Saturday, March 1

Die Fiksie Tag!

Vandag bring MI vir julle ‘n AWESOME en oorspronklike MI Watch Tag! Vir die van julle wat grotmense is en NIE weet wat ‘n tag is nie: Dis ‘n lys vrae oor ‘n sekere onderwerp wat mense antwoord op sosiale media soos YouTube, Twitter of... 'n blog. Ons tag se naam is: Die Fiksie Tag. Dis vrae oor enigiets wat fiktief is hetsy ‘n boek, fliek of TV reeks. Let’s GET Started!


Die Fiksie Tag:
1.      Fandoms waaraan jy behoort:
Tributes, Initiates, Demigods en nog te veel ander om op te noem!
2.      Jou fiktiewe meisie/ ou:
BESLIS Percy Jackson!
3.      Jou fictional beste vriend/ vriendin:
Lucy Pevensie van Narnia.
4.      Jou gunsteling fiktiewe kos:
Ons gaan cliché wees en sê Dauntless Cake! (Van die Divergent reeks)
5.      Jou Ultimate Ships:
Percabeth (Percy Jackson en Annabeth Chase), JohnLock (John Watson en Sherlock Holmes), FourTris, EverLark (vir M) en Galniss (vir I).
6.      Jou gunsteling fiktiewe bad guy:
Luke Castilian van Percy Jackson. (Hy is TOTES swoonworthy... al is hy evil.)
7.      Beste aanhaling deur ‘n fiktiewe karakter:
“How about a kiss, Saumensch?” – Rudy aan Liesel in The Book Thief
8.      Jou fictional rolmodel:
Ariel van The Little Mermaid.
9.      Jou gunsteling fiktiewe wêreld:
Narnia!
10.  Jou fiktiewe mode ikoon:
Sherlock Holmes van die BBC reeks Sherlock! Daai baadjie se kraag en die hoedjie is net
YUMMY!
11.  Jou gunsteling fiktiewe geveg:
Die geveg tussen die dwerge en Bilbo en Smaug in The Hobbit.
12.  Jou gunsteling fiktiewe sidekick:
PATRICK STAR!
13.  Die grootste fiktiewe skok:
Ek weet almal verwag van ons om te sê die einde van Allegiant, maar vir my, die M, was dit ‘n ontdekking wat ons maak van Nico in The House of Hades boek! Ek het letterlik van my bed afgeval!
14.  Jou gunsteling fiktiewe skrywer of reggiseur:
C.S. Lewis vir M en John Green vir I.
15.  Jou gunsteling fiktiewe kreatuur:
Gollum van The Hobbit en ek weet die I van MI hou van een of ander weird dingetjie in Star Wars! (Inlas deur die I van MI: Die "dingetjie" se naam is Chewbacca... DUH.)
16.  Jou gunsteling fiktiewe wapen:
Finnick se trident in Catching Fire.
17.  Jou gunsteling fiktiewe superkrag:
Dis ‘n tie tussen Percy Jackson se krag oor water en Cameron se ability om gedagtes te lees in The Mind Readers!
18.  Jou gunsteling fictional bestemming:
The Capitol in Panem van The Hunger Games!
19.  Die hartseerste fiktiewe dood. (WARNING SPOILERS van The Hunger Games, Percy Jackson en Divergent!)
Hierdie is ‘n BAIE moeilike een! Dit is tussen Rue in The Hunger Games, Bianca in Percy Jackson en Tris in Divergent.
20.  Jou gunsteling fiktiewe oorwinning:
The Avengers se oorwinnig oor die Aliens in die Battle van New York!
21.  Die coolste fiktiewe vervoer:
Aladdin se Flying Carpet!
22.  Beste fiktiewe anti-hero:
Captain Jack Sparrow DEFINEER hierdie katagorie!
23.  No. 1 Fiktiewe Sass Master:
Leo Valdez van Heroes of Olympus. “I try not to think. It interferes with being nuts.”
24.  Jou gunsteling fiktiewe gadget:
Batman se BatMobile!
25.  Die beste fiktiewe Romantic Chemistry oomblik:
Percy en Annabeth se onderwater soen!
26.  Die fiktiewe ding/plek/persoon wat jy wil hê regtig moet bestaan:
Frozen se oulike sneeuman Olaf! Hy is net die CUTESTE!
27.  Die grootste fiktiewe cliffhanger:
Die einde van Sherlock Season 2! Volgens die I is die einde van Season 3 nog ERGER, maar M het dit nog nie gekyk nie!
28.  Die beste bad guy turned good:
Harry Osbourne in SpiderMan 3!
29.  Die ergste good guy turned bad: (DIVERGENT SPOILER!)
Caleb in Divergent!!
30.  Die snaakste Dumb Blonde oomblik:

Geen fictional lys is ooit voltooi sonder Mean Girls nie: “If you’re from Africa, then why are you white?”
 
 !!!!!!!!!!!!!!!!!
 
Dit, liewe lesers, was ons Fiksie Tag! Ons sien BAIE uit om julle tag artikels te lees en videos te kyk! Ons tag 2 van ons goeie vriende Jochie Schoeman en Anike van der Merwe om hierdie tag te doen, asook almal wat hierdie artikel lees! Laat weet ons van julle antwoorde in die comments!
 
Tot wedersiens!
MI

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.