Thursday, January 1

Welkom by 2015!

Liewe lesers….2015 is hier. Ons kan dit nie glo nie! Dit voel of ons net gister die koms van 2014 gevier het en hier is ons alweer ‘n jaar later. Dit klink seker soos iets wat jou ouers sal sê, maar dit voel regtig asof elke jaar net vinniger verby vlieg. Dalk is dit omdat ons ouer word, of wyser of whatever, maar dis nogals scary. Voor ons ons oë uitvee moet ons ons eie water en elektrisiteit rekeninge betaal! Ok…al die filosofiese woorde opsy…hier is volgens ons in 2015 net moet gebeur:

Ons moet vir One Direction ontmoet. Ek weet nie hoe ons dit gaan regkry nie, maar dit is net iets wat moet gebeur, want as dit nie gebeur nie, gaan die lewe ‘n absolute ramp wees!

Ons moet boyfriends kry…verkieslik superhot celebrities wat toevallig ons awesome Twitter page gesien het en toe hals oor kop verlief op ons geraak het! As jy  ons nie volg op Twitter nie, doen dit sommer nou, @MIWatchers…Het jy dit gedoen? NIE?!… DOEN DIT!!!!!

Ons moet platgeslaan word deur die awesomeness van epic flieks! Daar kom so baie cool flieks uit in 2015. Insurgent, Mockingjay Part 2, The Scorch Trails, Paper Towns en The Avengers: Age of the Ultron! So baie epicness is net te awesome om te hanteer!

Ons moet cool boekwinkels ontdek en baie flippen fantastiese boeke lees! Lees is net die beste ding om te doen…soos in ooit! Daarom moet 2015 DIE jaar van lees epicness wees!

 Ons moet nuwe byvoeglike naamwoorde uitdink om cool goed te beskryf want ons gebruik dieselfde goed oor en oor en oor…

Ons moet op spontane uitstappies gaan, konserte kyk en roadtrips beplan! Die lewe is te kort om net in een plek vasgekeer te wees! Hierdie is dalk meer van ‘n langtermyn doelwit  maar dis beslis ‘n MOET!

Ons moet alles wat gebeur awesome maak, want net onsself kan van 2015 ‘n onvergeetlike jaar maak!

Dankie vir al julle ondersteuning deur 2014 liewe lesers! Julle is awesome! Laat weet ons wat jy graag wil doen in 2015 en wat jy graag hier op MI Watch in die nuwe jaar wil sien! 2015 HIER KOM ONS!
 
Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.