Wednesday, April 2

Gryp 'n hot chocolate!


Dit voel asof ons lanklaas net lekker met julle gechat het. Deesdae se artikels is fun en als, maar ons was lus om bietjie te sit en op te vang met julle. Wat gaan in julle lewens? Laat weet ons in die comments! Dit voel asof die MI Watch family bietjie weer met mekaar moet deel.
 
Gaan kry vir jou 'n heeerrrlike hot chocolate of iets, sit terug en dan vertel ons jou bietjie van wat aangaan in ons lewe.
Ons was by die Agent 2000 premiere (jy kan die artikeldaaroor lees deur hier te kliek) en dit was FAB. Ons wil 'n paar foto's met julle deel oor die aand, sodat julle saam met ons die fangirl-epicness kan beleef:
 
Terwyl ons wag om die sterre te interview op die red carpet.
 
Net voordat die fliek begin wys!
 
Daardie volgende naweek (net na I se verjaarsdag, HALLLAAA!), was ons by die VIP Launch van 1D World by Monte Casino. EEEEEEEEP. Alhoewel ons nie alles kon koop wat ons wou nie (Johannesburg het Kaapstad se leftovers gekry), was dit nogsteeds verby fantasties! Daar was Directioners orals, wat ons baie tuis laat voel het. 1D se lieflike stemme het gepomp deur die winkel/ tent en daar was selfs 'n kareoke stand! (Nie dat ons ons voete naby dit gesit het nie... Ons wil nie hê die arme mense se oordromme moet bars nie.)
 
Hier is 'n paar foto's daarvan:
 

 
By die ingang

 
Die HUGE sign wat buite opgesit is

 
Oooohh... Kyk hoe pose ons.

 
Ons Twitter handle op die 1D Wall!

 
Ons inkopiesakke

 
Net voordat ons by die winkel uitgaan

M is tans op 'n cruise, wat beteken dat die arme I gestrand hier agter bly, toe besluit ek maar om 'n paar veiligheidsmaatreëls vir M op te stel wat sy kan toepas tydens die cruise:
-Moenie oogkontak maak met mense met wie jy nie wil praat nie. Daar is ALTYD serial killers op bote, dus sal dit in M se beste belange wees om NET oogkontak te maak met hot ouens. (Wat nie soos serial killers lyk nie).
-Moet GEEN seekos eet as jy nie presies weet wat dit is nie. Ons almal het Suite Life On Deck gekyk back in the day, so ons almal weet wat gebeur as jy vreemde soorte vis eet. Op die minste gaan jy opeindig soos Violet in Charlie and The Chocolate Factory.
-Moet onder GEEN OMSTANDIGHEDE oogkontak maak met meerminne nie. Jy mag dalk dink hulle almal sing liedjies onder die see en wil maar net meer uitvind van mense soos in The Little Mermaid maar NEE NEE NEE. Hulle is veel eerder soos daardie creepy goed in Sinbad.
As M by hierdie riglyne hou sal sy 'n baie aangename boottrippe hê!
Meanwhile sit I gestrand, met net die Kardashians om haar te entertain. MAAR MOENIE VREES NIE! Boeke sal tot my redding kom! Van die boeke wat ek hierdie vakansie gaan lees sluit in:
-Looking for Alaska deur John Green
-An Abundance of Katherines deur John Green
-Night Circus deur Erin Morgenstern
-The Giver deur Lois Lowry
Laat weet ons in die comments of jy al van hierdie boeke gelees het en wat jy van plan is om te lees hierdie vakansie.
 
Dis al vir nou, ek het gedink dis bietjie hoog tyd vir 'n opvang sesh tussen ons en jou en hopelik het hierdie voldoen. :)
 
Tot wedersiens!
MI

 

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.