Tuesday, January 13

Die Awesome Dinge van Onlangs

Hier het 'n paar baie interessante dinge gebeur die afgelope tyd. Wie sal ons wees as ons julle nie inlig daaroor en ons geadgtes deel nie? LAME BLOGGERS! Dis wat! So in ons quest om nie lame te wees nie... Hier is 'n paar dinge wat in die afgelope tyd gebeur het:
 
Sia se Elastic Heart
Sia sing een van die coolste liedjies ooit, Chandelier, (wat Mieke onder geen omstandighede kan ophou sing nie). Die musiekvideo van Chandelier het vir Maddie van Dance Moms ingehad wat een of ander weird interpretive dans gedoen het (waaroor ons mal was!). Sia het nou die musiekvideo vir haar volgende single, Elastic Heart vrygestel en ... Wel... Dis nogals weird op 'n "ek voel baie ongemaklik" manier. Dit het weereens vir Maddie in, maar hierdie keer saam met Shia LaBeauf wat saam met haar dans. Die twee is in een of ander staalhok ding vasgevang en hulle probeer uitkom (neem ek aan? Wie weet.)
In plaas daarvan om vir julle die musiekvideo te wys, wil ons eerder vir julle Grace Helbig, Hanna Hart en Mamrie Hart se reaksie daarop wys, want ek voel dis hoe ons almal gereageer het toe ons dit die eerste keer sien.
(Wees gewaarsku, hier is vloekwoorde in, maar dis uitgeblieb).
 
 
Die Golden Globes
Julle behoort al teen hierdie tyd te weet dat ons OBSESSED is met award shows! Red carpets is die rede hoekom ons opstaan elke oggend en akward acceptance toesprake is ons heel gunsteling ooit.
Die eerste fancy schmanzy awards show van die seisoen was die Golden Globes. (Ons tel nie die people's Choice Awards nie, want dit is soos die grootmens weergawe van die Kids' Choice Awards).
Party van die modes was ON POINT en ons was net soos YAAASSSS! MATRIEKAFSKEIDROK! YAAASSSS!
Hier is van ons gunsteling modes by die Golden Globes:
Emily Blunt
Emma Stone
Lupita Nyong'o
Ontgroening
Ons weet 'n hele paar van julle word ontgroen in hierdie week wat skool weer begin, so ons wil vir julle 'n paar tips gee. (Ons is al hierdeur so ons weet waarvan ons praat!)
Die beste manier om iets soos ontgroening te oorleef is om vir jouself te lag. Moenie skielik begin twyfel wie jy is, of verneder raak, kwaad raak of hartseer raak nie. Ontgroening is veronderstel om vir die pret te wees.
Ja, ons weet dis nie altyd lekker nie. Ons moes al 'n paar dinge doen wat ons NIE weer sal wil doen nie, maar... embrace dit! As jy vir 'n klip 'n naam moet gee en maak asof dit jou troeteldier is... Doen dit! En lag vir jouself as dit verby is!
Onthou egter altyd dat as jy aangesĂȘ word om iets te doen wat jy fisies of emosioneel nie kan nie of wat skadelik is vir jou, jy mag NEE sĂȘ!
 
Laat weet ons van dinge wat JOU opgewonde gemaak het in die laaste ruk!
 
Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.