Sunday, April 27

Fiktiewe Epicness!

Hello, Liewe esers! Ons is terug en daar is baie opwindende nuwe artikels wat ons vir julle beplan. So hou julle sokkie vas, want dit gaan afgeslaan word! Julle almal is nou al seker deeglik bewus van die feit dat ons albei totaal en al verlief is op fiktiewe karakters van boeke en flieks! Ons het onlangs bietjie dieper gaan kyk in die stories van ons gunsteling karakters en gaan kyk wat ons by hulle kan leer.

Augustus Waters het ons harte gesteel in die roman, The Fault in Our Stars en ek dink as die I van MI enige wens kon kry, sou dit gewees het dat hy 'n regte mens moet word! Een van die ikoniese dele in die boek is die deel met die sigaret metafoor. Hy sit 'n sigaret in sy mond, maar hy steek dit nie aan nie. As jy iemand is wat maklik swig onder groepsdruk gaan jy van Augustus se les hou! Baie tieners begin rook omdat hulle glo dat dit hul coolness-vlak sal laat styg. Nou kan hulle inpas SONDER die negatiewe effek wat rook op jou het. Jy kan net die sigaret in jou mond sit en siedaar... Metaphor Complete!



Die M van MI het onlangs The Maze Runner gelees en sy het 2 woorde vir julle: Instant Obsession! Dit is 'n ongelooflike epic boek, met flippen cool karakters! As jy dit dus nog nie gelees het, beter jy dit sommer NOU kry! Die hoofkarakter se naam is Thomas en hy is TOTES Dreamy, maar dit is nie die punt nie! Thomas is baie nuuskierig. Hy aanvaar nie net die reëls van die Glade, blindelings soos die ander Gladers nie. Hy bevraagteken vreemde gebeurtenisse en probeer aan oplossings dink. In die einde van die boek, is dit sy nuuskierigheid wat al die Gladers van die EVIL Grievers red. Dit is dus goed om nuuskierig te wees, want daarsonder sou baie dinge in ons moderne samelewing nie bestaan het nie!
 

Percy Jackson is letterlik een van DIE beste fiktiewe karakter OOIT! Ek meens, sy pa is die god van die see! Mens kry NIE beter as dit nie! Vir die van julle van nog nie Percy Jackson gelees of gekyk het nie, sy swaard is 'n pen. As hy die knoppie van die pen druk...POOF...spring sy swaard, Riptide, uit! Die les hier is dus duidelik: Moet nooit die krag van 'n pen onderskat nie. Percy was ook die eerste keer baie skepties toe hy die pen sien, maar hy het in die proses al honderde monsters en Titans verslaan met Riptide. 'n Pen in die moderne samelewing wys deesdae eerder na die geskrewe woord en die krag wat dit het! John Green, skrywer van The Fault in Our Stars, is onlangs deur Time magazine vernoem as een van die Top 100 mees invloedryke mense! As dit nie krag is nie, dan weet ek nie!

As jy nie weet wie Katniss Everdeen is nie, dan leef jy regtig seker onder 'n klip! Sy het met haar pyl en boog en haar vlammende klere die wêreld gestormloop! In die tweede fliek, Catching Fire, sit Katniss met die kwessie van allies kies! Sy glo dat dit beter is om alleen te werk, want jy kan nie mense vertrou nie. Sy sou egter nie sonder Finnick en Johanna oorleef het nie en hulle het hul lewe ingevaar gestel om haar te help oorleef! Vriende kan 'n groot verskil in 'n mens se lewe maak en is ook 'n noodsaaklike deel van jou lewe! Dink net hoe boring sou alles gewees het sonder vriende om saam te Fangirl!
 

Tris Prior is die nuutste heldin wat op de silwerskerm pronk! Sy word as 'n bedreiging vir haar samelewing beskou omdat sy nie in die boksie pas wat vir haar geskep is nie! Sy het eienskappe van factions: Erudite, Abnegation en Dauntless! Dikwels verwys mense na tieners wat nie altyd by die reëls hou nie, as stout en rebels. Volgende keer as iemand jou stout of 'n rebel noem, dan kyk jy hulle in die oë en sê: “I am Divergent. I cannot be controlled!


Boeke en stories is NET die beste en ons sal aanhou glo dat ons obsessie met fiktiewe mense doodnormaal is! Die lewe van 'n fangirl is net soveel beter!

Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.