Saturday, October 3

Dinge wat my irriteer... Part 2

Ek het verlede jaar 'n artikel geplaas waar ek rant oor alles wat my irriteer van soenfoto's tot Facebook! Ek het onlangs egter besef dat daar nog 'n hele paar unresolved issues is, want daar is nog baie ander dinge wat my irriteer. So here goes... Dinge wat my irriteer: Part 2!
Naamloos

Ek weet nie eintlik hoe om hierdie deel te benoem of klassifiseer nie, seker om dit so onbeskryflik irriterend is! Ek het onlangs 'n artikel gelees oor 'n event wat plaasgevind het in Amerika. Een van die joernaliste wat onderhoude op die Red Carpet gevoer het, tweet toe na afloop van die event oor die YouTubers wat daar was en hoe sy nie 'n idee het wie hulle is. Alhoewel dit onprofessioneel is van 'n joernalis om nie ordentlik navorsing te doen oor almal wat die event gaan bywoon nie, was dit NIE die ding wat my teen die mure uitgedryf het nie. O, nee dit was die YouTubers se reaksies. Van die wat gereageer het ingesluit Joey Graceffa en Tyler Oakley.
 Hulle het teruggekap deur te brag oor hulle miljoene kykers, subscribers en volgelinge en hoeveel boeke en whatever hulle al gepubliseer het en hoe verskriklik hard hulle werk...SO asof almal op die aarde nou moet neerbuig in hulle teenwoordighed en as jy nie weet wie hulle is nie dan is jy laer as slakslym! EK was net soos AAAAAAAGGGGG julle is NIE SO BELANGRIK NIE!!! REGTIG!
Facebook = nie jou dagboek nie

Iets wat ek onlangs agter gekom het is dat mense en meer belangrik, Facebookgebruikers onder die indruk is dat Facebook hulle persoonlike dagboek/journal is en dat almal elke oomblik van die dag presies wil weet waar hulle is en wat hulle doen. Ek gaan nou my eerste biologie vraestel skryf...Hou styf duim vas ek onthou alles wat ek geleer het gisteraand. En dan check in by die skool en tag soos 'n 100 mense...Mmmmmm....niemand gee om nie!!!!! Ons wil nie weet wanneer jy 'n steak by die spur in die Vaal Mall gaan eet of wanneer jy kwaad is omdat jou gunsteling Game of Thrones dood is nie of wanneer jou ouma by jou gaan kom kuier nie!
Catfights

Ek is nou al 12 jaar op skool en ek was nog nooit in 'n ernstige fight nie. Ja, ek sit dalk so nou dan bietjie was met iemand, maar dis seriously minor en word op 'n beskaafde manier uitgesorteer. Daar is egter mense wat klaarblyklik leef op fights en skinder en mislik wees. Ooooo Pietie is so verlief op my, maar daai loser Sannie kan hom net nie uitlos nie. Sy soek so aandag en probeer vir Pietie van my af wegvat want sy dink hy wil haar he, maar eintlik hou hy van my OF Het jy gesien Lina het dieselfde rok as ek gekoop. Sy is so jaloers op my en wil net alles he wat ek het...Dit klink soos 'n spul kleuterskool kinders vasgevang in tienerliggame wat net nie wil grootword nie! So ASB kom oor jouself en GET A GRIP!!!!!
Het jy enige pet peeves of dinge wat mense doen wat jou grensloos irriteer? Deel dit met ons sodat ons saam kan praat oor hoe irriterend party mense is en watter dom goed hulle partykeer doe!
Tot wedersiens
MI
P.S Hier is 'n cute kat...

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.