Friday, October 2

Procrastination Station

Daar is geen beter tyd as die hede om te procrastinate nie! (Veral omdat dit nou rekordeksamentyd is...)

Hier is 'n paar dinge wat ek doen in plaas van wat ek actually moet doen:

YouTube
Ja, ja, ja. Almal weet van Zoe Sugg en Tyler Oakley en Jack & Finn en al die res, maar hier is 'n paar van my gunsteling YouTubers waarvan almal dalk nie weet nie (en 'n paar woorde om hulle te beskryf, want wie het tyd vir paragrawe tik?!):
Dodie (doddleoddle): UKELELE! FLOWER CROWNS! CUTENESS!
Tashapolis: BOEKE! FLIEKS! FANGIRLING!
Carrie Hope Fletcher: STORIES! DISNEY! HARE!
Brizzy Voices: GAMING! STEMME! HARRY POTTER!
Hazel Hayes (ChewingSand): KORTFILMS! DRONK WEES! IERLAND!

Boeke
Wat 'n verrassing dat iemand wat letterlik die heeltyd praat oor lees kies om boeke te lees in plaas van skoolwerk doen! Hier is 'n paar wat ek onlangs gelees het wat jy ook sal geniet (dalk, ek ken nie jou lewe nie):
The Queen of The Tearling deur Erika Johansen: Hierdie boek gaan oor 'n 19-jarige meisie wat haar plek op die troon moet vat, sy sal egter lank genoeg moet oorleef om dit te kan doen. The Queen of The Tearling gaan ook 'n fliek wees met Emma Watson in die hoofrol, so get on it!
I'll Give You The Sun deur Jandy Nelson: Hierdie is die storie van 'n tweeling en wat gebeur het dat hulle nie meer so close is as wat hulle eens op 'n tyd was nie. Dit speel in twee verskillende time periods (wat is die Afrikaanse woord vir "time periods"?) af wat dit baie interessant maak. WAARSKUWING: Jy mag dalk emosioneel raak.
Cinder: 'n Dystopian boek waarin die hoofkarakter 'n cyborg is. Dis regtig al wat mens hoef te weet.

TV
Ek is 'n groot fan van belaglike realiteitsreekse. Dance Moms, die Kardashains, America's Next Top Model... You name it en ek is tien teen een verslaaf daaraan. Toe ek uitgevind het dat Lifetime 'n reeks geloods het wat gaan oor die werkers op die stel van 'n realiteitsreeks se lewe was ek net soos YAAASSSS! UnReal is beslis iets wat alle realiteitsreeks-aanhangers moet uitcheck!

OK. Geniet die procrastination aktiwiteite wat ek nou aan julle verskaf het.

Tot wedersiens!
MI


No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.