Wednesday, January 21

WEN WEN WEN!

Disney Channel mag dalk net die beste ding wees wat bestaan. Wie wil nou NIE 'n kanaal hê wat dedicated is aan TV reekse vir kinders nie?! (Ja, ons is 17 jaar oud. Ja, ons kyk nogsteeds Disney Channel... DIS LEKKER OKAY!)
 
Een van die reekse op Disney Channel is Violetta. Die reeks trek al in sy tweede seisoen, waarvan die tweede helfte binnekort op die lug gaan wees. Dit gaan oor 'n meisie (wie se naam Violetta is.. duh!) wat 'n passie het vir musiek en mode... Nes ons! Gaan lees maar net ons MI-siek en FBI artikels onder die MI Specials tab as jy meer wil weet daaroor. ;)
 
Die nuwe Violetta episodes het op 19 Januarie op Disney Channel (DSTV Kanaal 303) begin wys! Maak seker jy kyk dit... Ons gaan beslis!
 
Martina Stoessel, Carla Pandolfi en Mercedes Lambre het al 3, nes hulle karakters Violetta, Esmerelda en Ludmila in die reeks, hulle eie unieke style, (Waaroor ons natuurlik mal is!)
 
Martina is beslis een van die gelukkigste meisies in die wêreld, volgens ons. Sy het onlangs na Violetta verpligtinge en ons moet sê... Ons is jaloers! Frankryk, Italië en Spanje klink soos ons droomvakansie! Sy moet ook deur die weird ervaring gaan dat die dele waarin sy praat in die reeks, opgeneem word in iemand anders se stem in die taal van watookalse land die reeks dan op die lug verskyn. Martina sê dat sy die aktrise ontmoet het wat haar stem doen in die Italiaanse weergawe van die reeks en toe sy hoor hoe iemand anders se stem by haar mond uitkom was dit baie snaaks.
Europa toe gegaan vir haar
 
Martina sê: "Ek is 'n groot aanhanger van mode! Ek is mal daaroor! Ek is mal daaroor om op te dress in verskillende uitrustings en my styl te verander waneerookal ek anders wil wees. Mode is soveel pret."
Ons kan nogal imagine dat sy in mode-hemel is elke keer dat sy die rol van Violetta vertolk! "Ons het 'n fantasiese mode-afdeling op die Violetta stel en ek dink hulle het 'n fantasiese werk met die klere gedoen. Die wardrobe het baie persoonlikheid en elke uitrusting reflekteer die eienskappe van die karakters wat dit dra. Die mode is regtig baie
great!" sê Martina.
Martina, as ons 'n hele kamer vol mense gehad het om ons ongelooflike outfits te gee, sou ons ook so gelukkig soos jy gewees het!
 
Ons sal in die week 'n paar mode tips wat Martina het op die blog sit!
 
Soos ons reeds genoem het, speel mode 'n groot rol in Violetta. Baie
van die program se kykers verkry inspirasie van die karakters en dollie sodoende hulle eie klerekaste op! Violetta se sterre is dus alreeds volwaardige MODE-IKONE!

Carla Pandolfi wat die rol van Esmerelda vertolk noem dat 3 dinge wat 'n abosolute MOET is vir jou
klerekas, is: 'n lekker paar jeans, swart skoene (want swart pas by alles) en dan natuurlik 'n gemaklike en mooi bloes!

Mooi klere is egter nie die enigste deel van mode nie, grimering speel net so 'n groot rol! "'n Goeie maskara is my geheime wapen wanneer dit kom by grimering," meen Carla. Maak egter seker dat jy altyd sonbrand aanhet wanneer jy buite is want velsorg moet jou nommer 1 prioriteit wees!

Violetta is 'n program wat soveel vir sy kykers bied, van drama, liefde, avotuur en vriendskap, tot mode, grimering en stileringswenke. Maak seker jy mis nie die nuwe Violetta episodes nie en MAAK SEKER JY SKRYF IN VIR ONS KOMPETISIE! Lees verder vir meer oor MIWatch se Wen met Violetta...
 

WEN WEN WEN!
 
Twee gelukkige MI Watch lesers kan elkeen 'n Violetta geskenkpak wen! Dit sluit 'n rugsak, 'n Violetta kalender, 'n Violetta notaboek en Violetta grimeersakkie in!
Hier is hoe jy kan inskryf:
 
1) Stuur 'n epos na miwatchers@gmail.com
2) Die epos moet die volgende bevat:
Jou naam van
Jou posadres
Antwoord die volgende vraag: Wat is jou gunsteling modestuk in jou klerekas?
3) Maak die "Title" van die epos: MI WATCH VIOLETTA
 
Jy kan soveel keer as wat jy wil inskryf!
Die wenners sal bekend gemaak word op 26 Januarie.
 
Tot wedersiens!
MI
 
 

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.