Thursday, March 27

Agent 2000 onderhoude!

Ons awesomeness het ons media passes gescore na die premiere van die Afrikaanse tiener spymovie, Agent 2000! En die beste van alles...Ons het onderhoude met van die cast members gekry! Dit was seriously, verby AWESOME!! Hier is wat van Agent 2000 se sterre kwytgeraak het op die Red Carpet!

Amalia Uys.

MI: Jy het in 'n sepie gespeel en vertolk nou 'n rol in 'n film. Wat is die verskil op stel tussen die twee?
Amalia: Wat ek uit ondervinding kan se, is dat alles baie vinniger gaan op 'n sepiestel. Sekerlik omdat dit al 'n vasgestelde patroon is. Dit is iets waaraan ek gewoond moes raak tydens die skiet van hierdie fliek, sowel as ander flieks waarvan ek deel was.
MI: Was dit lekkerder op die filmstel?
Amalia: Ek sal beslis nie tussen die twee kan kies nie. Ek het al 'n groot verskeidenheid ervaar wat TV en films aanbedryf en ek sal beslis nie kan kies nie. Ek moet egter sê dat ek altyd 'n sagte plekkie vir teater sal hê, maar wat finansiele stabiliteit aanbetref is dit nie altyd die beste roete om te gaan nie. Ons doen dit maar vir die vreugde daarvan en nie vir die geld nie.
MI: Jy het lank dieselfde karakter op TV gespeel. Was dit lekker om bietjie 'n ander karaker in die fliek te speel?
Amalia: Ja dit was definitief lekker. Ek het nie 'n baie diep en drie demensionele karakter vertolk nie, maar sy was definitief anders as San-Mari en dit was lekker.

Melissa Massyn:

MI: Jy was al in 'n paar suksesvolle flieks, soos Hoofmeisie en nou Agent 2000. Het jy vriende jou anders behandel toe jy die kollig getref het?
Melissa: In die begin was hulle soos “Wow, dis cool!” , maar noudat hulle gewoond is daaraan is ek maar net weer Melissa!
MI: Hoe het jy 'n balans gehandhaaf tussen jou skoolwerk en skiet vir die fliek?
Melissa: Gewoonlik skeep ek my skoolwerk af, dis nie iets nuuts nie, maar daar was 'n onderwyser op stel wat ons gehelp het om by te bly met al die werk!
MI: Wat was die grootste uitdaging vir jou tydens hierdie fliek?
 
Melissa: Ek dink die feit dat ek 'n 'nerd' gespeel was nogals uitdagend! Dit was moeilik om iemand te speel wat soet en stil is. Ek hou nie regtig van mense met 'n karakter soos Annabel nie, so dit het die uitdaging om haar te speel selfs nog groter gemaak!
MI: As jy jou ervaring in een woord moet beskryf, wat sal dit wees?
Melissa: Spectacular!

Izel Bezuidenthout en Paul Loots:

MI: Izel, hierdie is jou eerste filmrol! Hoe het jy die balans gehandhaaf tussen skoolwerk en skiet aan die fliek?

Izel: As ek nie geskiet het nie, het ek skoolwerk gedoen, saam met die onderwyser op stel. Die skool was ook baie ondersteunend, omdat hulle gereeld gesorg het dat ons al ons werk betyds kry en doen!
MI: Paul, jy was nou al in 'n paar suksesvolle flieks! Dink jou vriende en ouers nou anders van jou? Kom jy darem bietjie weg daarmee om nie huiswerk te doen nie?
Paul: NEE, veral nie my ouers nie! Ek weet ook my ware vriende is hierdie wat ek gemaak het voordat ek in flieks begin speel het en hulle hanteer my nogsteeds dieselfde!
MI: Wat was vir julle albei uitdagings tydens die verfilming van Agent 2000?
 
Izel: Vir my was dit 'n uitdaging om “kleiner” te speel. Ek was gewoond aan verhoogproduksies, waar jy alles baie groot en oorgedrewe moet doen. Terwyl alle bewegings op film baie kleiner is!
Paul: Die fisiese aspekte van die fliek was beslis 'n uitdaging vir my, want ek moes baie rondhardloop, maar dit was baie lekker en ek het elke oomblik geniet!

Ruan Wessels:
MI: Jy het tans die rol van Morne in die sepie, Binnelanders. Is daar enige verskil tussen die stel van 'n sepie en die van 'n fliek?
Ruan: Die grootste verskil is dat Binneland, in 'n studio geskiet word en die fliek on location geskiet!
MI: Sal jy een van die twee kan kies?
Ruan: Ek kies altwee!!
 
MI: Het jy nogsteeds tyd gekry vir skoolwerk terwyl jy hierdie huge fliek geskiet het?
Ruan: Dit het eintlik gesuck, want ek moes partydae selfs toetse skryf tussen tonele deur! Dit was nie altyd so lekker nie.
MI: Ons almal weet die meisies gaan mal as hulle jou naam hoor ( hier skud Ruan sy kop verleë en probeer dit ontken, maar ons ALMAL weet dis waar!), behandel jou vriende en ouers jou anders vandat jy 'n superster geword het?
Ruan: My vriende ken ek gelukkig al van kleintyd af, so hulle was al daar voordat ek in flieks begin speel het. Hulle ken vir Ruan en dis dus maklik om so te onderskei tussen my ware en fake vriende! Gelukkig het die Here my nog altyd geseën met wonderlike vriende. (#sigh)
MI: Was daar enige uitdagings om jou karakter se rol te vertolk?
Ruan: Dit was vir my baie moeilik om 'n boelie te speel! Ek hoop net dit lyk reg op kamera, want dit was regtig vir my 'n uitdaging!
 
 



Daar het julle dit liefste lesers! Ons INSANE onderhoude met FAMOUS en 'n paar HOT mensies! Ons hoop julle het dit geniet en nou met julle ALMAL Agent 2000 gaan kyk as hy more uitkom...of jy nou wil of nie...maar jy wil!

Tot wedersiens
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.