Tot wedersiens!
MI
Glo dit of nie, maar almal het darem so 'n bietjie vryetyd in hulle besige skedules. Dit mag dalk vir jou voel asof jy tussen die hokkie, redenaars, atletiek en akadamie, amper niks tyd het om te ontspan nie! Dit is dus baie belangrik dat jy elke oomblik wat jy vry het, geniet!
Daar is so 'n baie cool blog met die naam MI Watch waarvan ons gehoor het! Dit is die perfekte ding om te doen as skool en al die ander aktiwiteit net te veel raak! Die blog is jou as leser, se go-to source vir alles oor One Direction, die nuutste modes en flieks en sommer net alles wat lekker is!
Die eerste twee flieks in die Hobbit
trilogy was ongelooflik goed en spannend en net FANTASTIES! MI kon
nie genoeg daarvan kry nie! Die laatse fliek kom aan die einde van
die jaar uit en ons is seker regisseur Peter Jackson sal nie
teleurstel nie! Ons kan nie wag om weer die epicness van Martin
Freeman as Bilbo te sien nie en Benedict Cumberbatch wat sy stem
verleen aan die verskriklike draak Smaug is ongelooflik! En Orlando
Bloom met wit hare doen dit net vir ons! Hierdie fliek gaan beslis
een van die jaar se bestes wees!
Hulle is besig om met leë oë na alles te kyk en heeltyd met hulleself te praat. Hulle is besig om jittery te wag totdat hulle uiteindelik hulle oogballe kan treat met Sherlock en wanneer dit gebeur... Daar vind 'n verandering in hulle plaas. 'n Diep verandering wat mens net kan agterkom as mens daarvan weet. Hulle oë lyk vriendeliker, hulle hart klop teen die perfekte spoed en daar is 'n aura om hulle wat sê: "Ek is 'n gelukkige fangirl". Voordat mens by die tevrede fangirl punt kan kom is daar natuurlik eers 'n hele proses.
Dit begin gewoonlik as mens uitvind van iets. ENIGIETS. Die dinge wat egter die meeste feels (Gevoelens wat nie hanteer kan word nie. 'n Fangirl sal tipies sê: Die feels! Dis te veel vir my om te hanteer!") gee, is die dinge met die grootste fandoms. Van hierdie dinge sluit in Percy Jackson, Sherlock, Harry Potter, The Hunger Games, The Mortal Instruments, One Direction, Divergent ens. Mens hoef nie aan al hierdie fandoms te behoort nie, maar as mens doen KAN MENS NOOIT WEER DAARUIT KOM NIE.
Gedurende die wag tydperk word 'n fangirl se stamina getoets. Daar word getoets hoeveel sy regtig van die wonderlike ding hou. Die een helfte van die fangirls sal na 'n paar maande stilletjies wegkwyn en ons sal nooit weer van hulle hoor nie... Maar dan is daar die hardcore fangirls. Hierdie is fangirls wat elke minuut van elke dag spandeer om nuwe dinge op te grou. Teen die einde van die wagtydperk is iets so simpel soos die waterbottel waaruit iemand gedrink het worldwide trend worthy.
In vandag se geval is hierdie wonderlike ding Sherlock Season 3. Dit gaan nie lank hou nie. Ons kry net 3 episodes in 'n Season want Steven Moffat (die grootkop agter Sherlock) haat ons almal. Maar dis okay, daardie paar oomblikke wat vasgevang is toe ons die nuwe season gekyk het is net genoeg om ons te hou tot die volgende season. Daar is ook altyd 'n safety net van mede-fangirls om jou te ondersteun in jou hartseer en geluk.