit nie vol emosies is wat oorloop nie!?

Tot wedersiens
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.