Tuesday, December 1

Desember!

Dis vandag die 1ste Desember wat beteken dat dit (soortvan) officially Kersfees is! Party mense is obsessed met Kersfees en begin al in November opgewonde raak daarvoor en ek kan met groot trots sê dat ek een van daardie mense is. As jy nie een van daardie mense is nie... Kyk The Grinch en laat jou Kersfeeshart groei jou koue, koue mens.

Daar is 'n hele paar redes hoekom ek van Kersfees hou, hier is 'n paar van hulle:

Star Wars
Star Wars gebeur nou wel nie elke Kersfees nie, maar hierdie jaar doen dit so deal with it. Nie net word ons lewens verbeter met The Force Awakens wat die 16de Desember begin wys nie (ja, my kaartjies is al klaar gebook), maar nuwe Star Wars beteken nuwe Star Wars goeters wat op my Kersfeeslysie gesit word. Takealot is nie my beursie se vriend nie. Daar is Darth Vader bedlampies, actual BB-8 Droids en light sabers. En nog ander dinge wat my hopeloos te opgewonde maak. Vergeet van Vader Kersfees, Darth Vader is die nuwe epic Kersfees persoon.



Kersfeesliedjies
KERSFEES LIEDJIES IS DIE BESTE TIPE LIEDJIES. All I Want For Christmas, die klassieke Jingle Bells en my persoonlike gunsteling Merry Christmas, Kiss My Ass is al waarna ek gaan luister vir die volgende maand en daar is niks wat my familie daaraan kan doen nie.

Kersfeesflieks
Elf, The Santa Claus en Love, Actually is die van die beste flieks wat nog ooit in die geskiedenis van die mensdom gemaak is. Of dit al die Kersfeesbome en liggies is en of dit die actual storielyne is wat hierdie flieks so wonderlik maak sal niemand weet nie, maar dit maak nie saak nie. Al wat saak maak is dat Kersfeesflieks die toppunt van geluk is.

Kersfees Specials
Kersfees Specials van ons gunsteling TV-programme is iets waarna ek elke jaar uitsien. Wie sal ooit die classic Glee Kersfeesepisodes vergeet? Hierdie jaar mag dalk net die beste Kersfees special jaar ooit wees, want DAAR KOM 'N SHERLOCK CHRISTMAS SPECIAL. Jy het reg gelees! Sherlock bring 'n spesiale episode uit, spesiaal vir Kersfees! Hierdie episode gaan op verskillende plekke in die wêreld in fliekteaters gewys word, ongelukkig nie in Suid-Afrika nie, maar moenie vrees nie! Ons sal dit nogsteeds kan sien op die BBC. Die beste van alles is dat hierdie episode nie gaan afspeel in die huidige tyd soos gewoonlik nie, maar dit gaan in die tyd afspeel waarin Sherlock Holmes eintlik veronderstel is om af te speel. AAACCCCKKK! Ek kan nie wag nie!

Laat weet my van 'n paar dinge wat jou opgewonde maak vir Kersfees!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.