Saturday, February 22

Hoe om 'n tiener te wees!


Vir die van julle wat nie weet nie... MI is tieners. As jy nie weet nie,het jy seker die laaste 2 jaar onder 'n klip gelewe. Anyway, ons het al agterkom dat baie tweens nie regtig weet wat om te verwag as hulle die wêreld van tienerwees betree nie. Baie tieners weet ook nie regtig wat om te doen noudat hulle officially die titel beklee nie. Ons het toe gedink dat dit 'n briljante idee is om al ons lesers in te lig oor al die pligte en verantwoordelikhede van 'n tiener!
 
Die krag van kos
Tieners ervaar baie stres. Toetse, verhoudings, voorkoms, prestasies op die sportveld en nog BAIE meer. Ons het ons vriende wat ons kan ondersteun wanneer die druk te veel raak, maar die EEN vriend wat nog altyd daar was deur al die jare is kos! Die eerste reël van tienerwees is dus om so elke nou dan op 'n binge te gaan. Met ons gebeur dit gewoonlik gedurende die eksamens, want WOWZA... dis stresvol!Tydens 'n binge eet jy letterlik amper alles wat jy sien. Chocolate, chips, gaskoeldrank, pizza, koekies... net alles waarvoor jy lus kry. Dit sal jou kalmeer en dit sal jou silent friend wees terwyl jy vir daai gevrese wiskunde of biologie toets leer!
 
Hanteer hot ouens soos 'n tiener.
Daar is net een manier om die teenwoordigheid van 'n hot ou te hanteer, wanneer jy 'n tiener is... Crush op hom! MI is experts in hierdie gebied, so ons raad in hierdie veld is UITERS geloofwaardig. Stap 1: Spot 'n super mooi outjie (Checklist: perfekte hare, skittetende oë, sterk arms, mooi bene en 'n dazzling glimlag. Logan Lerman is die PERFEKTE voorbeeld). Stap 2: Ontwikkel 'n huge crush op hom (dit maak nie saak of hy 'n meisie het of nie). Stap 3: Dink 'n bynaam vir hom uit, sodat hy nie weet dat jy van hom praat as hy naby is nie. Stap 4: Stalk hom op alle sosiale media sites en maak een van sy foto's jou wallpaper. Stap 5: Tree soos 'n malmens op as hy jou groet of met jou praat. Ons weet nie regtig wat gebeur na hierdie stap nie, aangesien dit is tot waar ons nog ooit gekom het. Hierdie 5 stappe is egter 100% normaal en GLAD NIE weird nie!

Die tiener-tantrum
Hierdie is 'n baie gevreesde gebeurtenis vir alle ouers van tieners, maar dit kan baie lekker wees vir ons as tieners. Wees egter gewaarsku dat die uitkoms nie altyd voordelig vir jou kan wees nie, maar dis ongelukkig deel van ons verantwoordelikhede! Dit is belangrik dat jy jou tiener-tantrum haarfyn beplan. Jy moet iets kry om 'n tantrum oor te gooi. Vir ons is dit gewoonlik nuwe boeke, want as jy nog nie agtergekom het nie, boeke is BAIE duur en ons is gecurse dat ons nie daarsonder kan lewe nie! Terug na die punt, nadat jy jou tantrum tema gekry het moet jy op die plek, tyd en dag besluit. As al hierdie details in plek is, is jy gereed. Hier is 'n paar dinge wat in jou tantrum MOET voorkom: 'n harde stem, 'n voetstamp, dalk 'n paar trane, die woorde “As julle regtig lief is vir my...”, en as jy regtig waaghalsig is 'n deurklap! Happy tantrum-ing and may the odds be ever in your favour!

Fangirling
Vir ons is hierdie die lekkerste deel van tienerwees en ons is hierin ook naturals! BAIE tieners het nog glad nie die kuns van fangirling bemeester nie en dit bekommer ons, want jy kan slegs hierdie kuns op 'n aanvaarbare vlak beoefen totdat jy 20 is! Voordat jy jouself 'n fangirl kan noem, moet jy eerstens iets kry om oor te fangirl! Dit kan meer as een ding wees (bv. Flieks, bands, boeke ens.) Daarna, moet jy soveel as moontlik inligting oor die ding insamel, fanfictions skryf, alles weet oor die karakters, sangers, akteurs ens. Jy moet ook vir almal vertel van hierdie ding en hulle mal maak met jou breedvoerige kennis oor die ding. Gaan lees MI se artikel oor Fangirling om nog meer oor hierdie aspek te leer!
 
Dit liewe lesers was 'n paar handige wenke oor hoe om 'n tiener te wees! Laat weet ons as jy oor nog iets wonder en ons sal baie bly wees om julle vrae te antwoord! Ons gee nou vir julle 'n foto van Jennifer Lawrence, want sy is awesome.

Tot wedersiens!
MI


 

No comments:

Post a Comment

Wat dink jy van hierdie artikel? (Kliek op Name/URL as jy nie 'n Google Account het nie. Sit dan net jou naam by, jy hoef nie 'n website ook by te voeg nie. Jy kan ook Anonymous kies, maar voeg dan asb. jou naam by die comment.